Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

23

Oktober 31, 2011 in Sonder kategorie

23 is ‘n vreemde ouderdom om te wees. Oor bietjie minder as ‘n maand maak ek klaar met my 3 jaar kursus, en sal dan op papier ‘n gekwalifiseerde mode-ontwerper wees. Dit beteken ook natuurlik ek sal uit my studente huis moet trek, en ‘n grootmens moet word.

Wag, dat ek nou eers agtergrond gee:

 Mode-ontwerp is elke dogtertjie se droom tussen die ouderdom van 8-13. Dan teken jy moer baie prentjies met of-shoulder-rokke, hoë splete, op ‘n lyf wat soos ‘n barbie lyk, met ‘n gesig wat soos ‘n parrow-drag queen sin ingekleur is. Jy knip gate in jou t-hemde, werk snaakse knope vas, en sny jou jeans op sodat dit nou ‘n mini-skirt is.

Jap, ek was ook daar. My ma het vir my my ouma se singer gegeen toe ek 5 was en vandaar het ek al haar oorskiet lappe aan mekaar vas gewerk en Barbie klere begin maak. Daarna het sy vir my gewys hoe om ‘n patroon te lees en kort voor lank het ek my eie klere begin maak. Na die res van die meisies meer realisties begin droom het en planne gemaak het om liewers ryk te trou, het ek agter gekom dat ek nie na my ma se patrone HOEF te luister nie, en self dinge kan probeer. Ek het verskillende teksture en kleure en maretiale aan mekaar van begin werk, en my ma het na ‘n tyd net ander kant toe begin kyk waneer ek die huis verlaat. Partykeer met spelde aan mekaar gesteek in plaas van some as die tyd druk voor ek iewers moes wees.

Matriek strike reality my toe. Sal ek ‘n lewe hieruit kan maak? Sal EK ooit ‘n man kan kry as ek nie op Stellenbosch gaan swot nie? (ek love die afrikaanse propegande net so terloops) Dalk sal dit genoeg wees om ook eendag vir my kinders klere te maak?

Lang storie kort: ek IS toe stellenbosch toe, onderwys geswot vir ‘n jaar en ‘n half, en in plaas van swot, vir almal huisdans rokke gemaak. Ook maar vinnig agtergekom ek is te veel vir enige Stellenbosch man om te handle, en ek sal liewers my lappe lief hê as ‘n man sonder kleur. En van daar Kaap toe om my droom van 15 jaar terug te begin lewe.

Hier het die realiteit my ook natuurlik weer in gehaal. Eerste 6 maande was die pad klas toe nog ‘n ramp, en het almal ge -oe en ge- ahh oor wie wat aan het. Daarna het ek vir die eerste keer in my lewe ‘n jean, t-hemde, en plat skoene aan geskaf. Meese van my klas maats maar ook. Ek het vinnig geleer dat mens meer as net ‘n kreatiewe siel sal moet wees om dit in die industria te maak, en dat talent eintlik boggerol met dit uit te waai het. Mens leer vinnig om iets te skep wat kreatief en nuuts lyk, maar wat die general population steeds sal aanvaar. Weg is my Fabulous Parrow-Barbies….

En dis nou waar ek uitkom by 23. Na drie jaar van kreatief werk met jou linker brein maak ek nou klaar. Ek weet nou dat om ‘n Fashion designer te wees beteken maar ook net eintlik om in ‘n kantoor van ‘n groot ketting winkel te gaan sit, nommers uit te werk oor wie wat gaan wil hê, en om klere uit China in te voer. Moet ek nie maar ook ‘n ryk man soek nie??

 

23. Ek IS nie meer ‘n dogtertjie wat kan mooi prentjies teken en kan droom om vir myself daarmee te onderhou nie. Tog, ek is ook nie reg om die idee af te skud en groot te word nie?Waarvan moet ek nou droom? Aan watter maatskapy sal ek my siel verkoop? Ek wil nie meer swot nie. Ek wil nog nie ‘n grootmens wees nie.

 

23. Stuck. Sonder my ryk man, en met die wete ek moet ek kan nie stil staan nie. stuck…23

Liewe Ma en Pa

Oktober 27, 2011 in Sonder kategorie

Liewe Ma en Pa

Ek dink daar kom ‘n oomblik in elke kind se lewe waar hulle hierdie brief vir hulle ouers moet skryf. ‘n Tyd wat jy besef dat alles wat jy is, is te danke aan jou ouers. Vir die dinge wat hul vir jou gegee het, geleer het, en aan bloot gestel het. Ek wil hierdie brief seker al vir ‘n jaar lank vir jul skryf, maar die tyd is altyd te min om regtig eerlik waar in waardering te gaan sit en dinge te onthou, wat ek al lank al vergeet het.

Ek wil eerstens vir julle baie dankie sê vir die Christelike opvoeding waarmee julle my groot gemaak het. Sonder my geloof sou lewe leeg en sinneloos gewees het. Selfs al het ek getwyfel by tye of God regtig bestaan, en of ek regtig Sy kind is, het julle voorbeeld en geloof my uit eindelik terug gebring by my Vader, waar ek vandag my geloof as die vondamente vir my elke besluit gebruik. Pa, wil jou liefde vir die natuur en jou absolute bewondering vir God se skepping, tot waar ek pa elke oggend op pa se kniee sien bid het vir pa se kinders. Ma, vir die vertroue wat ma altyd in God geplaas het dat alles ten geode sal uitwerk, en ma se ongelooflike vermoe om ma se huisgesin op so ‘n wonderlike manier te dien. Dankie vir elke gebed wat jul namens my opgestuur het hemel toe.

Dan wil ek vir julle oor en oor dankie se vir julle anvaarding teenoor my. Hulle se altyd God gee spesiale kinders vir Spesiale ouers in die sin dat net hulle so ‘n spesiale kind sal kan groot kry. In daardie opsig glo ek julle moet uiters spesiaal wees, want ek weet ek kon nie ‘n maklike kind gewees het om groot te kry nie.(ek wonder somtyds saam met ma of ek ooit regtig groot sl wees) Maar julle was UITERS geduldig met my en het my soveel kanse gegee om myself uit te sorter, en vrede te maak met die feit dat ek nooit soos jul ander drie kinders sal wees nie, en ook nooit hoef te wees nie. Dit beteken vir my so geweldig baie dat julle my lief het en aanvaar met my rooi lipstick, kopdoeke, gevlegde hare, en harde lag. Julle het altyd terug gestaan en my deur al my moeilike fases laat gaan, en steeds met oop arms aan die ander kant vir my bly wag.

Ek wil vir julle baie dankie sê vir al die materieele goed wat julle my mee versorg het. Pa, dat jy steeds so hard werk soda tons ons drome kan volg, en ma, dat ma altyd elke geleentheid ondersoek het om ons soveel as moontlik te help om ons self te ontwikkel. Van kuns klasse, perdry en Funk-dansies was so ‘n ongelooflike voorreg. Vir elke diet wat ma ondersteun het, tot elke droom waarin julle geglo het. Dankie vir my studies, die lening vir my geel karetjie, my verblyf, my klere, al die meters materiaal, my naaldwerk masjiene, relings, en maniquins. Al sê mens dit nie genoeg nie moet julle weet dat ek dit elke dag waardeur!

Dankie vir die beskerming wat jul altyd vir my gebied het. Dat julle altyd jul bes doe om my veilig te hou, of om my te leer hoe om myself te beskerm. Al het ek nie altyd saam gestem met die manier waarop julle goed doen nie, weet ek vandag dat jul dit alles uit liefde gedoen het, enwat julle geglo het die beste vir ons is. Ek weet daar is tye wat julle moes terug staan sodat ek my eie foute kon maak en weet dit moes moeilik wees. Maar dit was altyd ok, want ek het geweet ek het ouers gehad wat aan die anderkant vir my wag en altyd vir my sal uitkyk.

Ma: Ek dink nie ek kan vir ma in woorde beskryf hoe lief ek ma het en hoeveel ek na ma opkyk nie. Ek kan nie dink aan ‘n sterker mens as ma nie. Tenspyte van al die swaar kry deur die jare het ma altyd voorentoe gekyk en weer op gestaan, en terwille van ma se kinders aanhou baklei. Ek sal nooit verstaan hoekom ma moes siek raak toe ma se kinders nog so klein en afhanklik van ma was nie, en ek wil kwaad raak, maar dan onthou ek ma het my geleer, dat maak niesaak HOE swaar jy kry nie, dat daar altyd iemand sal wees wat erger as jy af is. Met so uitkyk op die lewe weet ek dat ma enige tragedie en swaarkry sal kan wen. Ek hoop dat ek ook eendag so sterk person soos ma sal kan wees. Ma is altyd so positief, en om elke donker wolk sien ma die silwer randjie.

Pa:Die ander kinders op skool was altyd jaloers omdat ek ‘n pa soos pa het. Pa se lewenslus en entosiasme oor alles is aansteeklik en gee mens altyd nuwe lewenslus. Pa is ook ‘n ongelooflike “understanding” mens en ek weet daar is min dinge waarmee ek nie na pa toe kan kom nie. Pa kan altyd so objektief na dinge kyk, en het regtig altyd die beste raad. Maar wat kan ek sê: as jy so akurtate skut is, hoekom nie uit die heup uit skiet nie reg?Pa sien altyd kans om enige pad saam met pa se kinders te stap en geen droom wat ek mag hê is ooit buite beriek met pa se ondersteuning nie. As ek hulp nodig het weet ek dat pa altyd daar sal wees vir my.

Ma: Dankie dat ek my passie vir lappies met ma kan deel. Dis vir my so lekker om met ma my ontwerpe en nuwe skeppings te kan bespreek en ma se raad te kan vra. Pa, dankie vir elke spontane uitstappie en die wonder wat pa met my deel van elke mooi veld blommetjie. Ek wil ook sommer vir julle jammer se oor elke grys haar en elke slapeloose nag wat ek veroorsaak het. Maar ek hoop julle besef dat sonder al die slegte ervaringe, sou ek nooit die mens gewees het wat ek vandag is nie.

Dankie vir alles wat julle al vir my beteken het, steeds beteken, en nog baie jare voorentoe gaan beteken. Ek sal geen ander ouers in die wêreld wil hê as julle nie.

 

Baie Liefde

Sonnet

Krulle in ‘n (haar)bos

Oktober 25, 2011 in Sonder kategorie

Ai tog. Ek het mos maar ‘n gat wat jeuk, ‘n impulsiewe persoonlikheid, en vandat ek my rekenaar verkoop het, geld wat my brand.

Kom ek verduidelik dit so. 7 jaar terug was ek haarsalon toe. Die blerrie vroumens het toe weer my hare 15cm, in plaas van 1.5 cm af geknip, en van toe af knip niemand aan my hare behalwe ek self nie. Maar saam met impulsiwiteit het ek ook ‘n verslawende persoolikheid, en nou gryp ek die skêr vir amper elke emosinele oorweldegende oomblik in my lewe.

Nou die laaste tyd is my lewe gevul met oordonderende oomblikke, wat beteken, my haarstyl moet aangepas word by elkeen. Omdat ek nou al die laaste 7 jaar probeer groei, probeer ek elke moontlike ander metode om dit aan te pas. Trim my kuif, kleur my hare of probeer verskilende ponisterte.

Maar toe vandag… ai

Daar kry ek toe uiteindelik my rok terug, en dis so mooi! ‘n Joernalis kom doen ‘n onderhoud met ons en ek voel net on top of this freaking world. Behalwe vir dit is ek so opgewonde oor my toekoms planne, en al die wonderlike dinge wat ons in die plakkerskamp beplan. Tot so ‘n mate dat ek weer jeuk om iets aan my yl haartjies te doen.

Ek love plekke met karakter, so toe ek verby ‘n klein haarsalonetjie in Boston ry met die naam van “Fair Lady” besluit ek sommer net daar dat dit tyd is. Vandag gaan iemand anders ‘n slag weer aan my hare werk, en dit sommer vir my perm. Draai die sleutel sommer in 3de rat af, en spring opgewonde uit my geel tjor. Krul is mos nie knip nie.

Die haarkapper tannie lyk gaaf met haar geel wit hare en pers strepe. Sy pas by die pienk en pers rangskiking van fake blomme in die lemmetjie-groen pot, op die lemmetjie groen toonbank, langs die lemmetjie groen sitkamer stel, wat mooi kamofleer teen die lemmetjie groen mure. Bles Briges sing selfs ook in die agtergrond.

Na die twee ure se ongemaklike proses stap ek by die haarsalon uit. My hare staan so styf dit lyk of ek by ‘n honde skou hoort. Nie te min, ek is happy! Dis mos nou iets nuut en verfrissend. In my geel kar probeer ek vir myself loer om weer seker te maak ek het reg gekyk, maar my tru-spieeltjie is nie groot genoeg vir my perm nie. Ek moet nou iets eet of rook! Trap petrol pick a Pay toe, en in die winkel is ek nie seker of mense vir my bates of my hare staar nie. (dis ook vir ‘n slag verfrissend!) Ek koop toe sommer ‘n pakkie sigarette en ‘n pak koekies! Screw die dieet!

In my kar probeer ek kyk of dit dalk beter sal lyk as ek my hare opvat, maar ek herhinder myself scary baie aan steve hofmeyer se nuutse verloofde. Dan moet hul maar hang. Steek ‘n sigret op, en gooi die koekies in die cabuel. By die rooi lig sit en frons ek nou diep, maak dan die cabuel oop, en haal die pak koekies uit. My kieste is vol geprop toe ek na regs kyk. ‘n Karretjie propvol jong kêrels my ouderdom sit in lag vir my. Die een draai sy venster af. “gee daar vir ons ook ‘n koekie?” ek glimlag net en kou klaar. “is comfort food! alle meisies het koekies in hul cabuels! Belowe!” Hulle lag lekker. Ek gee toe die res van de koekies deur my venster aan.

Ai…ek sal nou maar met die bos moet rondloop, en hoop dit verander in die spiral waarvoor ek aanvanklik gevra het. Tot dan toe moet ek dit maar embrace! Die lewe is anyway te kort om dit enigsins anders te benader.

Sondag Middag

Oktober 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit en brei.

My broer sit op ‘n tuin-stoel in die tuin.

My hond aan sy een sy…’n windbuks in sy arms.

Hy jag die irreterende swart spreeus in my pa se vrugte-bome.

My ma het gaan kruideniersware koop.

tien teen een by die dominee se vrou gaan stop vir ‘n koppie tee.

Ook natuurlik om haar kleinkind se nuutste toertjies te gaan ten toon stel.

en om te skinder oor die kerk-tannies se uitrustings.

My pa dôner steak tot tenderness in die garage.

die klein hondjie kyk tjankend toe.

Die rugby blêr in die agter grond.

hoe great is dit nie om vir ‘n slag net stereotipies te kan wees nie…

‘n Trein rit Kaap toe

Oktober 10, 2011 in Sonder kategorie

Partydae as ek lus het, en ek nie die midag hoef te werk nie, vat ek die trein Kaap toe om te gaan klas bywoon. Dan kyk ek na al die mense met my musiek in my ore, wat dit dan soos ‘n rolprent laat voel.

Daar is  groot mama’s wat met vrugte en siggarette handeldryf, en hul kasregister uit hul bra bedryf. Daar is die mense wat haastig lyk oppad werk toe om net nog ‘n dag in die samelewing te oorleef. Jy kry die mense wat nie na erens spesifiek oppad is nie. Nie met die trein nie, en nie met hul lewens nie. Die verliefde paartjies koer ook graag saam en hul liefde word verbind van een oorfoon na die ander.

Op die trein is daar ook natuurlik ‘n verskeidenheid gedagtes verewig met skrif op die muur. Die Wesbank-bakke laat hul bende teken op verkeie plekke in die trein pronk, terwyl ander skryf hoe lief Jesus jou het. Iemand het ‘n nommer gelos as jy dalk opsoek is na ‘n aand van plesier, terwyl nog iemand hul liefde vir ewig aan ‘n ander verklaar. Een inskrywing tref my soos ‘n bowling bal in die maag. “I hate you, you are the worst mmother in the world.”

Ek kan die pyn en seer agter daardie woorde voel. Hoe die arme ma moet leef met ‘n kind wat soveel haat teeroor haar koester. Ek dink by myself dat die ma se intensies tien teen een goed was, en dit net ‘n verstreurde tiener is wat voel niemand verstaan sy of haar wêreld nie. ‘n Ma wil dan net altyd die beste vir hul kind hê dan nie?

Dit was my eerste gedagte. Seker omdat dit nader aan my verwysings raamwerk is. Maar dan besef ek skielik dat almal se ma’s nie soveel liefde soos my ma het nie. Wat het die vrou aan die kind gedoen? Of is dit juis wat sy nie gedoen het nie? Wat kon hierdie ma gedoen het om ‘n kind met soveel seer na te laat, dat sy die trein se muur as haar enigste toevlug sien?

Die lewe is ‘n vreemde plek. Die trein herhinder my dikwels hieraan. As ek op die Kaapse stasie afklim en die mense om my begin woel, elk op pad na hul eie eindbestemming dan voel ek weer regtig. Soos ‘n regte mens, in ‘n regte wêreld. Nie die wêreld wat ek ken waar alles so te sê perfek is nie, maar een wat druis met die potensiaal van soveel liefde, maar tog gevul bly met soveel haat…

‘n Oomblik om te besef, en ‘n oomblik om te moan

Oktober 9, 2011 in Sonder kategorie

In elke mens se lewe is daar oomblike wat uitstaan bo die res. Die oomblikke waarin jy besef dat lewe nooit weer die selfde sal wees as wat dit vyf minute terug was nie.

Die eerste oomblik soos hierdie was toe ek 8 was en met die skok van my ma se Kanker gekonfronteer is. Ek onthou wat ek aangehad het, die reuk van die lente blomme wat in die straat gehang het, en elke vraag wat daarna in my kop kom nes skop het. oomblike soos hierdie vergeet mens nie maklik nie.

Dis oomblikke soos my eerste soen, die eerste keer wat ek verlief geraak het. Ek sal nooit die dag vergeet wat ek besef het ek kan nie veraltyd ‘n kind bly nie, en dat die lewe ‘n werklikheid is. Daar was die oomblik wat ek besef het dat mode is wat ek gebore is om te doen, en die oomblik wat ek besef het, skryf maak my vry. 

So twee jaar terug het ek weer so oomblik beleef. Die oomblik toe ek besef het dat ek die vermoë het om die wêreld ‘n beter plek te maak vir ander mense. Die ding staan so: Ek kan of 24 uur in ‘n dag gebruik om my lewe te verreik en beter te maak, of ek kan ‘n paar minute uit elke dag steel om ander mense se dag beter te maak. Een persoon: Ek. Of x-hoeveelheid ander mense.  Net met klein goedjies, soos ‘n vriendelike hallo. ‘n Sms aan ‘n vriendin om sommer net te laat weet hoe lief ek haar het. Dalk om iemand wat alleen is uit te vra oor hul lewe. Dalk selfs net ‘n kompliment vir die buurvrou oor haar nuwe haarstyl.

Ek weet mos hoe baie dit vir my beteken as iemand so iets teenoor my bewys. Die gedagte dat ek oor die vermoë beskik om dit vir ander te doen…wat ‘n wonderlike super power!

Daarom maak ek ‘n punt daarvan om daagliks aan die prentjie groter as myself te dink. Die wonderlike gevolg van dit was, ek het minder oor my eie probleme begin worry en meer en meer dankbaar geraak vir dit wat ek in my lewe het. Waneer jy vir ander mense lewe, vergeet jy maklik van jou eie tekort kominge “Waneer mens op jou ongelukigste is, gaan staan net bietjie stil, en ek is seker jy sal aan duisende mense kan dink wat slegter af is as jy.” so het my ma altyd gesê.

Dit klink nou alles goed en wel, maar ek moet erken dat daar soos met alles anders in mens se bestaan ook maar baie selfsugtige redes hieragter skuil. Ek leef op die high dat mense my 3 minute effort waardeer. Min dinge so lekker om te weet dat iemand jou poging aanvaar, en bly is daaroor. En dan vir die volgende punt wat ek moet erken:

Daar is vir my niks so erg soos waneer iemand my poging reject nie. Waneer iemand nie van my hou nie, of waneer iemand vir my goed laat verstaan dat my teenwoordigheid in hul lewe, maak die lewe vir hul ‘n meer misrabele bestaan.

Ek weet, ek weet, bietjie pateties. Solank ander mense my geniet en lief het, wat sal ek nou oomgee oor die een of twee wat my uit hul lewe wil hê? Ek weet self nie, en gewoonlik sal ek myself uit so persoon se lewe verwyder. Maar wat gemaak as jy saam met so ‘n persoon bly?’n Huis moet deel met iemand wat jou met elke moontlike oomblik herhinder dat jy ‘n hindering vir haar is?

Ek het al mooi gevra wat die probleem is, probeer stilbly, probeer om so min as moontlik by die huis te wees net om die konfrontasie te vermy, maar as mens te veel probeer laat jy ook toe dat ander mense reg oor jou loop. Dit wil ek nou ook nie hê nie. Nou sit ek maar, kruip agter my toe deur weg, en moan oor een mens wat my lewe omkrap op die net, weet dit gaan ook nie help nie, maar vir nou sal dit eers moet doen. Tot ek aan ‘n beter oplossing kan dink…

Jammer vir die Sad Pos!

Blog Blaps

Oktober 7, 2011 in Sonder kategorie

Daar gebeur dit toe. Slim vang sy baas!

Lekker blog ek toe mos oor die kerel van die vrystaat wat ek gesoen het. Dis nou saterdag ‘n week terug. Vergeet toe skoon dat my geliefde swaer my blog lees.

Toe maandag kom, kom eet daar toe ‘n kerel by my op wie ek ‘n oog gehad het in hoerskool. Nogals ‘n vriend van my ouer suster.Kook ‘n groot bak pasta,ons drink wyn en gesels lekker. Einde van die aand soen hy toe ook my voete onder my uit. Ek kla nie. Hierdie is ‘n gawe kerel wat ek hoop vir ‘n tydjie sal aanbly in my lewe.

Dinsdag aand braai hy toe saam met my suster en haar man. Hul gesels toe blykbaar oor my (Nie seker of my swaer, Hannie, weet van my en die kerel se nuwe sosiale bande nie.) ‘Ja”…vertel Hannie hom toe. “dit gaan goed met Sonnet. lees net gister van die Kerrel wat sy in die vrystaat gesoen het.”

Dum Dum Dum…ek vind later die aand uit van die gesprek. voel soos ‘n poepie, en is seker die nuwe kerel dink eks ‘n losserige meisie. ek sou ook seker so gedink het.

Vertel toe my vriendin wat gebeur het. “kom mos nou van. wat leer ek hier uit???” ek wou nog se: “om nie twee ouerns in 3 dae te soen nie”, maar sy spring my voor. Haar andwoord is: “om nie te blog nie!”

so dis dan seker hankie dorie om meegevoer te raak in die oomblik, solank jy dit net nie vir die wereld pos nie. Oh well…

‘n mooi gediggie

Oktober 3, 2011 in Sonder kategorie

Ai…Hierdie een was vir my so mooi. Nog ‘n lieflike ene van Karin Hougaard

   SNAGS

 

                       snags,

      as ek gaan slaap

       ontsnap my hart

 en reis sy sterlangs

       tot in jou droom

                     en daar

     maak sy bonsend

                        amok

Terug in die kaap sonder my hart.

Oktober 2, 2011 in Sonder kategorie

Sondagaand, en ek is terug in die Kaap. Maar my hart het agter gebly in die noorde… (glo my, niemand is meer pro-Wes-Kaap as ek nie, maar there it is…I’ve said it!)

My tydjie in Parys/Sandton was great. Baie verskillend maar great!

Vrydag loop ek deur die dorp, koop vir myself koek en in binne ‘n halfuur hoor ek twee keer watter mooi oë ek het van wild vreemdelinge. ‘n Ander man maak skoon ‘n U-turn , ry weer verby my, en groet my weer. Na die tweede keer is ek gelukkig by Andree se huis, want so iets ken ek nie! Hier in die kaapse voorstede kry ek net komplimente as ‘n guns daarop volg.

Vrydagaand vir die verjaarsdag vieringe neem my vriendin Andree my toe uit om te gaan Pub crawl in Parys. Almal is moer vriendelik en ken mekaar. Vreemdelinge koop vir my drankies om geluk te sê en knoop geselsies aan. Mens kan selfs jou drank op ‘n rekening sit en later terug kom om te betaal! Waar het jy al so iets gehoor? Geen ID word met die oopmaak van so rekening gevra nie hoor!

Ek raak toe so mee gevoer met al die vriendelike mense en eenvoud, ek soen toe sommer ‘n Vrystaat seun van Parys in die gras velde. Ek verjaar dan, daar is sterre in die lug, en die veld ruik na die reen wat nou net geval het. Waarom dan nou nie? Ek is ongelukkig een van daai mense wat heeltemal mee gevoer word in die oomblik en dan met my maag dink ipv my kop.

Saterdag oggend, na al die cupcakes en opwinding vertrek ek en Andree toe Johannesburg toe. Die fashion show en kompetisie is in Santon Square, en ek moet elfuur daar wees. Die paaie se draaie is groot, Andree se GPS het erens langs die pad moed op gege, en ons verdwaal lelik! Stop orals om aanwysings en hoe vriendelik ookal die mense, ons verdwaal net meer. Kwart voor 12 arriveer ons uiteindelik. Andree huil amper weer. My liewe dierbare vriendin!

Gelukkig is die show eers eenuur, en ek word vinnig vinnig gebrief. So vriendelik en laid back die mense in parys was, so glamorous en kwaai is die Sandton Crowed, maar nie te min, ek is steeds in verwondering. Dis ‘n heel ander wêreld as myne, en hoe meer ek te sien kry, hoe meer besef ek ek is te gemaklik waar ek is. Ek kort nuwe ervaringe en drome in my lewe…

Die kompetisie gaan toe ook heel goed. Wen derde plek en ‘n fêncie laptop. Great en als, maar die ervaring is soveel meer werd.

Nou soek ek werk volgende jaar buite die weskaap. Til klap, waiter, assistent, ek gee nie om nie. Met ‘n fashion graad en al, solank ek kan beweeg. Verkieslik Transvaal toe, maar na eintlik enige klein dorpie weg van hier. Eks moeg vir die Srtad en sy voorstede. Dis al wat ek nog my hele lewe lank ken. My lyf juk vir verandering, en solank ek huur kan betaal is ek happy! So kyk uit vir my ok??

O ja…ek het ‘n foto opgelaai gekry… Kyk net hoe happy lyk ek by my rok! hoop dit werk.

(die opdrag was om ou jeans te recycle.)