Jy blaai in die argief vir 2011 Julie.

Om reg te pak

Julie 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek besluit gister aand laat dat ek by my ma gaan kuier vir die naweek. Spring in “little miss sunshine” (dis nou my geel golfie) en vat die pad. Dis altyd lekker om in my ouer-huis te slaap. Terwyl my ma toe vanogend Stellenbosch toe is om by haar en my suster se coffee shop te gaan inloer, ry ek Goodwood toe vir hospice shopping. Voortrekker road bly darm ‘n interessante uitstappie, maak nie saak of jy erens oppad heen is of nie. Jy kan maar net om jou rond kyk en jy het jou daaglikse entertainment ontvang!

Wag…soos gewoonlik is ek van my punt af:

My ma besluit toe vanmidag dis die perfekte tyd om ons stoor reg te pak. My broertjie moet als op die grasperk uit pak, en dan moet ons almal sorteer wat ons sin is, weg gooi wat ons nooit weer gaan gebruik nie, en dit wat nog kosbaar is, netjies kan verpak sodat ons dit weer kan bêre. (In ‘n meer ordelike wyse natuurlik.)

Ek begin deur my goedjies gaan. Tussen die goed kom al my skilderye en ander kunsprojekte uit wat ek van graad tien tot twaalf geskep het. Van dit sal nooit weer in ‘n raam kan goed lyk nie, en vir die wat wel potensiaal het, kan ek in elk geval nie rame voor kan bekostig nie. Tog is dit so lekker om weer ‘n slag na hul te kyk. Ek onthou presies wat ek gevoel het toe ek elkeen geskilder het. Ek kan my emosies onthou wat ek gevoel het toe ek hul geverf het, en wie en wat verandwoordelik was vir hulle. Dis soos ‘n visuele dagboek, behalwe dat hul temas niks te make het met dit wat hul my aan herhinder nie. 

Na ek hul weer versigtig toe gedraai het, maak ek twee antieke koffers oop wat ek ook van uit ‘n vorige lewe erken. Dis soos om ‘n skatkis uit te haal.

Binne kry ek klein stukkies van herhinderinge. Daar lê ‘n romp wat AndrEE vir my gemaak het toe ons standerd 6 was. (jip, dit was toe nog standerd) Nogals met die hand, en uit waslappe wat ons een jaar by Hermanus se pepstores gekoop het. Skielik onthou ek nie net daardie dag nie, maar al die goeie herhinderinge wat ons saam op Hermanus gehad het. My eerste sigaret. Die naïewe soen by voëlklip strand met die 18-jarige vreemdeling. (ek het toe gedink hy is vreeslik oud) Ons partydjies saam met die Life-savers. AndrEE se vakansie romanse. (sy naam was Fabian en hy het ‘n piercing deur sy wengbrou gehad.) My groen beursie wat ek daar gekoop het. Die dag toe ons gekyk het of ek 4 pies kon eet. (Dit walg my as ek nou daaraan dink.) Ek hoor Blink 182 se “all the small things” steeds weergalm, en ek het ‘n behoefde om na Zoid se “meisie wat haar podlood kou” te luister.

Na ek die rompie terug gepak het, haar ek ‘n romp uit wat ek vir myself in 2004 gemaak het. Dis die romp wat my laat besluit het ek gaan mode-ontwerp studeer. Daar is meestal klere in die boks, want dis waaraan my herhinderinge bly kleef. waneer ek dit vashou gaan ek terug na die goei tyd wat ek daarin beleef het. Anders as met fotos is dit nie net my herhinderinge wat terug kom nie, maar dit is assof my hele lyf kan terug gaan in tyd. net vir ‘n sekonde. Ek haal die rok uit wat ek gedra het die aand wat ek Barry die eerste keer gesoen het. Hy was my groot universiteits liefde. Hoeka die een oor wie ek my tweede blog ooit geskryf het. Ek kry ‘n paar skoene en ‘n bra wat ek na my eerste Valantynsbal ooit gedra het. (einste aand wat ek die woord Melodramaties geleer het.)

Heel onder in die koffer kry ek my Matriek hemp. Ek lees weer al die boodskappe en almal klink tog amper dieselfde. Daar is briefies op geskryf van mense wie ek eerlik waar nie kan onthou nie. Daar is die sonder naam. Daar is brieffies wat belowe ons paadjies sal nooit skei nie. (Ek het natuurlik nog nie weer daardie mense gesien vandat ek skool verlaat het nie.)

Op my hemp se sak lees ek ‘n briefie- “Jy bly halfpad nommer een- mwha, Kleintjie”

Kleintjie is amper twee jaar terug oorlede in ‘n moter ongeluk. Net ‘n paar weke voor sy 21ste verjaarsdag.

Die ster student van ons jaar se note Lui: “Sterkte met die toekoms”. Short and sweet. Hy is ook al begrawe. Nie lank na ons laaste skool klok gelui het nie.

Mens vergeet van hierdie oomblikke en herhinderinge waneer jy dit toedraai en erens in ‘n stoor bêre. Jy gaan aan met jou lewe en maak nuwe planne, vriende, herhinderinge, en drome. So waarom dit bêre?

Vir dae soos hierdie. Waneer jy dit weer kan uitgrawe, kan verlang, en die memoirs kan eer. Sodat jy weer kan onthou van die mense wat so groot inpak op jou lewe gehad het dat hul VERDIEN om onthou te word. Sodat jy self kan notas maak oor wat van jou drome van toe geword het. Hoekom jy hul af geskryf het, en waarvoor jy hul opgeoffer het. Dit is sodat jy kan onthou wie jy was, en wie jy geword het.

Ek pak alles mooi terug, gooi bitter min weg, en bêre sommer die hempie wat ek vandag aan het ook daarin. Dit is my herhindering aan die dag wat ek onthou het. Sodat waneer ek weer die boks oopmaak, ek kan kyk na die meisie wat ek was in Julie 2011.

By die apteek.

Julie 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek en my huismaat ry gisteraand na die 24/h apteek hier om die draai van ons. Ek moet my ritalin voorskrif gaan optel.

Ek staan mooi in die ry en wag vir die apteker om my voorskrif op die sisteem te laai.

Sy gee my ‘n buzzer en sê hy sal afgaan as my voorskrif reg is.

Ek pas brille aan, bekyk die verskilende verpakkings en loer sommer vir al die ander mense.

My huismaat sê ek moet nie weer wag tot my pille al vir drie dae op is voor ek die nuwe klomp kom optel nie.

My buzzer gaan af.

Dis ‘n ander tannie agter die toonbank.

Ek glimlag groot en stap nader.

Sy kyk my effens skeef aan.

“Is hierdie voorskrif vir u kind?”

“ek is 22!” sê ek toe vir haar.

“So dis dan vir u?”

“jip”

Sy bars uit van die lag sodat almal in ‘n 5m radius vir ons kyk.

“Ons gee gewoonlik die voorskrif vir kinders.”

sy gee my verpakking en ek sê dankie.

Sy knik vir my, kyk dan na my huismaat en sê “sterkte!”

Vir AndrEE

Julie 14, 2011 in Sonder kategorie

Vriendin. Jy moet my vandag sien. Ek sit hier in my kamer, stok-siel-alleen in die huis. Ek het ‘n serp om my kop gedraai soos die Xhosa mamma’s in die plakkerskamp my gewys het hoe. Ek het so lelike denim kortbroek aan wat ‘n rek band het, en so uitgewaste swart trui. Aan my voete het ek natuurlik rooi–hoë-hakke. Met rooi lipstif. Ai AndrEE. Ek verlang so baie na jou die laaste tyd. Nie asof ons mekaar so vreeslik baie gesien het toe jy nog hier was nie, maar ek het geweet jy is altyd om die draai.

Terwyl ek so sit in my lelike klere en wag vir my rooi lipstif om my op te cheer, wonder ek wat jy sou gesê het as jy hier was. As jy ‘n moeilike dag gehad het sou jy na my stories geluister het en net so elke nou en dan“ja” gegaan het terwyl daar ander dinge in jou kop sou aangaan.Dan frons jy so.  Ek sou natuurlik in die agtergrond aan babel want as ek nie genoeg praat nie, sal ek sommer verstop wees. Soos party mense is as hul te veel piesangs eet. Jy weet mos.

As jy in ‘n besige fase was sou jy al jou aandag vir my gee, vir so paar minute geluister het, en dan vir my gesê het. “Soek jy nog steeds na jouself? “/ “ jy voel al oud van ons op hoërskool gekom het.”/”Ai Sonnet”

Ek hoor jou sommer.

As jy in ‘n simple bui was, sou jy net gegiggel het, en my aan gesteek het. Jy sou my laat vergeet het oor wat dit okal is waaroor ek alweer met myself baklei, en dan sou ons saam lag oor ek so melodramaties kan wees.

Melodramaties. Jy het my daai word in standard 7 geleer. Toe ek heeltemal raadop was oor ek met een ou uitgegaan het, maar eintlik verlief was op sy broer. snaaks hoe die lewe nooit regtig verander nie.

Nou is jy nie hier nie. Jy is nie eers om die draai nie, en ek mis jou. Ek het nodig om jou te hoor giggel, en ek het nodig dat jy vir my sê ek dink alweer te veel oor te min. Dat ek al weer besig is om my lewe vir myself te kompliseer.Want weet jy. Ek baklei al weer met myself. En al vir wie ons al ooit geluister het was vir jou.

Ja vriendin. Hierdie melodramatiese brief is vir jou. Oor ek jou so innig lief het, en so baie na jou verlang!

As ons te min praat.

Julie 13, 2011 in Sonder kategorie

Mense waarsku my gereeld: “jy dra jou hart op jou mou. Passop” Ek praat as ek ongelukkig is. Ek sê as iets my onstel. Ek lig jou in as ek jou lief het, en ek laat hoor wat dit is aan jou wat ek so baie waardeur. Ja, ek loop ‘n risiko om verwerp te word, maar ek neem ook die kans om iemand anders gelukkig te maak.

Daar is so baie dinge wat ons voel wat ons net te bang is om daar buite te los. Waarom sal wie nou ook weet. Voel ons almal nie maar soms al die moontlike emosies nie? Hoekom is ons so skaam vir hul? Waarom is dit so ongemanierd om uitspatig hard te lag as jy gelukkig is? En hoekom kan ek nie vir iemand vertel as ek dink hulle is mooi nie? Is ons almal nie maar van aangetrokke tot ander mense nie?

Soortvan van my punt af. Die ding wat ons seker die meeste vergeet om te sê is dankie. Ons vergeet om vir mense dankie te sê dat hul ons lewens verreik. Ons neem aan mense weet net van die invloed wat hul op ons het. Die mense wat vir ons só wonderlik is, hoef dit seker nie te hoor nie, want hulle ís dan so wonderlik?

Al ooit daaraan gedink dat jy vir iemand wonderlik is? tog, is ek seker ons almal staan ook maar somige ogende op met die vraag wat ons nou regtig hier maak. Watter verskil maak ons regtig in die samelewing. 

Ek het vandag weer so dag. In my agterkop weet ek seker iemand erens se lewe sal bietjie leër wees sonder my, maar vandag voel ek waardeloos. So…hoe gaan ek dit aanpak?

Na ek hierdie gepos het gaan ek my selfoon uithaal en 5 mense sms wat ‘n verskil in my lewe maak. Net om dankie te sê. 

Om alleen te wees.

Julie 12, 2011 in Sonder kategorie

Ek was nou vir ‘n week saam met my ouers en jonger broer in die wildtuin. Absoluut ongelooflik!

As kind het ons elke Junnie vakansie gegaan maar soos ons ouer geraak het het elk van die kinders hul eie planne begin maak, en so het hierdie radisie ook dood geloop. Maar hierdie jaar is 4 van ons oorspronklike ses toe op die vliegtuig vir ‘n week van ontspan en wegkom. Heeltemal weg kom.

My selfoon was gebreek en ek kon geen oproepe ontvang nie, en daarby is daar natuurlik ook geen rekenaar nie. So my daaglikse komunikasie het plaas gevind tussen my, die olifante, en dan my ouers en broer. Soos ek terlkens meld, heg ek ongelooflike waarde aan my ouers, en my familie, maar in die besige lewe waarin ons rond hardloop vergeet jy soms om jou familie te leer ken. Ons vra nooit oor hul musiek smaak, herhinderinge, voorkeur in tyds bedryf ens nie. Ons let maar net op wat ons sien in die half uur ‘n week wat mens saam spandeer. (Ek vermoed ek is een van die bevooregtes wat my familie nog baie sien.)

So hier is ek toe ‘n week op vakansie met mense wat wat my die beste ken, maar ook eintlik glad nie meer ken nie. Verder is ek my eie geselskap.

Ek het vroëer die jaar bietjie dieper in myself begin delf met die idee dat ek myself beter wil leer ken. Ek het my goeie en slegte einskappe ondersoek, mense na aan my se opinie gevra, en begin kyk na wie ek werlik is versus wie ek nog altyd gedink het ek is.

Een van die belangrikste dinge wat ek agtergekom het is dat ek nie alleen kan wees nie. Ek is altyd in een of ander gekompliseerde verhouding met een of ander kêrel. Ek sorg dat ek nooit allees tuis is nie, en waneer ek is, gaan slaap ek by ‘n vriendin. Alhoewel ek nie die week alleen was nie, het ek wel my ontreking simptome gekry na die buite wêreld. Ek het my rekenaar gemis. My vriende en vriendinne, die opwinding van my gekompliseerde liefdes lewe, en die addernalien van 18 ure ‘n dag besig wees.

Skielik moes ek tyd in my eie kop spandeer. My eie debatte uitworstel, sonder om enige iemand se advies te vra, en sonder om by enige iemand daaroor te kla. So het ek nou weer ‘n heel ander kant van myself leer ken. Ek het my diepste stemme weer hoor praat en na hul behoeftes geluister. Daardie stemme in wie se oor ek die telefoon neer gesit het elke keer as hul na my kop sou bel. Stemme met wie ek laas in aanraking was nog voor ek my hare af geknip het, en begin jeans dra het. (Ek het vir lank verplig gevoel om net rompe en pajama broeke te dra sodat ek die kunstenaar binne my ‘n kans te gee om uit te kom. Dis voor ek die gemak van jeans en sweaters ontdek het.)

Hierdie week het ek weer ‘n slag weer gehoor wat EK regtig wil he, en wie EK regtig wil wees. Ek hoef nie grimering te gedra het, of vir simpel grappies te gegiggel het nie. Ek hoef nie opgewonde en gelukkig rond te gebons het op enige iets te bewys nie. Ek hoef nie my waardes of sienings te gebvraagteken het nie. Ek kon net wees.

Ek het die week toe ook finaal die besluit geneem. In plaas daarvan om volgende jaar my loopbaan in die Mode-Industrie te begin, gaan ek inderdaad na die VSA om vir ‘n jaar kinders te gaan oppas. Ek wonder al lank of ek die geleentheid moet gebruik, maar ek het heeltyd getwyfel of ek gelukkig sal kan wees so ver weg van alles wat vir my bekend is. Nou weet ek. Nee, ek gaan tien teen een nie gelukig wees nie. Ek gaan verlang, en ek gaan opinies kort en ek gaan my ervaringe met iemand wil deel. Maar ek gaan leer om dit met myself te deel…

Ek gaan leer om na myself te luister, om my eie gut te volg, my eie waardes en sienings te evalueer, en om op my eie gelukkig te wees.

Ek gaan leer ek het nie ‘n gekompliseerde liefdes lewe nodig om my lewe interessant te maak nie. Ek gaan leer dat in dae wat sonder enige merkwaardige gebeurtenisse verbygaan, steeds merkwaardig kan wees. Ek gaan leer om myself lief te hê en om sterk te wees.Ek gaan leer om alleen te wees…

“HULLE” sê…

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

Soms sê mense vir my ek dink te diep vir my ouderdom. Ek hoor ek moet relax, en net die lewe vat soos wat hy kom en laat gaan soos wat hy gaan en ophou om dit alles te ondleed. Ek is 22, sê hulle dan. lewe jou lewe terwyl jy jonk is. Gaan uit, gaan sien die wêreld, beproef alles, en behou die goeie.

Meeste van die tyd luister ek nie vir hulle nie, want tenspyte daarvan dat ek ‘n kunsinege mens is, hou ek daarvan dat die struktuur van my lewe, georden is. Ek het ‘n linker en regterbrein wat clash en perpanent besig is om te stoei vir dominansie.

Waneer mense vir my hierdie dinge sê dan dink ek gewoonlik prakties daaroor: Waarom iets beproef, as jy weet dit nie die goeie is nie. Hoekom sal mens iets probeer as jy voor jou siel weet dat dit net seerkry gaan inhou..? Tog soms:

Dan embrace ek my 22-jarige wese, luister na my regterbrein, beproef dinge wat ek weet nie deel vorm van die goeie nie, en vry in die bondel. So het ek dan ook gemaak ‘n maand of twee terug. Soos ek reeds vroeer vertel het, het ek hierdie twee kêrels by ‘n troue ontmoed. Ek was eers bly om te dink ek het twee nuwe vriende bygekry maar spoedig daarna ontdek hulle het ander planne. Ek ken hul skaars? vir watter een sê ek dan nou, Sorry, ek dink jou buddy lyk na ‘n beter opsie? Leer hul eers altwee beter ken, en solank die ander een nie daarvan weet nie, kry niemand mos seer nie. Dis mos nou my regterbrein wat dominant is.

 

In die agterkant het ek wel my Linker brein hoor praat. Hierdie kan net sleg uit draai. Iemand gaan seerkry en dis dalk net jy. Wees oop met hul altwee, hoe ongemaklik dan nou ookal, en wees net eers vriende met beide. Dan later as jy hul persoonlik beter ken, ‘n beter keuse kan maak. Maar nee, ek ignoreer my linker brein, begin hul altwee sien, maar nie ernstig genoeg sodat ek die ander een hoef uit te skakel nie. Ek hoop maar hul praat nie oor my nie, en dan kan ek mos my brood aan beide kante gebotter hê…

 

Detail is onnodig. Al wat ek hoef te sê is dat “hulle” onbekend bly vir ‘n rede. Want as ons ander mense ooit moet uitvind wie “hulle” regtig is, dan het ons hulle gaan bliksem. “Hulle” was toe verkeerd. Dit is inderdaar stupid om alles te gaan beproef en om in die bondel te vry. Maar hiermee sluit ek dan daai hoofstuk af. Ek wil nou geen Kêrel A of B of C meer date nie. Van nou af luister ek ook nie meer vir die regter OF linker brein nie. Net die REGTE brein.

Twee weke later…

Julie 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek peins dikwels oor die gedagte dat mens se lewe binne ‘n oogwink drastie kan verander. Dit gebeur waneer ek ‘n ongewensde sms kry, en my gemoed bomelakiesie slaan. Waneer ek my hand met die strykyster brand en besef dat toe ek gister na my hande gekyk het, dit die laaste keer was wat ek dit sonder ‘n letsel sou sien. Partykeer waneer ek vir my buddies in die begraafplaas gaan kuier en weer vir elk ‘n paar minute van onthou gee.

Tog verander ons lewe ook “ondrasties” met ‘n miljoen oogwinke.

Ek was twee weke laas op my blog. Deels omdat ek self wou kyk hoe lank ek sonder my rekenaar kan klaarkom, en deels oor ek die laaste week in die wildtuin was. (nee, ek het nie ‘n laptop nie.)

Nou dat ek hier sit, dink ek aan al die dinge wat gebeur het vandat ek laas geskryf het. Ek herroep oomblikke waar ek in derde persoon ‘n storie in my kop vertel het, en hoe my vingers gejeuk het om te skryf. In ‘n paar miljoen oomblikke het my lewe nie drasties verander nie, maar ek het ongelooflike herhinderinge opgebou. Daarom los ek vanaand slegs die inhoudsopgawe vir al die dinge waaroor ek in die volgende twee weke gaan skryf:

Die drie generasie Roadtrip

Ninja Ice cream

gesins traveling

die alleen journey

brownies

tegnologie

my ouma

rook

Almal wil ‘n huisie by die see hê

More aand sal ek met my toer deur my herhinderinge begin. terug gaan na die onthou en elke oomblik deel wat ek vir iemand moet vertel.

tot later dan!!

Sonnet