My bed in Struisbaai

Junie 25, 2011 in Sonder kategorie

Met ‘n groot gesukkel klim ek, my ma, my suster, en my 85-jarige ouma toe gister in die kar vir ons roadtrip. Die toer bestaan uit vier aande waarvan die eerste op Hermanus is, die tweede (vanaand) op Struisbaai, daana op swelendam, en ons sluit die toer af met ‘n laaste aand op Robbertson.

Die aand voor die vertrek val my ouma toe in haar aftree-oord huisie. Sy is pot blou. Dus sukkel kreun sy elke vyf minute soos ‘n stut in die middel van die skrum. Met elke stop is dit ‘n vyf-minute se gesukkel om haar uit die kar te kry, en die loopraam van uit die run-x agter venster te kry. So jy kan jou die terleurstelling indink toe ons gisteraand by ‘n vier-ster B&B in hermanus, geen warm water het nie!

Heeltemal van die punt af. Vanaand wil ek eintlik soos ‘n 16-jarige huil oor my muslikte verhouding met *Ludic. Alweer.

Die ding werk so. Struisbaai is sy tuisdorp. Dis hier waar ek Desember saam met hom en sy familie kom kuier het. Dis hier waar ons die romantiese dae by die see spandeer het. Dis hier waar ek begin dink het aan die moontlikheid dat ek saam met hom kan oud word. En nou sit ek weer hier, en al waaraan ek kan dink is hoe aleen ek nou hier is. By die boadwalk stap ek agter, en voor ‘n verliefde paartjie. Een voor my loop arm om die lyf soos ‘n ou getroude paar, een agter my is twee tieners wat mekaar speel speel terg en voorgee dat hul nie in mekaar belangstel nie. My skaduwee terg my nie. Aap my net na.

Ek gaan sit en rook ‘n sigaret. (Met hierdie toer het ek geen waarborg dat ek selfs elke 24h ‘n sigaret kan kry nie, so hierdie een is kosbaar.) Ek dink daaraan dat ek darm my ma en my suster, en vir nog ‘n klein tydjie my ouma ook het. En dat selfs al bly ek vir ewig aleen, sal ek weet dat hul my darm lief gehad het. Ek weet dit, en ek weet dit is pateties, maar ek gaan sit met my kort swart rokkie, groen sykouse, blou trui, en rooi lippe op die sand en verlang na *Ludic.

Nog so een keer vir die laaste keer induldge ek myself in my patetiese tiener-meisie hardseer. Ek dink weer aan hoe verlief ek op hierdie kêrel was, en hoe gelukkig hy gemaak het. Dan staan ek op, druk die sigaret dood, en stap huis toe. Daar na waar die vroue in my lewe vir my wag.

3 antwoorde op My bed in Struisbaai

  1. loudavisi het gesê op Junie 26, 2011

    Jy gaan weer in Ludic vasloop en dan gaan jy wonder wat jy in hom gesien het. Die regte een gaan jou oe oopmaak.
    Lekker roadtrip!

  2. HeavyHenry het gesê op Junie 26, 2011

    Geniet die nou.
    Gister is verby.
    Môre kom dalk nie.

  3. AltieBlog het gesê op Julie 4, 2011

    Jou en Ludic se verhouding het gebeur en geeindig omdat jul altwee nog moet groei…. Ek wil nie he jy moet hoop he dat daar weer iets sal wees nie, maar jy mag hartseer wees en verlang want dis deel van jou genesings proses. Ek haat die se-ding van ‘What doesn’t kill you, makes you stronger’, ek glo wel dat daar nie n ding soos toeval is nie en dat als n doel het. Lief jou Sonnet! xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.