My gedagtes swem op die atletiek baan rond.

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek wil skryf maar ek weet nie wat nie.

Ek weet nog steeds nie hoe om te spel of hoe om die spelcheck te gebruik op Word nie.

Jammer.

Daar is so baie dinge wat al in die ronde in my kop rond swem. Amper soos graad agt laaties om ‘n atletiek baan hier by begin februarie rond.

Ek wil skryf oor hoe ek gister vir my baas moes gaan inkopies doen het. Eers in Woolworths, en toe by Pick&Pay, en hoe anders die twee nou werklik van mekaar is.

( Die produkte dien alles die selfde doel, maar verder is niks die selfde nie! Dit ruik anders, die musiek klink anders, en die kleurling tannie agter die toonbank praat selfs anders.)

Ek wil skryf oor my Ouma vir wie ek bitter lief is. Oor hoe sy my Maandag gehelp het om die inkkol uit my Duvet couver te haal sodat my ma NOOIT sal weet nie. Ek wil vertel hoe ek al my blogs vir haar geneem het, en hoe sy my nie gejudge het oor een sigaret of glas vodka wat ek noem nie. Ek wil skryf oor hoe ek ook eendag soos sy wil wees. Sterk.

Ek wil skryf oor die nuwe kêrel wat ek nou leer ken. 

(vir die wat dáárdie blog van my gelees het, dit is nou inderdaad kêrel B van wie ek hier praat.)

oor hoe hy vir my kaaskoek bak, en hoe hy na ses afsprake vir my gevrá het of hy my mag soen.

Ek wil skryf oor hoe mooi hy glimlag. oor sy mooi blou oë, en oor sy mooi maniere.

(ek was altyd vas daarvan oortuig dat engelse kêrels wild is)

Ek wil skryf oor hoe ek laaaaankal opgehou het om vir *Ludic te mis.

Hoe ek begin vergeet oor hoe seer my hart was.

En dat ek weer kans sien om lief te kry. 

Ek wil skryf oor hoe vrek honger ek is. (ek is net SO lui om nou vir myself kos te gaan kry.)

Oor hoe ‘n vyfjarige seuntjie vir my gevra het of ons kan trou as hy mooi groot is.

en oor hoe ek besef het ek het nog nooit ‘n rated 18 film gesien nie?

Ek weet nie wat om te skryf nie. So daarom gaan ek maar die naweek Paternoster toe saam met die parentals en die siblings. Hier gaan ek heeldag op die bank lê, my nuwe selfhelp boek lees, en toe laat dat al hierdie dinge heel naweek lank, resies in my kop rond hol.

Omenomenom…en om

4 antwoorde op My gedagtes swem op die atletiek baan rond.

  1. HeavyHenry het gesê op Junie 16, 2011

    Jou Ouma klink na ‘n nice tannie.

  2. Sy is. Ek vertel haar alles wat ek dink my ma is te konserwatief om te hoor! 😛

  3. HeavyHenry het gesê op Junie 16, 2011

    🙂

  4. zephur het gesê op Junie 16, 2011

    Great..so dinge is aan die gang met Kêrel B_kaaskoek.

    Maar jy het mos nou iets geskryf…en al wou en weet jy nie…hehehe

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.