My monument

Junie 9, 2011 in Sonder kategorie

Toe ek ‘n tiener was het my ma alewig vir ons vertel hoe ons eendag nog vir haar ‘n monument sal wil oprig. Ek en die ander drie kinders het dan net gelag en grappies gemaak want hoe moeilik kan dit dan  nou moontlik wees om ‘n huisvrou te wees? Hoe vergelyk dit met ‘n lewe van ‘n ma wat nog ‘n voltydse beroep ook volg? Hierdie andwoord leer ek deesdae op die harde manier!

Soos ek al voorheen genoem het, au pair ek in die midae om my lewenskostes as student te help dek. Ek kyk na twee wonderlike kinders, onderskeidelik 5, en 9. My werk is om hul van een buitemuurse aktiwiteit na die volgende te neem, en seker te maak hul is veilig en het vol magies teen alle tye. Dit klink eenvoudig, maar soos met baie ander dinge is daar fynskrif ook by betrokke.

Vanmidag twee uur ry ek skool toe om die 9-jarige, en ‘n maatjie wie se ma werk by die skool te gaan optel. Daar gekom is daar ‘n reuse verkeersknoop want oorkant die skool se enigste ingang is daar ook ‘n Pick&Pay. In die middel van die eenrigting het ‘n lorrie net voor twee besluit om sy hazards aan te sit, en sy vrag te begin aflaai. Mahem! Ek staan in die quee na die ingang, en vir tien minute kan ek nie voorentoe of agterntoe beweeg nie. Om alles te kroon bel *Nieke my 14h01 en verduidelik histeries dat ek nie is waar ek altyd is nie, en waar is ek dan nou? “wag net, hier is…” sy skree histeries voor. “NIEKE!!! Sien jy die groot lorrie by jou skool se hek? ek is drie karre agter hom, en ek is oppad. WAG NET” 14h03, en 14h09 bel sy weer. Ek trek so half links af. sit my hazards aan, en hardloop na die hek. “Kyk, hier is ek, kom saam met my.”

Nou moet ek eers die maatjie gaan aflaai en in my agterkop weet ek Nieke het weer 14h30 perdry 17km verder. Na die maatjie veilig binne haar huis is trap ek pertol in die tewenoorgestelde rigting en luister na Nieke wat my bekomerd vertel oor hoe ‘n halfuur ‘n week met haar perd reeds te min is, en hoe sy nou nog gaan laat wees. “nou wat moet ek daaromtrent doen?” ek klink soos my ma…ek weet. “jy moes betyds by die skool gewees het.” Ek verduidelik weer mooi dat ek niks kon doen nie, en ry nog bietjie vinniger.    Roadworks.Perfek.

 

Ons ariveer 14h35. Ek hardloop stal toe met die saal, en Nieke is kort op my hakke met die toom. Ek weet ek mag haar nie help met die taak nie, maar vandag gaan ek nie nog 10 minute staan en kyk hoe sy sukkel om ‘n perd op te saal nie. ‘n Minuut later hardloop Nieke en die perd by die stal uit. Ek gaan sit in die kar, en begin die twee boontjie sakkies stop waarvoor my baas my gevra het. Ek sit die net die naald neer toe ek Nieke sien terug kom na die kar.

Ons ry weer terug na haar huis, 21km verder sodat sy gou haar dans klere kan aantrek terwyl ek haar kosblikke uithaal en klere ophang. Dan is ons terug in die kar, tel die maatjie wie se ma werk weer 15h45 by haar huis op, en ek laai die twee af vir hul dans klas. Dan ry ek weer om tou en verf te gaan koop, en om die “pin the tail” poster te laat print en te laat lamineer wat ek vir die 5-jarige se partydjie môre ontwerp het. Ek het geen grimering aan nie, is nat gesweet van die rondhardloop, en ruik na perd aangesien my hand nog ‘n uur en ‘n half terug in ‘n gegewe perd se bek was.

By die drukkers flankeer die kêrel agter die toonbank met my en vra my hoekom ek bekend lyk? want ek laat eenkeer elke drie weke my werk by julle print, en ten spyte daarvan dat ek al vir ‘n jaar en ‘n half mooi aantrek elke keer waneer ek hierheen kom want ek weet JY werk hier, kom jy my VANDAG vir die eerste keer agter?

 

16h45 tel ek weer die tweedjies op, laai die maatjie weer by die huis af, en ry dan weer na Nieke hul se huis. drie sekondes na ek by die huis ingestap het, vra my baas my of ek nie asb die koeke vir more se verjaarsdag sal gaan optel nie. Dis my werk, natuurlik sal ek. By die een caterer se huis tel ek twee plaatkoeke op. Die een met die wit icing en silwer balletjies is vir *Lucas om more skool toe te neem, en die een met die POOH prentjie op is vir die partydjie. (waarna al sy klas maatjies in elk geval genooi is.) By die Volgende caterer tel ek ‘n chiche en ‘n Death by Choclate koek op. Hierdie is vir die grootmense.

 

Die uitstappie kos my baas R710.  Dis wat die boots en bra kos waarvoor ek al drie maande spaar. Terug na die huis, waar ek dan die koeke weer aflaai met ‘n groot gehoo en gehaa en dan sit ons aan vir ete. (teen die tyd is ek vrek honger) Na ete gaan ek en Nieke haar LO werk weer deur waaroor sy more toets skryf. gelukig het ons al gister meeste daarvan gedoen. Hierna stop ek gou ‘n pinata met lekkers, en verf ‘n ou besemstok geel waarmee die kinders more die pinata mee gaan moker, terwyl die twee met die nuwe boondjie sak speel. Na dit is dit bad tyd, terwyl hul ouers regmaak vir die Pinkster diens. Vanaand moet ek altwee se hare was, droogblaas, en Nieke sin nog straigten ook (“want sy wil” is die andwoord op die vraag wat nou deur jou kop gaan)

Na al hierdie klaar is, is dit dit 20h00. Ek drink ‘n glas water en gaan sit op die bank en kyk saam met die tweedjies “a bugs life” terwyl ons vir hul ouers wag om terug te kom.

Ma… Eendag as ek genoeg geld het om nie meer vir boots en bra’s te hoef spaar nie,DAN rig ek vir jou ‘n monument op! Maar tot dan. sien hierdie Blog as my huldeblyk. Ek waardeer ma elke dag meer, en is oneindig dankbaar vir dit wat ma vir my doen! Lief vir jou!

13 antwoorde op My monument

  1. Oe jitte. met my eerste blog het ek reeds verkoning gemaak vir my mis-vermoe om te spel. Seker tyd dat ek dit ‘n slag weer noem. Jammer!

  2. As ek geweet het waar om een te kry, dan het ek. Sal gaaf wees as jy vir my kan laat weet hoe? tot dan toe, moet liewers nie lees nie. Daar sal nog vele foute wees! Om te kan skryf is vir my ontspanning. Wil nie nog hoef te worry oor wie ek met my spelling gaan aanstoot gee nie.

  3. AltieBlog het gesê op Junie 10, 2011

    Sonnet dis pragtig…So bly als het uitgewerk vir jou.Maar daar waar jy jou ma ‘waardeer’ is die mooiste van als. Dis werklik pragtig…ek hoop sy lees dit. x

  4. Geitjie1 het gesê op Junie 10, 2011

    Wyse meisie, dankie dat jy jou ma waardeer……….

  5. HeavyHenry het gesê op Junie 10, 2011

    🙂

  6. Modigliani het gesê op Junie 10, 2011

    Ek hoop regtig jou ma lees hierdie 🙂

  7. Ag ou nig, spelling is belangrik, maar jy is tog so oulik, dat dit die ou omie nie eens pla nie. Ek dink ou Skoppenskouer moet hom liefs by musiek bepaal. Moet jou nie te veel aan musikante steur nie (of is dit steer? nee, dis die burger).

    Jou Oom Janneman

  8. Maar nou ja, as jy graag jou spelling wil opknap, doen wat ek doen as ek ‘n brief vir die ou tannie skryf. Gebruie tog ou Maaikrousoft Word om jou artikeltjies mee te skrywe, en koppie en pyst dit in die blog in.
    Die ou tannie is ook al lankal oorlee, maar ek skryf maar so nou en dan vir haar. Sy’t dit tog so geniet.

  9. Baie dankie!Ek waardeur/deer die opmerking! Die lewe is ook te kort om toe te laat dat iemand anders se negatiwiteit mens beinvloed. My enigste problem is ek weet nie hoe om Word te kry om nou juis in onse taal te spelcheck nie…?

  10. Ag ou nig, laat die omie jou probeer help. Hopelik gebruik jy die voor-nuutste weergawe, soos wat ek nou doen, anders is jy geskroef tot in die lengte van dae, want dan kan die omie nie help nie.

    As jy nou jou Word oopgemaak het, sal jy onderaan die dokument so balkie sien, met ‘n ‘language’ opsie. As jy nou op daai dingetjie kliek, sal hy vir jou ‘n dosie oopmaak met allerhande verstellinge. Mag jou vingers jou lei om die regte keuse te maak.

  11. Ai oom! ek het die instruksies nou mooi gevolg. Ek het inderdaad die nuwe weergawe, maar waneer ek dit na afrikaans verskuif maak hy geen meer rooi lyntjies nie. Om te toets het ek selfs ‘n paar woorde asspris verkeerd gespel. Help niks. Maa dankie vir die moeite!

  12. Ag nee my kjint dan weet die omie nie. Gaan eet maar ‘n stukkie soesjie en vergeet van al die prokureurs in jou familie. Dalk verbeter jou spelling dan.

  13. Ek gaan so maak oom! Dankie vir die koffie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.