Jy blaai in die argief vir 2011 Junie.

My bed in Struisbaai

Junie 25, 2011 in Sonder kategorie

Met ‘n groot gesukkel klim ek, my ma, my suster, en my 85-jarige ouma toe gister in die kar vir ons roadtrip. Die toer bestaan uit vier aande waarvan die eerste op Hermanus is, die tweede (vanaand) op Struisbaai, daana op swelendam, en ons sluit die toer af met ‘n laaste aand op Robbertson.

Die aand voor die vertrek val my ouma toe in haar aftree-oord huisie. Sy is pot blou. Dus sukkel kreun sy elke vyf minute soos ‘n stut in die middel van die skrum. Met elke stop is dit ‘n vyf-minute se gesukkel om haar uit die kar te kry, en die loopraam van uit die run-x agter venster te kry. So jy kan jou die terleurstelling indink toe ons gisteraand by ‘n vier-ster B&B in hermanus, geen warm water het nie!

Heeltemal van die punt af. Vanaand wil ek eintlik soos ‘n 16-jarige huil oor my muslikte verhouding met *Ludic. Alweer.

Die ding werk so. Struisbaai is sy tuisdorp. Dis hier waar ek Desember saam met hom en sy familie kom kuier het. Dis hier waar ons die romantiese dae by die see spandeer het. Dis hier waar ek begin dink het aan die moontlikheid dat ek saam met hom kan oud word. En nou sit ek weer hier, en al waaraan ek kan dink is hoe aleen ek nou hier is. By die boadwalk stap ek agter, en voor ‘n verliefde paartjie. Een voor my loop arm om die lyf soos ‘n ou getroude paar, een agter my is twee tieners wat mekaar speel speel terg en voorgee dat hul nie in mekaar belangstel nie. My skaduwee terg my nie. Aap my net na.

Ek gaan sit en rook ‘n sigaret. (Met hierdie toer het ek geen waarborg dat ek selfs elke 24h ‘n sigaret kan kry nie, so hierdie een is kosbaar.) Ek dink daaraan dat ek darm my ma en my suster, en vir nog ‘n klein tydjie my ouma ook het. En dat selfs al bly ek vir ewig aleen, sal ek weet dat hul my darm lief gehad het. Ek weet dit, en ek weet dit is pateties, maar ek gaan sit met my kort swart rokkie, groen sykouse, blou trui, en rooi lippe op die sand en verlang na *Ludic.

Nog so een keer vir die laaste keer induldge ek myself in my patetiese tiener-meisie hardseer. Ek dink weer aan hoe verlief ek op hierdie kêrel was, en hoe gelukkig hy gemaak het. Dan staan ek op, druk die sigaret dood, en stap huis toe. Daar na waar die vroue in my lewe vir my wag.

As iemand anders se kind jou eie raak…

Junie 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek is mal oor my werk as Au Pair. Vir plus minus tien ure ‘n week kry ek die geleentheid om iets tussen ‘n ouer suster en ‘n ma te wees. En dan word ek daarvoor betaal.

Gister is my meisie-kind se dans konsert. Haar ma het gevra of ek asb sal gaan kyk want sy het ‘n vergadering aan. Dus spring ek en Miekie in my geel kar en vleg af na Belville Civic Centre. Sy lyk tog te pragtig in haar tutu en ons sing saam met P!NK se funhouse. KLiphard, met die vensters oop. Die bussie langs my probeer voor my indruk en toe hy in sy poging vaal toet hy lank en aanhoudend. Ek hou myself in, want dis beleef. Miekie steek vir hom tong uit. Sy is nege. Sy hoef nie beleef te wees nie. Ek grinnik in my bineste.

Die Civic Centre is stamp vol. Ek is seker Corlea van “die lieflinge” trek nie so groot gehoor nie. Miekie verdwyn agter die verhoog in en ek gaan neem my plek in. Die gordyne gaan oop en op die verhoog sit 30 3-jarige ballerenatjies in spierwit tututjies. EK klap kliphard. tog te dierbaar.

Die volgende item is ouer meisies wat HIp Hop danse doen. Hul is geklee in silwer outfits wat die costumes van “back to the future” ‘n go sal gee. Die een se broek is op getrek tot daar waar haar bikini toppie eindig. daar is net ‘n centimeter vetrolletjie wat uitsteek. ‘n Ander een wat duidelik meer mode-bewus is se broek is weer paar keer omgerol sodat haar naeltjie darm kan uitsteek. Ek wil ontsteld raak oor sulke jong kinders wat so sugestief aangetrek is en die uitrustings nog afrond met vreemde dans-passies, maar ek besef daar is geen punt nie, en hul ouers is anyway steeds moerse trots op hulle.

Miekie se groep kom op. Ek neem foto’s soos ‘n Huisegenoot fotograaf! Hul voer ‘n deel uit swanlake op, daar waar die arme swan princes die emmer skop. Maar tenspyte van die swaar musiek en die morbiede dans-passies, is die kinders se gesigte gevul met glimlagte. Die enetjie dans al die pad terwyl sy haar klein brilletjie op haar gesig vas druk. Die ander een kon blykbaar nie ‘n kostuum klein genoeg kry vir haar tienkie lyfie nie. ‘n Ander een se ma was duidelik is duidelik steeds vasgevang in die 90’s want die klein gesiggie is bedek in tonne rooi lipstick en blou oogskadu! Maar niks van dit maak saak nie. Hul dans hul harte uit. Vir hul ma’s, en vir hul Au pair’s.

Later moet ek mieksie weer by die saal gaan aflaai vir die latere konsert. Dis die laaste keer wat ek haar sien voor die familie se drie weke lange vakansie. Ek wil amper huil. Ek gee ‘n ‘n groot rooi soen, en skree agter na, “lief vir jou Mieks! Eks so trots op jou”.

Met oomblike soos die besef ek dat ek nou weer die ma is in plaas van die cool ouers suster!

Vir die eerste drie maande by ‘n nuwe familie word jy betaal om vir ‘n kind ‘n ma te wees. Daarna sien jy jou salaris elke keer as ‘n bonus. Gisteraand bid ek vir my kiddies. Hul vlieg vanaand Bali toe, en ek val oor 30 minute in die pad saam met my ma, ouma en suster vir ‘n roadtrip. Groot marrakas, maar ek kom vertel jul woensdag! geseende naweek!

Sonnet

Vir Vadersdag

Junie 21, 2011 in Sonder kategorie

Ek is toe die naweek weg Paternoster toe saam met my ouers, my oudste broer, die se vrou, en hul 4 maande oue baba dogtertjie. ‘n naweek by die see is long overdue en ek het heerlik gelê en niks doen! Foto’s geneem, geteken, gelees, gebrei, geseduko, gepuzzle, gekook.

Ek vra my pa of hy asseblief saam met my sal gaan mossels uithaal. Ek wil Paella maak sondagaand vir Kerel B. Noukeurig hou ons die see dop om te sien waneer die water laag genoeg gesak het sodat ons tot by die rotse kan klim waar die lekker mossels groei. Saterdag om 12am roep my pa my. Die water is nou lekker laag. Ek moet ‘n kortbroek gaan aantrek en vir my en hom elkeen een van die ou paar tekkies in die garage gaan haal.

Saam stap ons strand af na mosselbank met die emmer wat langs my sy swaai. Ons praat oor die week wat verby is, oor sy eerste kleinkind, my kwartaal wat nou tot ‘n einde kom. My planne van volgende jaar, en natuurlik oor kerel B. Toe ons by mosselbank kom klouter hy rats oor die rotse.

Ek voel weer agt. Toe ek ek alewig om my pa gedraai het en net so vinnig agter hom oor die rotse gehardloop het. Vandag is ek nie meer so flink nie. Soos met baie ander dinge besef jy eers waneer jy ouer raak hoe bang jy eintlik moet wees. Ek trap versigtig van rots tot rots terwyl ek kyk hoe my pa oor die bruin stene trippel. Ek wil vir hom sê dat hy vir my moet wag, maar ek weet ek is nou mooi groot en ek het nie meer my pa nodig om my op te pas nie. Hoekom is dit die eerste keer in jare wat ek saam met hom kom? Toe ek kleiner was het ek elke moontlike geleentheid aangegryp om by hom te wees?

Ons kom by die verste rotse waar die grootste mossels groei. Daar waar die rookies nooit kom nie. Ek waag dit nie so vêr in soos hy nie. Ek is mos nou ‘n grootmens met ‘n sin van verandwoordelikheid op my skouers. Ek pluk ‘n paar hier en daar maar nie naastenby so vinnig soos hy nie. terwyl hy met sy vingers om die rotse woel vertel hy my dat ons eendag sy as hier moet kom strooi. Mag daardie dag nooit kom nie. “pa, watter een van jou kinders sal dit so diep in die see in waag om jou as te kom strooi?” hy lag, “dan sal ek dit ook seker maar self moet kom doen”

 

Terwyl ons huis toe stap besef ek dat so dag heelmoontlik in my leeftyd sal kom. Ek weet wat ons by die diens moet sing, ek weet waar ons sy as moet strooi, ek weet wat ons op sy gedenkssteen sal skryf. Maar ek het nog nooit vir hom gevra wat ek met myself moet doen as hy my wêreld sal verlaat nie. Vir so ‘n vraag het jy die leiding van jou pa nodig. Vir omtrent al die vrae in my lewe het ek nog die leiding van my pa nodig! Ek besef dat ek nog nooit langer as 30 dae lank NIE my pa gesien het nie. En selfs dit voel dan oneindig lank, en ons maak elke tweede dag kontak! Ek wil sy hand vashou en vir hom sê dat hy nooit erens heen moet gaan nie, maar ek is nie meer agt nie…

 

Soos ons huis toe stap lê die leë, ookgevlekte swartmossel skulpe oral om my voete. Hul lyk soos vlieë wat gesprekke af luister.

My gedagtes swem op die atletiek baan rond.

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek wil skryf maar ek weet nie wat nie.

Ek weet nog steeds nie hoe om te spel of hoe om die spelcheck te gebruik op Word nie.

Jammer.

Daar is so baie dinge wat al in die ronde in my kop rond swem. Amper soos graad agt laaties om ‘n atletiek baan hier by begin februarie rond.

Ek wil skryf oor hoe ek gister vir my baas moes gaan inkopies doen het. Eers in Woolworths, en toe by Pick&Pay, en hoe anders die twee nou werklik van mekaar is.

( Die produkte dien alles die selfde doel, maar verder is niks die selfde nie! Dit ruik anders, die musiek klink anders, en die kleurling tannie agter die toonbank praat selfs anders.)

Ek wil skryf oor my Ouma vir wie ek bitter lief is. Oor hoe sy my Maandag gehelp het om die inkkol uit my Duvet couver te haal sodat my ma NOOIT sal weet nie. Ek wil vertel hoe ek al my blogs vir haar geneem het, en hoe sy my nie gejudge het oor een sigaret of glas vodka wat ek noem nie. Ek wil skryf oor hoe ek ook eendag soos sy wil wees. Sterk.

Ek wil skryf oor die nuwe kêrel wat ek nou leer ken. 

(vir die wat dáárdie blog van my gelees het, dit is nou inderdaad kêrel B van wie ek hier praat.)

oor hoe hy vir my kaaskoek bak, en hoe hy na ses afsprake vir my gevrá het of hy my mag soen.

Ek wil skryf oor hoe mooi hy glimlag. oor sy mooi blou oë, en oor sy mooi maniere.

(ek was altyd vas daarvan oortuig dat engelse kêrels wild is)

Ek wil skryf oor hoe ek laaaaankal opgehou het om vir *Ludic te mis.

Hoe ek begin vergeet oor hoe seer my hart was.

En dat ek weer kans sien om lief te kry. 

Ek wil skryf oor hoe vrek honger ek is. (ek is net SO lui om nou vir myself kos te gaan kry.)

Oor hoe ‘n vyfjarige seuntjie vir my gevra het of ons kan trou as hy mooi groot is.

en oor hoe ek besef het ek het nog nooit ‘n rated 18 film gesien nie?

Ek weet nie wat om te skryf nie. So daarom gaan ek maar die naweek Paternoster toe saam met die parentals en die siblings. Hier gaan ek heeldag op die bank lê, my nuwe selfhelp boek lees, en toe laat dat al hierdie dinge heel naweek lank, resies in my kop rond hol.

Omenomenom…en om

Die lewe is te kort. Punt.

Junie 14, 2011 in Sonder kategorie

Die lewe is te kort om twee keer te dink.

die lewe is te kort om te spaar.

die lewe is te kort om oor alles hardseer te huil.

die lewe is te kort om nie oor alles te lag nie.

die lewe is te kort om nie vriendelik te wees nie.

die lewe is te kort om slegte wyn te drink.

die lewe is te kort om te moet wag vir ‘n soen oor jy ‘n meisie is.

die lewe is te kort om te worry oor hoe jy in die swembroek lyk. (spring net in!)

Die lewe is te kort om te mxit.

Die lewe is te kort om nie jou bure te groet nie.

Die lewe is te kort om kwaad te bly.

Die lewe is te kort om oor more te worry.

Die lewe is te kort om nie hardop te lag nie.

Die lewe is te kort om nie rooi lipstiek te dra nie.

Die lewe is te kort om apropriote te wees.

Die lewe is te kort om nie foto’s te neem nie.

Die lewe is te kort om skaam te wees.

Die lewe is te kort om nie saam met die radio te sing nie.

Die lewe is te kort om nie jou bakkie uit te lek nie.

Die lewe is te kort om elke dag te moet stofsuig.

Die lewe is te kort om daarvoor om jou soos ‘n grootmens te gedra.

Die lewe is te kort om speletjies te speel.

Die lewe is te kort om nie jou hart op jou mou te dra nie.

Die lewe is te kort om na die verlede te verlang (beteken nie mens moet dit nie onthou nie)

Die lewe is te kort om nie te sê ek is lief vir jou nie.

Die lewe is te kort om nie in die supermark se gange af te dans nie.

Die lewe is te kort om te vergeet.

Die lewe is te kort om nie verlief te wees nie.

die lewe is te kort om te jok.

Die lewe is te kort vir wraak.

die lewe is te kort vir spyt wees.

Die lewe is te kort om die selfde fout twee keer te maak.

Die lewe is te kort.

Punt

My monument

Junie 9, 2011 in Sonder kategorie

Toe ek ‘n tiener was het my ma alewig vir ons vertel hoe ons eendag nog vir haar ‘n monument sal wil oprig. Ek en die ander drie kinders het dan net gelag en grappies gemaak want hoe moeilik kan dit dan  nou moontlik wees om ‘n huisvrou te wees? Hoe vergelyk dit met ‘n lewe van ‘n ma wat nog ‘n voltydse beroep ook volg? Hierdie andwoord leer ek deesdae op die harde manier!

Soos ek al voorheen genoem het, au pair ek in die midae om my lewenskostes as student te help dek. Ek kyk na twee wonderlike kinders, onderskeidelik 5, en 9. My werk is om hul van een buitemuurse aktiwiteit na die volgende te neem, en seker te maak hul is veilig en het vol magies teen alle tye. Dit klink eenvoudig, maar soos met baie ander dinge is daar fynskrif ook by betrokke.

Vanmidag twee uur ry ek skool toe om die 9-jarige, en ‘n maatjie wie se ma werk by die skool te gaan optel. Daar gekom is daar ‘n reuse verkeersknoop want oorkant die skool se enigste ingang is daar ook ‘n Pick&Pay. In die middel van die eenrigting het ‘n lorrie net voor twee besluit om sy hazards aan te sit, en sy vrag te begin aflaai. Mahem! Ek staan in die quee na die ingang, en vir tien minute kan ek nie voorentoe of agterntoe beweeg nie. Om alles te kroon bel *Nieke my 14h01 en verduidelik histeries dat ek nie is waar ek altyd is nie, en waar is ek dan nou? “wag net, hier is…” sy skree histeries voor. “NIEKE!!! Sien jy die groot lorrie by jou skool se hek? ek is drie karre agter hom, en ek is oppad. WAG NET” 14h03, en 14h09 bel sy weer. Ek trek so half links af. sit my hazards aan, en hardloop na die hek. “Kyk, hier is ek, kom saam met my.”

Nou moet ek eers die maatjie gaan aflaai en in my agterkop weet ek Nieke het weer 14h30 perdry 17km verder. Na die maatjie veilig binne haar huis is trap ek pertol in die tewenoorgestelde rigting en luister na Nieke wat my bekomerd vertel oor hoe ‘n halfuur ‘n week met haar perd reeds te min is, en hoe sy nou nog gaan laat wees. “nou wat moet ek daaromtrent doen?” ek klink soos my ma…ek weet. “jy moes betyds by die skool gewees het.” Ek verduidelik weer mooi dat ek niks kon doen nie, en ry nog bietjie vinniger.    Roadworks.Perfek.

 

Ons ariveer 14h35. Ek hardloop stal toe met die saal, en Nieke is kort op my hakke met die toom. Ek weet ek mag haar nie help met die taak nie, maar vandag gaan ek nie nog 10 minute staan en kyk hoe sy sukkel om ‘n perd op te saal nie. ‘n Minuut later hardloop Nieke en die perd by die stal uit. Ek gaan sit in die kar, en begin die twee boontjie sakkies stop waarvoor my baas my gevra het. Ek sit die net die naald neer toe ek Nieke sien terug kom na die kar.

Ons ry weer terug na haar huis, 21km verder sodat sy gou haar dans klere kan aantrek terwyl ek haar kosblikke uithaal en klere ophang. Dan is ons terug in die kar, tel die maatjie wie se ma werk weer 15h45 by haar huis op, en ek laai die twee af vir hul dans klas. Dan ry ek weer om tou en verf te gaan koop, en om die “pin the tail” poster te laat print en te laat lamineer wat ek vir die 5-jarige se partydjie môre ontwerp het. Ek het geen grimering aan nie, is nat gesweet van die rondhardloop, en ruik na perd aangesien my hand nog ‘n uur en ‘n half terug in ‘n gegewe perd se bek was.

By die drukkers flankeer die kêrel agter die toonbank met my en vra my hoekom ek bekend lyk? want ek laat eenkeer elke drie weke my werk by julle print, en ten spyte daarvan dat ek al vir ‘n jaar en ‘n half mooi aantrek elke keer waneer ek hierheen kom want ek weet JY werk hier, kom jy my VANDAG vir die eerste keer agter?

 

16h45 tel ek weer die tweedjies op, laai die maatjie weer by die huis af, en ry dan weer na Nieke hul se huis. drie sekondes na ek by die huis ingestap het, vra my baas my of ek nie asb die koeke vir more se verjaarsdag sal gaan optel nie. Dis my werk, natuurlik sal ek. By die een caterer se huis tel ek twee plaatkoeke op. Die een met die wit icing en silwer balletjies is vir *Lucas om more skool toe te neem, en die een met die POOH prentjie op is vir die partydjie. (waarna al sy klas maatjies in elk geval genooi is.) By die Volgende caterer tel ek ‘n chiche en ‘n Death by Choclate koek op. Hierdie is vir die grootmense.

 

Die uitstappie kos my baas R710.  Dis wat die boots en bra kos waarvoor ek al drie maande spaar. Terug na die huis, waar ek dan die koeke weer aflaai met ‘n groot gehoo en gehaa en dan sit ons aan vir ete. (teen die tyd is ek vrek honger) Na ete gaan ek en Nieke haar LO werk weer deur waaroor sy more toets skryf. gelukig het ons al gister meeste daarvan gedoen. Hierna stop ek gou ‘n pinata met lekkers, en verf ‘n ou besemstok geel waarmee die kinders more die pinata mee gaan moker, terwyl die twee met die nuwe boondjie sak speel. Na dit is dit bad tyd, terwyl hul ouers regmaak vir die Pinkster diens. Vanaand moet ek altwee se hare was, droogblaas, en Nieke sin nog straigten ook (“want sy wil” is die andwoord op die vraag wat nou deur jou kop gaan)

Na al hierdie klaar is, is dit dit 20h00. Ek drink ‘n glas water en gaan sit op die bank en kyk saam met die tweedjies “a bugs life” terwyl ons vir hul ouers wag om terug te kom.

Ma… Eendag as ek genoeg geld het om nie meer vir boots en bra’s te hoef spaar nie,DAN rig ek vir jou ‘n monument op! Maar tot dan. sien hierdie Blog as my huldeblyk. Ek waardeer ma elke dag meer, en is oneindig dankbaar vir dit wat ma vir my doen! Lief vir jou!

Silence

Junie 8, 2011 in Sonder kategorie

As we drive away

I notice in my mirror

How the lights of the city dim

And beating music in my ears

Is replaced by the rhythm of my heart

Leaving the light behind

We enter more dark places

And my cars empty spaces

Filled up

Till it was full

Like your lips

Those lips

I desire so much

To touch

To feel

To kiss

To taste

The taste of you

And with every second passing

Another emotion was born

Fear

Insecutity

And i could feel how the emptyness leaves

To make place for the perfect silince

That ruled between you and me

Between Us

Blogging in English

Junie 7, 2011 in Sonder kategorie

I’ve mentioned before how my life drastically changed since I’ve begun my studies in Cape Town. One of the biggest changes were properly the fact that my life begun to take place in English. My flatmate was English. The cashers in my grocery shop spoke English, I started to attend an English church, my studies are in English, and of course, most of the people in my class are English.

During my first year at CPUT my eyes were opened to this new culture. I always kind of assumed that there is not much of a difference between the white Afrikaner, and the white Englishman. O my, but was I wrong! Trough these past three years however, I have learned to embrace these cultural differences and opened my eyes for new possibilities and views on life. Some of my best friends these days are the girls who study with me. And that is exactly why this blog is in English.

In our class we are round about 30 girls, each with a bigger personality than the other. Here with us, life is dramatic and over the top, and yet so wonderful. When we stress, we stress hard, when we laugh, we laugh even harder. We work together, drink together, smoke together, and share our lives with each other. 

So the other day, my one Afrikaans friend in my class mentioned how she read my blog. Then an English friend mentioned how she tried to, but just can’t figure it out. Therefore, as a love declaration to the amazing peeps who don’t understand my Boeretaal, here is a blog in English. You know i STILL struggle with the English, and this blog isn’t about anything big and magnificent since I can’t express magnificent in this language, but I just want to state that I love you. This is a small blog about nothing in particular, but i just want to say you make my days that is boring and not about anything in particular so much more fun and magnificent. So thanks for everything you mean to me, and love you endlessly!