Dit sal alles fine wees…

Mei 12, 2011 in Sonder kategorie

Ek krap vanaand deur al my ou “word documents” wat ek deur die jare met my saamsleep, en nou tjank ek.

Laaaaaaahang trane.

Ek lees hierdie briewe wat ‘n onsekere 16 jarige skryf. Oor hoe sy nie weet watter kant toe nie. Oor ‘n vriendin wat haar terleurgestel het. Oor ‘n ma wat haar nie verstaan nie. Oor vakkeuses en oor  sy wat haar lyf haat. Ek lees die gedigte wat sy vir haar kêrel skryf. Oor hoe sy hom innig lief het. Hoe sy vir altyd sal wees. 

“Agter my geslote deur

Sit ek alweer

Afgesonder op my eie

Weg van die stormbuie”

 

 

 

“Ek weet nie maar ek het jou life

Met my hele hart, siel en verstand

En ek sal jou life hê

Solank as ek leef”

 

Ek wil terug gaan na 2004 en vir haar ‘n drukkie gaan gee. Vir haar gaan sê dat alles “fine” sal wees, en dat sy net moet ophou worry. Die lewe is te kort om so confused te wees! Dinge gaan sleg raak, maar hul sal weer beter raak ook.

Ek lees verder en kom agter dat in 2005 dinge nie veel beter gaan nie. Sy voel so alleen, en dit lyk tog assof die wêreld tussen haar en haar beminde gaan kom. Sy het hom steeds innig lief, maar haat hom net soveel.

Die kuns wat gebeur het tussen my en jou

Vir jou wil ek skilder *Bertie
met al die kleure van elke soort
ek wil jou invul met my kwas
sodat jou hart op canvas aan my behoort

 

jou wese wil ek verewig hier
ek wil jou glimlag met my verf na-maak
self die strepies in jou hare plaas
jou lippe vir ou-laas met my vingers aanraak

 

ek wil die passie wat ons verloor het
weer hier op die doek laat leef
ek wil elke herhindering oor die doek laat spoel
teerwyl dit steeds aan my wimpers kleef

 

ek wil jou skilder *Bertie
dit weer herleef deur my hand
sodat waneer ek jou klaar onthou het
ek die kleur van jou kan verbrand

 

Hokaai nou meisie. Vat dit rustig. om verewig saam met *Bertie te wees gaan jou duidelik nie gelukkig maak nie. Fokus liewer op jou skoolwerk, en die regte man sal nog kom. Jy het baie vriende. Baie mense wat lief is vir jou nes jy is. Fokus liewer daarop om hul lief te hê!

In haar graad twaalf jaar skryf die arme kind van hoe sy wil moed opgee. Oor sy niemand het om mee te praat nie. Hoe die lewe nie meer vir haar sin maak nie. Dat die lewe tog een of ander tyd sal moet eindig, waarom nie nou nie? Haar kêrel het haar verneuk. Sy het hopeloos te veel vir haar ouers gejok sodat sy ooit weer kan verwag dat hul haar moet liefhê. Sy het naweke om partydjie gehou en nog niks sinvols met haar lewe bereik nie. Wat is die punt? die wêreld sal aanhou draai sonder haar.

Ek wil terug hardloop so vinnig ek kan en vir haar gaan vashou. Sy moet net vasbyt. Sy moet net met IEMAND praat. moet net nie moed opgee nie!

Sy praat van slaap-pille drink. Van alles wat te veel is. Niks wat meer saak maak nie, en hoe sy haar lyf voel lam raak het. Dis net haar hart wat nie opgehou pyn het nie.

‘n Paar maande later gaan dinge beter. Sy het haar matriek goed deurgekom tenspyte van die depresie, selfmoordpoging en alles anders wat daarmee gepaard gegaan het.

Sy leer om met haarself te leef. Om haarself lief te hê. Dat sy eers moet gelukkig wees op haar eie voor sy saam met iemand anders kan gelukkig wil wees.

Sy rook ‘n sigaret nou elke keer waneer sy haarself wil sny, of wil seer maak. Sy drink nou ander pilletjies elke oggend, en dit wil voorkom assof dit werk.

Sy raak weer verlief. Sy maak weer vriende. Selfs met haar ma. Sy neem groot besluite, verander haar lewens uitkyk. Bid weer vir God.  Sy word weer verlief. Breek weer haar hart. Sy verander haar studie rigting. Sy word meer onafhanklik. Sy waardeur haar ouers selfs nou nog meer. Sy raak weer verlief. breek weer haar hart. Werk harder.Sy wil die wêreld verander. Sy wil mense lief hê. Sy wil ander help. 

Dit gaan so aan tot ek by ‘n inskrywing kom van so paar maande terug. Die meisietjie is gelukkig. Sy is lief vir die lewe, en probeer die lewe vir ander ook beter maak. Sy is weer verlief. En sy dink weer hierdie kêrel is die een wat sy gaan hou.

Om en Om

 

om en om
draai my maag
waneer jy my soen
met jou sagte lippe
en vashou
met jou opregte hande
dan draai my maag
om en om
en om

Ai meisie…waneer sal jy dan tog leer? Maar maak soos jy wil.solank jy net weet dat op die einde, sal alles fine wees…

7 antwoorde op Dit sal alles fine wees…

  1. maryke-anne het gesê op Mei 12, 2011

    Baie nice inskrywing die.

  2. Kon ek maar terug keer na 1979 en ‘n jong meisie ook so vashou …

  3. loudavisi het gesê op Mei 13, 2011

    Jy het mooi grootgeword, Sonnet.

  4. Maankind2 het gesê op Mei 13, 2011

    Hoe ouer jy word, hoe meer weet jy jy hou nooit op leer nie. Dis ‘n ongoing process. Mens cringe steeds jaar vir jaar ooor dinge van net onlangs nog. Maar dat jy dit raaksien is die ding wat saak maak, en punte verdien!

  5. Eerliknetek het gesê op Mei 13, 2011

    Dankie vir die deel. Ek gaan hierdie vir my dogter(14)gee. Ek hoop dit help haar.

  6. Asb! Om groot te word is moeilik. en ek het gedink my ma jok toe sy vir my sê “jy sal nog sien”. Dis so maklik om aleen te voel in so groot wêreld!

  7. Eerliknetek het gesê op Mei 16, 2011

    Soms voel mens alleen in hierdie groot wereld al is mens groot.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.