Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Dit wat nooit verander nie…

April 30, 2011 in Sonder kategorie

Na ek my BEd kursus laat vaar het, en die lewe op Stellenbosch verruil het om Mode-Ontwerp in Kaapstad te gaan studeer het baie dinge verander. Ek moes binne ‘n week uit my koshuis-kamer trek wat teen daardie tyd al vir my “huis” geraak het. Van daar is ek na ‘n klein Ouma-woonstelletjie in welgemoed, en nie lank daarna nie, na ‘n woonstel op die 7de verdieping in Kloof straat. Ek moes leer engels praat en verstaan, en selfs notas neem in hierdie taal. Ek moes begin werk sodat ek my pa stadig maar seker kon terug betaal vir die geel kar wat hy daai tyd vir my gekoop het, en skielik moes ek op die N1 leer bestuur, parralel parkeer, en ‘n uur vroer opstaan sodat ek die verkeer mis klas toe. Hoeveel anders was hierdie nie as die verkeer van voete op die rooi plein nie?

My ma het in hierdie tyd die idee laat vaar dat ek my droom-man sal raakloop tussen die bib en die Neelsie, en het hard en ernstig begin bid dat ek Vader asseblief tog net nie met ‘n oorbel-seun in ‘n skinny-jean by die huis sal aankom nie.

Hiedie tyd in my lewe wat soos gister voel, is nou al vier jaar terug. Dinge in my lewe verander steeds daagliks, en deesdae is dit baie meer opwindend as intimiderend, maar sekere dinge verander nooit nie.

In my eerste jaar by Stellenbosch het ek hierdie unieke klompie mense leer ken. Hulle was nie in my klas of in my koshuis soos waar almal vir my voorspel het ek gaan my sielsgenote vind nie. Nee. Ek het in hulle lewens ingeval na ek een dag met rooi lipstick en rooi hoë hakke oor die neelsie grasperk getrippel het om ‘n skool vriendin te groet. En van toe af is hul daar.

Hulle was daar toe ek melodramaties my kursus gestaak het. Hul was daar om te bel as ek niemand gehad het om my midag-ete mee te deel nie. Hulle was daar om my te help trek van woning tot woning deur die afgelope vier jaar. Dieselfde mense was daar om te luister waneer ek verlief geraak het. Daar waneer my hart gebreek is.  Daar waneer ek nie weet watter kant toe nie. Daar as ek net ‘n drukkie nodig gehad het. Daar op vir my ‘n lyn te trek waneer ek nie meer seker is waar hy is nie. Hulle is daar met ‘n brood waneer ek honger is, (regtig, no jokes…ek kan nie budget nie) en ek weet hulle sal daar wees vir soveel meer oomblikke. Net soos ek daar sal wees vir hulle.

In hierdie tornado van verandering wat in ons almal se lewens gebeur het ons dit reg gekry om mekaar aan die hand te gryp, by mekaar te bly, en nooit te laat los nie.

Daarom wil ek net vandag dankie sê vir : Die Yorkie Lover, Die Onderwyser, Die UN- Diplomaat, Die Boer, Die Belg, Die Iphone, en Die Rooikop. Julle is almal bene!

Hoe op AARDE het ek hier beland?

April 28, 2011 in Sonder kategorie

Ek bevind myself gereeld in die sutsuasie waar ek alles los wat ek doen, en vir ‘n sekonde voorgee ek is iemand anders wat my lewe van ‘n afstand bekyk. Dan sien ek hierdie meisie, besig met die mees lukraakste aktiwiteit, en wonder by my self: “Hoe op aarde het ek hier beland?”

Dit is oomblike soos waneer ek onderstebo op my kop staan en my lyf teen ‘n muur ballenseer teen ‘n muur terwyl twee tien-jariges tel: “eeeeeen, tweeeeee, drieeeee…”. Oomblikke soos waneer ek die sand van my gesig afvee terwyl ek besig is om op ‘n sondag middag twaalfuur plante by ‘n kleuterskool te plant, net duskant die R300. Oomblikke waar ek agter op ‘n bakkie staan, drie bokse probeer keer om af te waai, terwyl ek probeer om my rok tot tenminste op my kniee te hou. “Hoe op AARDE het ek hier beland???”

Maar dis seker wat gebeur as jy emisioneel en prakties meng? Jy besef dat die aktiwiteit waarmee jy besig is dalk iemand se dag, week of jaar kan maak, en jy is hopeloos te prakties om ‘n meer gepaste kanidaat te gaan soek om die aksie uit te voer. “?Want something done? Do it yourself.”

So meld ek weer laasjaar myself aan vir ‘n uitreik program as span-ma nogals, en op 16 Dessember vertrek ons uiteindelik en genadelik na die strand-dorpie wie se kinders ons gaan bedien. Soos altyd hardloop ek weer rond soos ‘n mal haas om seker te maak alles verloop goed, en tussen deur worstel ek alweer in my kop met baie ander dinge. Elkeen op my span sukkel met iets, en ek moet net mooi fokus om alles bymekaar te probeer hou.

Die dag van 23 Desember is dit weer tyd vir die jaarlikse kers-konsert, ‘n groot hoogtepunt op die program. Met net een dag om ‘n konsert aanmekaar te slaan, en om 30 kinders mooi te laat verstaan presies wat hul rol is, en níé is nie, gaan dinge redelik woes. Elke kind moet leer om op die regte tyd oor die verhogie te stap, sy reel te lees, en waar hy moet gaan sit. Hy moet die liedjies leer en mooi verstaan dat dit nie okey is om Josef se kleed te probeer aftrek nie. Behalwe vir dit moet ek seker maak elk van my spanlede kry ‘n bord kos, en ‘n geleendheid om warm te stort. (hierdie was die groot moeilikheid, want tussen tien lede en een stort, sukkel dit om elkeen ten minste net een keer te laat stort in 48 uur)

twee ure voor die konsert moet begin gee ek my span die geleentheid om te gaan eet, op slaap in te haal, skoon aan te trek, en vir die wat eerste ge”shotgun” het, ‘n kans om te gaan stort. Ek gaan weer deur alles in die saaltjie, toets die mikrofone, en sit die kostuums reg vir waneer die deelnemers oor ‘n uur opdaag.

Ek het vergeet om vir die herders erens klere uit te krap.

Vinnig hardloop ek terug na ons tente, gryp drie handoeke en vadoeke (ek maak darm seker hulle is tenminste skoon) en hardloop terug saal toe. Hierdie natuurlik alles ten aanskoue van die hele karavaan park, maar ek het lankal ophou worry daaroor!

Helemal oorweldig en moeg en uitgeput vat ek maar die naald en gare en besef dis tye soos hierdie waarvan Jesus gepraat het toe hy gesê het;”kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is”. Dan sal ek maar hierdie uitrustings biddend maak. Kan Jesus my hoor praat terwyl ek rook? ‘n Siggaret is net wat ek nodig het.

So hardloop ek met die naald en gare, die handoeke en vadoeke, én met die sigaret na agter die ou saaltjie, daar waar geen kinders my sal vind en my sal kan sien dampe blaas nie. Ek gaan sit met my boude plat op die grond, maak asof ek nie die tien dorings in my agterstewe agterkom nie, steek die siggaret aan, en begin bid terwyl ek herders-hoede met die naald en gare vang.

Ek sê net Amen toe dit weer met my gebeur. Ek staak als wat ek doen. Net vir ‘n sekone. Zoem uit, en dink… “hoe op AARDE het ek hier beland?”

Tannie Elsabe…What a Leg(end)

April 27, 2011 in Sonder kategorie

‘n Jaar of twee terug keer ‘n dame my voor by ‘n kersmark waar ek werk. Ek herken haar vlugtig as die tannie wat gereeld voor in die kerk praat oor Green Park, die plakkerskamp (informele nederseting) waarby sy betroke is. “Jy het mos ons moederskamer en die baba-huis se mure so mooi geverf né?” Nugter is al weer al een met die andwoord oor hoe sy nou dit weet. “wil jy nie my plakkerskamp kom verf nie?” Nogal haar plakkerskamp. En dit is ook so.

Hierdie is steeds die storie wat ek mense vertel waneer hul my vra oor hoe ek juis in Green Park aangekom het. Tannie Elsabe. Hierdie vrou is een van dááí mense. Jy ken haar vyf minute en jy weet jou lewe gaan nie weer dieselfde wees nie. Sy staan vir niemand terug nie, laat haar deur níks onder kry nie, en glo geen droom is te groot om in ‘n gebed te verander nie. Sy is ‘n voltydse verpleegster, het ‘n man en kinders, en dan speel sy nog ma ook vir al wie ‘n siel is in Green Park ook(soms mense dubbel haar ouderdom). En natuurlik vir my ook. Nadat ek die eerste keer saam met haar vrou-alleen die plakkerskamp ingery het met haar “Jesus-bakkie” soos sy dit noem, was my lewe nie weer dieselfde nie.

So het ons hierdie naweek wat verby is ‘n paas partydjie gehou vir die kinders van Green Park. “Haai kind, en dit so op die heilige Sondag” praat tannie Elsabe hier agter my terwyl ons borrels blaas en die kinders verby ons na die springkasteel jaag. ‘n Reuse sukses! Oppad terug hoor ek opgewonde kinders agter in my kar kliek, en tussen deur herken ek die woord “jump” so paar keer. Met al die opwinding in die lug word een van die bakke waarin daar een of ander bederf in vervoer was in my geel kar agter gelaat.

Van vandag is my vakansie ook verby, en ek het half agt by die werk aangemeld. Sewe uur het ek uit die bed gespring, heeltemal verslaap, en toe net die nodige pille gedrink om ‘n dag in ons samelewing te oorleef. By die werk wag daar toe twee opgewonde kinders wat elk sy unike eis aan my stel en dit sukkel maar om albei se wense te laat waar word. Na werk is ek terug na my huis om ‘n jonger vriendin van my met haar redenaars toespraak te help, en daarna weer Kuilsrivier toe vir ‘n volgende afspraak. My maag grom en met eens en ek besef ek het al weer vergeet om vandag te eet. Dinge het net te mal gegaan en dis alreeds na sewe. Buitendien is ek ook nog bewus van die bak agter in my kar en ek is letterlik minder as ‘n km van haar huis weg.

Nou kyk. My en tannie Elsabe se vinnige geselsies is selde korter as twee uur en ek weet ek is besig om baie laat te raak. Maar what the hell. Sy mag dalk die bak nodig kry en anders gaan dít ook net in my kar verdwyn (lag maar, sulke dinge gebeur met my). Met skreeunde bande stop ek voor haar huis met Don McLean wat ek sommer so laat aansing terwyl ek haar voordeur klokkie lui. Ag Crap. Lyk my mos hier is nou mense ook.

As daar een mens is wat altyd bly lyk om my te sien is dit tannie Elsabe. “ek het net gestop om die bak af te gee tannie, voor ek hom verloor.”( Tannie Elsabe weet al te goed hierdie is baie moontlik) “Kom in , kom in.” “nee tannie ek moet regtig oppad wees.” ag laat ek net vir jou ‘n stukkie vleis inskep.” Ek het al geleer om met tannie Elsabe te sty is tevergeefs. Dit help nie, so moenie eers probeer nie. “goed tannie maar ek moet regtig vinnig maak.” binne drie sekondes gee sy my ‘n tupper-bakkie met verskillende gebraade vleise én ‘n stukkie knoffelbrood. “dis regtig nie nodig nie tannie” probeer ek nog propesteer. “ag kind ons deel mos graag”

Ja tannie. Tannie deel té graag. Tannie deel alles wat tannie het maar meeste tannie se hande, ore, hart, voete, denke, drukkies, en raad. God het mense gemaak wat engele kon wees. En dat het Hy engele gemaak wat maar net soos mense lyk. Waar kry sy haar krag, en blymoedigheid?

Die kos was op voor ek die volgende verkeerslig gehaal het. Nou moet ek net die tupper daar terug kry want teen môre het die weer êrens in my kan gaan wegkruipertjie speel. Ek praat nou die dag met een van my vriende wie se pad al vlugtig met tannie Elsabe sin gekruis het op ‘n halwe grond pad in Green Park. Haar naam kom weer iewers in die gesprek op en hy laat hoor heel bewonderend van hom… ” Tannie Elsabe…What a Legg“…

Was my lewe maar net ‘n Romantic-Comedy…

April 26, 2011 in Sonder kategorie

So…ek het toe gister na my ervaring in Musica wel by die fliek deel uit gekom. Die storie loop soos altyd. Twee siele vind mekaar erens in die malhuis lewe van New York. Hul spanseer tyd saam, en breek op. en dan skielik kom die leters “six weeks later” op die skerm, en albei besef hoe leeg hul lewe is sonder die ander een. Dan begin daar mooi instrumentele musiek speel. Hul albei spring in hul kar, jaag na die bestemming waar hul dink die ander een sal wees, en presies op die selfde tyd, ariveer hulle op presies dieselfde plek, met presies dieselfde intensies. En dit alles terwyl die viool sy klimaks bereik. ai…was my lewe maar ‘n romantiese komedie.

 

Kyk. Dis nie asof my lewe nie romanties is nie. En ‘n komedie, dit kan ek jou belowe. Maar kan ek nie maar die woorde saam jam en vir altyd gelukig lewe nie?

 

My kêrel het my ‘n ruk gelede ingelig hy dink nie hy is regtig verlief op my nie. Hy weet nie…maar hy dink amper nie so nie. Hoe laat mens so verhouding werk?

 

As ‘n bitter emisionele dog praktiese mens het ek besef ek sal ernstig moet treur hieroor voor ek sal kan aanbeweeg, dus kan ek dit net so wel so gou as moontlik agter die rug kry.

 

In hierdie week van rou het ek weereens besef hoekom ek nie van vodka of brandewyn hou nie. Ook het ek agtergekom dis nie noodwendig wys om uit te gaan na jy klaar gemaak het mt jou 18h00 – 11h00 skof nie.  Ek het geleer dat om baie shifts te werk mens net moeg maak, en ook dat as jy jouself aan die slaap huil, jou oë die volgende dag heel dag SAL puffy wes. En dit was die einde van dit.

 

Die volgende week het ek weer opgestaan, met normaliteit (wat dit ook al mag wees) aangegaan, en van voor af probeer.

 

In my geel kar wat meestal stukkend is speel musiek oor gebreekte speakers en dan haak my laserskyf ook nog. Toe ek deur ‘n slag-gat ry byt ek my tong raak en mors ek my slushpuppy oor my nuwe rok uit, net om te sien hoe ‘n kamera flits en ek tot die besef kom NOG ‘n speedfine is in die pos. My dosent lig my in dat die my skets van ‘n aandrok lyk soos ‘n “Hip Hop” nommertjie, en my bankrekening is weer leeg. Tussen deur moet ek wawiele en handstane maak saam met die meisie wat ek aupair en voorgee die lewe is ‘n fees. waar is die viool en sy klimaks tog?

 

Dis vandag ses weke nadat my hart gebreek is.

Geen e-pos, sms of foon oproep het al hierdie kant toe gekom nie.

Ek wag ook nie daarvoor nie.

My lewe is nie ‘n Romantic-Comedy nie. 

En al is my week van treur baie langer as sewe dae lank, weet ek selfs dit sal ook verby gaan. Nuwe dinge sal gebeur. Nuwe kêrels sal my hart kom breek. Nuwe musiek sal oor nuwe speakers speel. En ek sal aanhou wens…was my lewe maar net ‘n Romatic-Comedy

 

Met my pantoffels in Musica

April 26, 2011 in Sonder kategorie

So, ek is duidelik ‘n Student op vakansie. Nie dat ek nie take het om klaar te maak nie maar what ever; ek hou vakansie. Gister besluit ek toe dat daar nooit tyd is om na die bioskoop toe te gaan nie, en hierdie is die idiale geleentheid.

 

Staan toe op van agter my rekenaar, sommer net so in my self geskepde kortbroek, pantoffels, en met vuil hare. (hierdie is ‘n groot sonde vir ‘n finale jaar mode-ontwerp student)Ek klim in my kar en ry na die naaste bioskoop in Parrow Mall. Nou is die eerste vraag natuurlik: wat om te kyk? ‘n Romantic-Comedy is altyd ‘n veilige keuse. Die volgende vertoning begin eers oor twee ure en ek is dadelik vies vir myself dat ek nie die 5 sekondes ekstra geneem het om dit op die internet na te slaan nie. Maar hier is ek nou.

 

Volgende vraag: Wat sal ek nou maak met twee ure om te mors? Ek is aleen in ‘n winkelsentrum met pantoffels sonder grimering, op ‘n publieke vakansiedag, nadat ek vir my ‘n enkelfliek kaartjie gekoop het. Mr price sal my uitjaag nes daai mense met arme Vivviene gemaak het in Pretty Women en, ek kan voel hoe mense vir my kyk en dink : “en jy wonder hoekom jy aleen kom fliek???”

 

hmmm…Musica dan.

  

In Musica kies ek vir my ‘n paar van my gunsteling laserskywe uit en beweeg na die oorfone. Dis toe wat hierdie wonderlike ding met my gebeur. Ek vergeet van my pantoffels en besef dat meeste mense om my is hopeloos te besig met hul eie lewens om hoegenaamd agter te kom dat ek op my eie kom fliek het. Terwyl Manfred Mann se Do Wah Diddy Diddy die klanke van die buite wêreld om my laat verdwyn begin ek na die mense om my kyk.

 

Party net so aleen soos ek en ander raas met hul kinders. By die Hip Hop section is daar ‘n jong kêrel en nooi wat obviously op hul eerste date is.Ek wil sommer begin saam sing “There she was just walking down the street” maar besef dit mag mense dalk laat begin wonder oor my.

 

As troos prys begin tap ek maar my voet, en swaai my skouers effens op die ritme van die musiek wat die ander mense om my nie kan hoor nie…en ek kyk vir hulle,sonder om te judge.

Die Kaarte in my Beursie

April 25, 2011 in Sonder kategorie

Vandag toe ek in my beursie krap om my laaste paar sente bymekaar te maak sodat ek vir my Don McLean se “american pie” album kan koop, bessef ek net hoeveel kaarte ek in my beursie het. Kaarte wat ek nooit regtig gebruik nie. Waarvoor hou ek die goed? Maar soos met baie ander vrae, sal Nugter aleen weet! wie ook al hierdie “Nugter” knaap mag wees.

Ek besef toe egter dat hoe min die kaarte ook al gebruik mag word, hulle bestaan is ‘n getuienis van my lewe. As ‘n vreemdeling hierdie beursie moet optel, sal hul bietjie meer weet oor die vreemdeling op die Lisensie-foto.

Hier volg dan die storie wat my beursie jou mag vertel waneer jy hom dalk eendag sou optel:

“Goeie dag daar vreemdeling! My naam is Dinah Maria Marais. Ek is ‘n gebore op **/**/**** en my ID nommer is 02/*************. Ek is ‘n vroulike Suid-Afrikaanse burger en het my Kode B bestuurders lisensie ontvang op die 31ste oktober 2006.In 2009, 2010, en in 2011 is en was ek ‘n student aan die “Cape Peninsula University of Technology”. My studente nr is 209041566  en my haarstyl verander blykbaar elke jaar. Ek neem graag dvd’s uit by Stax in Zevenwacht, en by die Vee’s Video in 13de laan, Boston. Van tyd tot tyd maak ek kopiee by Artees kuns-winkel, en het toegang tot Bellville, Kaapstad, en Kulsrivier se publieke biblioteke.

Ek Bank my geld by Capitec bank. (waneer ek so iets het) verder doen ek klaarblyklik inkopies by Edgars, en ek is ‘n smart-shopper by Pick n Pay. Ek is ‘n orgaanskenker en my naasbestaande is Annelie Marais, en sy is beskikbaar by *** *** ****. Ek behoort aan die O-Positiewe bloedgroep en het is ‘n skenker by die WP Bloedoortappingsdiens. “

Na ek uiteindelik al my munte uit my beursie gegrawe het en vir dit aan die vrou agter die toonbank oorhandig vra sy my toe wragtig of ek ‘n Clicks Club kaart het. “Om wat mee te maak?” wonder ek…

Om ‘n broodjie te deel…

April 25, 2011 in Sonder kategorie

Gisteraand praat ek weer met ‘n ou vriend wat se loopbaan glad geteer is. Hy is vinnig besig om die korperatiwe leer te klim en daar is nie tyd vir afkyk, en om hoogte vrees te kry nie. Geniet hy dit? Hy sê so. Maar ek wonder tog: Mis hy dit nie om te lewe nie?

 

Voor jy my kruisig, ek is eenhonderd persent agter ‘n goeie loopbaan en baie geld maak. (Ons mag dalk verskil oor wat om met die geld te maak maar dis weer ‘n gesprek vir ‘n ander dag.) maar die baie bekende uitdrukking : “Work to live, don’t live to work”, is ‘n cliche vir ‘n baie goeie rede.

 

Hoeveel keer per dag jaag ons nie teen 85km/h verby al die mooi in die lewe nie? (en dit nogals in ‘n 60km/h zone!) oral om ons is daar splitsekondes van suiwer skoonheid wat ons mis. En waarvoor? Vir ‘n groter huis wat ons nie nodig het nie? vir Sekuriteit wat in elk geval nie gewaarborg is nie?

 

Daar is soveel mooi in die bergie wat sy krummels uit jou drom deel met die straatbrak wat hom getrou volg. En binne die meisie wat onder haar tydskrif skuil van die reen, en vir haar taxi wag, skuil daar iets bekoorliks. Die bedelaar wat jou so irreteer se uitgeleefde plooie en hardseer gesig. Die vreugde op die tannie agter die toonbank gesig as jy vyf sekondes neem om haar oor haar klein-kinders te vra. Die drukkie van ‘n kind wat met kliek geluide vir jou iets spesiaals probeer vertel.

Die glimlag wat jy met ‘n vreemdeling op ‘n park bankie uitruil.

 

Dis alles so eenvouding en maklik dat die impak wat dit op mens het amper ontmoontlik groot voel. Dat ons as mens instaat is om so ‘n magiese efek te verkry met so min inspanning.

 

My vriend vertel my steeds van al die wonderlike dinge waarmee hy besig is toe ek hom ingedagte in die rede val. Ek vra hom toe: “Waneer laas het jy jou broodjie met iemand gedeel…?”

 

 

So…Ek het ‘n Blog?

April 24, 2011 in Sonder kategorie

Vir ‘n trotse tegnologiese-gestremde is hierdie ‘n bitter groot stap.

 

‘n Blog.

 

Waar begin ‘n mens skryf oor dit wat jy alles wil skryf? Wat deel ‘n  mens eerste van al die goed wat jy nog altyd met almal wou deel? En hoe maak ‘n mens iets uiters intimiderend  iets allesdaags? My vrees vir my skryf-goed deel kom al aan van skool dae af, toe my taal juffrou my spelvoute slegs tot halfpad deur my opstelle gemerk het juis oor hulle so vol op was. (Amper soos duwweltjies in die veldjie agter jou huis. Na jy elke twee tree moet stop, besluit jy halfpad jy moet maar met die goeters in jou voete loop tot by die swaai, want anders sal jy nooit vandag nog daar kom nie.)

 

Dalk moet ek iets verduidelik omtrent die naam Sonnet Sestet? Miskien moet ek verklaar hoe ek juis by hierdie plek uit gekom het? Maar nie een van hierdie twee onderwerpe is uiters interessant nie. (een rok; twee skoene)

 

Daarom, vir my eerste “pos” het ek gedink sal ek begin met een van my gunsteling gedigte deur Karin Hougaard:

 om totsiens te sê

Met elke groet gee ek ‘n stukkie van myself weg. Word ek gedekonstrueer.

sel vir sel losgeskeur uit die enigste werklikheid waarin ek glo – nóú.

los ek my stukkies                           Los ek my stukkies

op jou deurknop                              in jou hande

jou tafel                                        jou omhelsing

jou boeke                                       of die klere in jou kas.

jou vloer

Los ek my stukkies                           Los ek my stkkies

tydig en ontydig                               om onsigbaar

bewus en onbewus                           mikroskopies

op ongewone plekke                         fyn

sonder om iets van myself                te verklink

te mis.                                             dat ek hier was

                                                      dat ek deel was

                                                      dat ek

                                                       was.

(Hougaard,18)

 

 Waarom ek nou juis vanaand hierdie gedig oor afskeid wil onthou met my eerste “pos” sal nugter alleen nou weer weet. Maar dit is net vir my té mooi om vir myself te hou. Hoop dit raak jou dalk net so baie soos wat dit teen my siel kom skaar het. Liefde en groete:

 

Sonnet Sestet