EKKE DIE GREMLIN

Sat 7 Nov 2009, 20:12        (1) 0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

Vandag was een van daardie dae… my niks-doen-lui-wees-laag-lê dae.  Die een dag  ’n maand wat ek my in my gremlin status verlustig.  Ek begin my oggend laat, want ek slaap laat.  As die son my uiteindelik uit die bed gejaag kry, maak ek ‘n lekker beker koffie, dan kry my hare ‘n “conditioning mask”, my gesig ‘n “moisturising mask”,  gee ek myself ’n manicure, ‘n pedicure en vermy ek nie net mense nie, maar ook enige iets wat soos ’n spieël mag lyk.  Want vir ’n paar uur, op die gekose niks-doen-lui-wees-laag-lê dag, lyk ek sleg! En ek geniet elke oomblik daarvan.

 

So multi-task ek weereens vanoggend.  Ek het nuutgevonde energie iewers vandaan gekry.  Seker gisteraand se life consert :-)  Elk geval, met my hare vol conditioner, met knippe in die lig staangemaak, wit masker op die gesig, in my PJ’s geklee, pak ek kombuiskaste uit, was alles wat stowwerig is terwyl die wasmasjien sy ding doen.  Wasmasjien skree, wasgoed moet draad toe.  Nou kyk, ek bly in ’n meenthuis kompleks, baie klein, geen privaatheid, bure weerskante van my, bure bokant my.  Om een of ander onverklaarbare rede, het my "regterhand" gedink sy doen goed as sy die week my wasgoedpenne in die garage bêre.  Daar is geen genade nie - ek moet uit om dit te gaan haal.  Sluip-sluip by die voordeur uit, tien tree tot by garage, slaak ’n sug van verligting, niemand is buite.  Kry die penne, uit by die deur, en met die omdraaislag vries ek soos Walt Disney se Pluto in my spore.  Daar staan die hele kompleks, elke moontlike inwoner, op die trappe vergader.  Ek wou nog afsak om te leopard crawl toe een afkyk en vra : “more Sandi, hoe gaan dit?”  Aarde sluk my in!!!

 

Die wit masker word rooi, my PJ’s voel soos lood aan my lyf, my hare rys soos ystervarkpenne… Toe smile ek maar soos Joker, kyk op en sê :”beter as gister dankie”.  Nou as ek vandag soos ’n gremlin gelyk het, weet ek nie hoe dink hulle het ek gister, op 'n slegter dag, gelyk nie :-)

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

Sandi

is H A P P Y

Geslag: Female Send Message Stuur Boodskap
Stad: Pretoria Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: South Africa Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 9120
Kommentaar: 1266
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 8 intekenaar(s)

Kentekens

Onlangs Opgedateer

Pronk Palomino Veselglas &... Voz Sola rosiemetdorings roosdoring
Safe_Travel... Charlene eerlikwaar! net myself DinkWeer Dinkweer

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec