die jaar het my fiks gemaak

November 19, 2012 in Uncategorized

Gister het ons saam met kollegas van Doring so bietjie uitgery na die meer heuwelagtige gebiede van België en daar so kort wandelroete gevolg.  Aanvanklik het daar so effense misreëntjie geval wat later opgeklaar het.  Van die son was daar egter geen teken nie.

koppe word bymekaar gesit om die roete te bepla

Andenne, die dorpie waaruit ons wegtrek is alreeds pragtig.

lieflike ou huise

statige gebo

toe vir die wandeling deur die bosse.

paadjie met tye lekker modderrig onder die blare

later het ons  ‘n laning bereik wat weer teruggelei het na die dorp.

die groep…..

…..en ek bly alweer agter

by hierdie waters is voorwaar rus

Vir ons was dit net ‘n lekker stappie. Van die ander mense het nie so gedink nie.  E-pos wat ek ontvang het van een van die medestappers

Hallo,
Mooie foto’s!  Heel hard bedankt, het was een mooie, maar vermoeiende dag.
We hebben lekker geslapen.
 
Groetjes,
 
Jeanine

 

17 antwoorde op die jaar het my fiks gemaak

  1. Besonderse fotos. Dankie vir die deel. Jy gaan seker herfs in Europa mis as jy eers weer by die huis is.
    Hoe lyk die weervoorspelling vir sneeu aan jou kant van die kanaal? Hier word sneeu by in ons gebied verwag so oor ‘n week 🙂
    Hopelik is daar ‘n wit kersfees vir ons beide.

  2. tina10 het gesê op November 20, 2012

    Lyk lekker. Ek sal ook binnekort moet begin stap. Hoe kry jy die byskrifte by die mooi foto’s?

    • @tina10 Ek is nog altyd ‘n energieke stapper maar in die Kaap is ons woonbuurt sommer lekker heuwelagtig, wat my lui gemaak het.
      Ek sit die byskrifte by nadat ek die foto opgelaai het en net voordat ek dit bywerk in die post

  3. Wanneer kom julle terug, Rosie?
    Lieflike foto’s!

  4. Dankie dat ons kon saamstap !!!!

  5. adage het gesê op November 20, 2012

    My herinneringe aan Belgie is groen, watter wonderlike manier om fiks te word. Hier is dit nou so warm dat die kraaie gaap, ek sal dit nie sommer waag op ‘n stapekspedisie op die oomblik nie

  6. Ek slaan net my hande saam, sou dit so geniet om saam te stap!

  7. Marion het gesê op November 20, 2012

    Grappig hoe de fotograaf altijd achter blijft en zich dan moet haasten om weer bij de groep te komen. Mooie foto’s, Rosa, ook al scheen de zon niet. En wat een prachtig dorpje daar in België.

  8. Lieflike foto’s! Dis vandag amper 37 grade in Vereeniging. Ek verlang na herfstemperature

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.