Die dag toe ek nie vir Mandela ontmoet het nie.

Julie 23, 2012 in Sonder kategorie

Almal deel hul vertellings van die dag toe hulle oud-Pres. Nelson Mandela ontmoet het. Saam met ‘n foto nogals.

Ek het hom nie ontmoet nie,maar vir my was dit ewe life chaging. Op 12 jaar oud.

Wel so is Mandela nou al amper vier jaar lank uit die tronk uit. Antie Mirriam, wat bompies (ysies) en masala verkoop, se stories oor die anti-Chris uit die see het opgedroog. Die groot opgewondenheid en ewe groot vrees in Roodepan het tot bedaring gekom en stadig maar seker het ouma Ferris begin vrede maak dat elke tweede man van donker gelaat, nie haar huis wil kom vat nie.

Toe kom daar ‘n nuwe storie al met die Roodepan-telegram langs.

Mandela staan vir president.

Daar was plakkate – ‘Houses and Jobs for all’

Daar was vergaderings – ‘Mense, onse tyd om te regeer het aangebreek’.

En nog meer stories – ‘Hulle gaan nou onse huise kom vat,”

Dit was in die tyd dat Mister Rosen se huiswinkeltjie oopgemaak het. Mister Rosen was in Tony Leon se party en mister Rosen het dit op homself geneem om die boodskap van verdoemenis te versprei. Nogal subtiel op sulke pampiertjies wat hy sy winkel se specials geadverteer het.

Rosen specials

DP for change Meety hamper R20

Chicken livers, Chicken chunks, 1 paket meety bones, 1 paket mins

DP Times hamper R15

1xbaked beans

1xpeas

1xblikkie fish

1xblikkie mix veg

Fresh frute en vegies by Rosen (me) for cheap.

Stock now for dark days

 En eendag kom die nuus. Mandela kom Roodepan toe.

Saterdag by die Roodepan Sekondêre skool (geel gyms soos dit in die Roodepan-mond bekend staan)

Ek het my ma gevra of ek maar ook kan gaan kyk, want ek wil graag die man sien wat die nuus elke aand oorheers.

“Nee. Ek soek jou nie daar naby nie,” het my ma met groot oë gesê.

“Dit is nie ons besigheid nie en nog minder kinders s’n.”

My 12-jarige brein kon dit nie begryp nie. Sy laat my dan elke aand voor die tv sit om die politieke gebeure op die nuus te kyk, “… want dis geskiedenis die.”

Wel, as iets nie my besigheid is nie, MAAK ek dit eenvoudig my besigheid.

Die spesifieke dag van Mandela se besoek, reken ek: As hy Geel gyms toe gaan, moet hy verby ons straat ry. Sy roete was reeds voor mister Rosen se huiswinkel verby.

Ek gaan op die hoek staan en vir hom kyk as hy verby kom.

Ek het my suster – toe maar net vier jaar oud – die dood voor die oë gesweer dat sy nie my ma moet vertel nie,want sien op daai stadium moes my suster mos oral saam trens.

Ons het reeds vroegmiddag op die straathoek gaan wag, maar toe sê iemand hy kom eers 16:00. Toe het ons maar in die vyeboom agter ons huis gaan wag – netnou kom hy vroeg verby.

So kort voor 16:00 is ons terug straathoek toe. Steeds niks.

En nes ons wil omdraai, kom daar mense in die straat afgehol oppad na die skool waar die byeenkoms plaasvind. Hulle skree en sing en dans. Daar was ‘n kar tussen die skare mense. EK kon net ‘n grys kolletjie van die kar uitmaak.

“Nya is dit hy?” wou my suster weet.

Ek was onseker.

Ons is terug na ons vyeboom waar ons Mandela (of so dink ons) se stem ver oor luidsprekers effens kon hoor.

Sondag in die kerk kom die afkondiging. Miesies Hopley is dood. Sy is mister Rosen se buurvrou en toe Mandela se mense in die straat afkom met die lawaai het sy ‘n hartaanval gehad.

Intussen het Mandela se naam verander. Hy’s nou Madiba.

Daar’s stories. Al met die Roodepan-telegram langs

Daar’s plakkate wat steeds huise en werk beloof.

En mister Rosen se specials adverteer nou ook ANC

 

13 antwoorde op Die dag toe ek nie vir Mandela ontmoet het nie.

  1. Ek het hom toe gesien, en sy hand vasgehou en langs hom gesit, en ek was in vervoering. Raai wie praat!

  2. lora2me het gesê op Julie 23, 2012

    Jy was daaar – dit tel mos ook.

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 23, 2012

    🙂

  4. TS het gesê op Julie 23, 2012

    Jy het meer as baie mense gesien

  5. Carol460 het gesê op Julie 23, 2012

    Hy is ‘n besondere mens. Dis jammer hy is nie twintig jaar jonger nie. 🙂

  6. Mandela se hele lewe moet in geheel beskou word en dis iets wat meeste mense nie doen nie. Ek sien geen rede om enigsins hom as held te sien nie, geoordeel is so ‘n lig nie.

  7. Jy skryf baie goed.Onthou net Mandela het in die tronk gesit omdat hy ‘n volskaalse rewolusie beplan het waarin haarfyn uitgewerk is hoe duisende burgerlikes vermoor sou word.Ek weet,want my ma was dosent by ‘n swart onderwyskollege en hulle was bestem om keelaf gesny te word,wanneer hulle by die skool opdaag.Gelukkig het een van haar lojale studente hulle gewaarsku.Ek bewonder ook vir Mandela,maar word kwaad as net een kant van die geskiedenis weergegee word.

  8. avega het gesê op Julie 23, 2012

    Ek het op Madiba dag vir 67 minute lank gesukkel om die foto waar ek hom ontmoet het af te laai sodat ek ‘n blog daaroor kon skryf, toe gooi ek maar handdoek in.

  9. bla bla bla…jy droom seker steeds van Verwoerd…lekka wag..

  10. kop se kak…as ek madela was sou daar baie koppe wel gewaai het…wit koppe…

  11. Gaan lees weer jou geskiedenis Fransie..Daar is goeie leesstof oor die Rivonia-verhoor en waaroor dit gegaan het.
    Terloops,jy kan nie eers Mandela se naam spel nie!

  12. loudavisi het gesê op Julie 27, 2012

    Ek sien nou eers jou pos, Rytjie – Altyd ‘n paar myl agter (mos)

    Puik skrywe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.