“Bloemfontein se ordentlike kleurlinge…”

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

Ek het lanklaas geskryf. Of laat ek eerder sê ek het lanklaas HIER geskryf.

Maar vandag MOET ek. Ek het hulp en lyding (nee die leiding nie) in my nuwe beproewing nodig.

EK het nie te lank terug die wilde wakker Johannesburg verruil vir Bloemfontein.

Ja. Ek het.

Na al die vorige ervarings van vasgemesselde kleurgrense het ek tog besluit om te kom kyk hoe werk die smeltpot van transformasie (soos wat Bloem deesdae gedoop word) nou weer.

Enkele insidente het die laaste ses maande afgespeel. Niks noemenswaardig nie. Net goed soos ‘n eiendomsagentskap wat vir my hoogswanger vriendin en haar man sê: “Jammer, ons kan nie die woonstel aan kleurlinge verhuur nie.” Dit na hulle hul deposito en ‘n maand vooruit betaal het en al hul sake onder hul Afrikaanse van telefonies afgehandel het.

O ja dan was daar ook die keer toe jong mans in ‘n kar langs my en ‘n vriendin stop een aand, die ruit afdraai en duidelik wil flirt. Toe hulle so mooi kyk, sê die een: “ag toemaar. Dis k@***rs.”

Ek het maar aanvaar hulle praat nie van my nie, al was daar geen ander siel by die verkeerslig nie. Want sien, ‘n mens word slegs beledig as jy die belediging jou eie maak.

So sit ek en twee vriende Saterdagaand in ‘n kuierplek wat ‘n lekker mix van Afrikaans, Euro en Kwaito musiek speel. Ons het net ons eerste ronde drankies bestel toe ‘n 40 going 60 reguit na ons aangestap kom.

Sy lyk soos die rukkie-geskei-busy-reclaiming-my-life-vrou met gebleikte tande en ‘n oranje Karibiese-gloed wat gewoonlik uit ‘n blikkie kom.

 

“Haai, julle kom van Heidedal nê,”  (Heidedal is die gebied Bloemfontein waar 90% van die bruinmense hier gegroepeer is.)

 

Ek draai onmiddelik om, want ek vererg my vir die vrou toe net daar.

 

Maatjie langs my stamp my knie, wat ek toe ek weet beteken hy het ‘n plan. Speel maar saam en kyk waar eindig dit.

 

“Nee, ons is nie van hier rond,” antwoord hy en sonder om op hom te laat wag gee hy so ‘n kort verklaring dat ons ook nie van die Kaap of Johannesburg is nie.

 

“O” sê die vrou. Met die roep sy haar vriendin.

 

“Liefie, kyk. Die is nou Bloem se ordentlike kleurlinge”, seg sy en besluit om my wang te vryf.

 

My burger-aandete stoot onmiddellik op.

 

Die maatjie (MannetjieWoef is ‘n bevoeglike naamwoord wat ek aan kan dink vir haar) kom nader.

 

“Haai, kyk hoe ordentlik is hulle.”

 

Die desperate housewife: “Ons is tog so lief vir hulle, nê liefie.”

 

MannetjieWoef: ” Polokwane het bitter min kleurlinge ” (en sy hou haar vingers soos wanneer jy sou maak as jy se voilla!). “Ja bitter min, en ek is so lief vir julle”.

 

My vriend het my lankal in die steek gelaat en net daar sy geselskap na ons vriendin (wat op die verste hoek sit) gevestig. Dus is dit net ek.

 

Ek moes my whisky down (om my burger binne te hou).

 

Desperate Housewife het nog met haar perfek gemanikuurde naels ‘n paar sekondes lank op my wang gevryf.

 

Ek wou daai kloue van haar arms afskeur.

10 antwoorde op “Bloemfontein se ordentlike kleurlinge…”

  1. TS het gesê op Julie 2, 2012

    Ongelooflik…
    Polokwane het ‘n stewige kleurlinggemeenskap.

  2. pasella het gesê op Julie 2, 2012

    Slegte ervaring.

  3. Eendag sal die vooroordele verdomp hier vernietig word !

  4. Perdebytjie het gesê op Julie 2, 2012

    Wat ‘n simpel kommin vrou!Sy klink vir my gronddom!

  5. HeavyHenry het gesê op Julie 2, 2012

    My Fok!

  6. Partymense is net eenvoudig eenvoudig

  7. postatdo het gesê op Julie 2, 2012

    White trailer trash

  8. shlwanjan het gesê op Julie 2, 2012

    Daai was beslis nie Bloemfontein/Polokwane/Gatsonderwater se ordentlike whiteys nie. Vryf nogal jou wang! Ek is jammer jou pad moes met hulle s’n kruis. Dis nie snaaks nie.

  9. Carol460 het gesê op Julie 3, 2012

    Kan jy dit oorvertel ! Hulle is duidelik niks gewoond nie! Jy moet maar terugkom Gauteng toe! XX

  10. Unbelievable.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.