Ballade van ‘n gangster

April 3, 2010 in Sonder kategorie

Mary is pregnant

 

Jy moet worry.

Jy’s met’ ie lyf.

Wanne’ ga’t jy jou ma sê?

En jy, wie’sie kind se pa?

Ek hoop ma for your sake

dissie ’n jongetjie nie.

Jy weet wat word van hulle.

Jesaja 9:5 (Mary se smart)

 

Uit my is ’n kind gebore

Vir my is die kind gegee.

Wat sal sy naam wees?

Saint, King, Master?

En hy sal rule

innie ghetto’s se strate.

Elke sale byrie hoek

is nog ‘n spyker in sy kis.

Judas Iskariot

 

Een van julle n@@iers onder ons

Sal my nog double cross.

Sal so ewe met my operate.

Nog uit dieselle bottel suip.

Net so, draai jy vir die Gattas¹ uit.

Staan nou op, jou meid.

Territorial Supper – die laaste keer

Die is my getjapte body,

geskiet en gesteek vol gate.

Dit was my bloed,

wat geloop het in die strate.

Ma’ vreet en wees vrolik,

want ek provide vir julle.

Eli, Eli, lemá sabagtani – In Memoriam

My got, my God

waar was jy?

Toe daai anne’ merchant se atjoesters²

die Gattas na my jaart toe bring.

Hulle het my hoeka gejaloers.

Oorlat ekke groter territory het.

Oorlat ekke die King is.

Oorlat my disciples beter besigheid doen.

Maar my manskap gaan aan met my werk,

want hulle weet ek kom t’rug.

¹ Polisie

² Makkers, bendelende

4 antwoorde op Ballade van ‘n gangster

  1. loudavisi het gesê op April 3, 2010

    Sjoe, Rykie!

    Kom die woorde uit jou eie kop uit?

  2. hahaha. Die Bybel het bietjie gehelp

  3. katrina het gesê op April 3, 2010

    Aangrypend!

  4. HeavyHenry het gesê op April 3, 2010

    Dis nou Nice!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.