Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Ballade van ‘n gangster

April 3, 2010 in Sonder kategorie

Mary is pregnant

Jy moet worry.

Jy’s met’ ie lyf.

Wanne’ ga’t jy jou ma sê?

En jy, wie’sie kind se pa?

Ek hoop ma for your sake

dissie ’n jongetjie nie.

Jy weet wat word van hulle.

Jesaja 9:5 (Mary se smart)

Uit my is ’n kind gebore

Vir my is die kind gegee.

Wat sal sy naam wees?

Saint, King, Master?

En hy sal rule

innie ghetto’s se strate.

Elke sale byrie hoek

is nog ‘n spyker in sy kis.

Judas Iskariot

Een van julle n@@iers onder ons

Sal my nog double cross.

Sal so ewe met my operate.

Nog uit dieselle bottel suip.

Net so, draai jy vir die Gattas¹ uit.

Staan nou op, jou meid.

Territorial Supper – die laaste keer

Die is my getjapte body,

geskiet en gesteek vol gate.

Dit was my bloed,

wat geloop het in die strate.

Ma’ vreet en wees vrolik,

want ek provide vir julle.

Eli, Eli, lemá sabagtani – In Memoriam

My got, my God

waar was jy?

Toe daai anne’ merchant se atjoesters²

die Gattas na my jaart toe bring.

Hulle het my hoeka gejaloers.

Oorlat ekke groter territory het.

Oorlat ekke die King is.

Oorlat my disciples beter besigheid doen.

Maar my manskap gaan aan met my werk,

want hulle weet ek kom t’rug.

¹ Polisie

² Makkers, bendelende

Vyf brode en ‘n blik vis – Die verhaal van ‘n straatkind

April 2, 2010 in Sonder kategorie

“Hulle sê die Jirre was vandag opgehang. Mos daar op die kruis. Nou wat ek nie verstaan nie, is hoekom het hy dan nie homself losgemaak nie. Hulle sê dan die Jirre kan alles doen.”

“Dissie die Jirre nie. Dit was Djesis. Die Jirre se bambino.”

Die twee seuns sit reg langs Shoprite se hek waar die aflaaitrokke altyd staan.  As die dorp so stil is soos vandag, is daar altyd ‘n kans dat daar iets van die trokke afval of breek. Dan moet jy jou gryp ken.

Vir ‘n Vrydag is die middestad besonder stil. Dit is nou juis hieroor wat die twee sit en bespiegel.

“Nou wat dan van Josef? My ma sê my pa se naam was ook Josef, maar hy het gaan seep koop,”  sê-vra die een met ‘n langbroek wat eens rooi was. Dit is nou ‘n harde bruin en het ook al meer gate as lap.

“Josef was nie vererig Djesis se pa nie. Hulle moet ma net so gesê’ it want ‘n kind moet ‘n pa het. Maar dit was die Jirre wat vir Djesis in Maria gesit’ it,” vertel die een in die denim broek en onpaar tekkies.

“Kyk, soos my ma sê die tokolos het my in haar maag gesit. Toe djaag my pa ons weg van sy shantie af. Toe gaan bly ons by ‘n anner man,maar hy het my mos altyd geslaan, en toe loop ek weg.”

‘n Kar met kerkmense stop by die verkeerslig op die die hoek en die twee spring op. Kerkmense is nog vol van die gees. Hulle gee altyd.

‘n Sekonde lank is daar oogkontak en ‘n vuil hand wat wuif, maar die man agter die stuurwiel draai die venster op. Die vrou langs hom lyk of sy gehuil het. Agter sit ‘n meisiekind met ‘n pop. Haar ma se handsak is langs haar en die venster is oop.

As hy mooi time kan hy die handsak gryp as die robot net oopmaak.

Dan lag die meisiekind met hom en die kar trek weg.

” Jy check daai keer toe ek by Tannie Rebecca se kinderhuis gebly het?”

Die rooibroek knik en die twee kry weer hul sit by die hek. Al is Shoprite oop, is daar is nie ‘n trok in sig nie. Net die reuk van hot cross buns hang dik in die lug.

 “Nou daai tyd toe kom daar so ‘n pastoor. Toe vertel hy vir ons van hoelat Djesis moet gebandiet het. Mos vir die dat hulle hom opgehang het. Hulle het hom eers moeg gemaak, toe gee hulle hom nog asyn ok nog om te drink.”

Die tokolos-kind spoeg in straal deur die lug.

Die dag gaan stadig as die verkeer so stil is. Dit is amper een uur toe die twee net genoeg het vir ‘n klein blik vis.

Hulle wag tot net amper amper een uur  wanneer Shoprite toe maak voor hulle ingaan, want die mense kyk hulle altyd snaaks aan.

By die till kom vra ‘n man of hulle vriende het vir wie hulle die onverkoopte hot cross buns kan gee.

Want daar het meer as twaalfdosyn oorgebly.

15 Dinge van myself

April 1, 2010 in Sonder kategorie

Die volgende is maar net 15 goeters van myself. Nie omdat ek verwaand is nie, maar net omdat ek nie lus het vir werk nie.
1. Ek verwar baie keer ‘n eenvoudige fisiese behoefte met honger. As ek wil pie, eindig ek voor die yskas op. As ek vaak is, klim ek in die bed met kos.
2. Baie keer wonder ek of my ma nie dalk in die hospitaal omgeruil is nie
en of my suster nie dalk regtig daai bedelaar antie in Kimberley se biologiese kind is – soos ons ma beweer.
3. Ek gaan kerk toe omtrent elke Sondag. Nie uit sosiale verpligting nie, maar omdat ek wil en omdat my ma my betyds wakker bel.
4. Breyani is nie my trade-mark nie.
5.Triomf (van Marlene van Niekerk) is my bybel. My bybel is ‘n naslaangids as ek wil lag oor die Isrealiete, die Leviete en
Hemoniete en die Stalagmiete en die Susanna se tiete. In Triomf dink ek Treppie vir president en in die Bybel dink ek daai ou wat die draak met die sewe koppe gesien het, moet ophou Tik.
6. Ek dink my suster is die beste. Sy speel die mooiste musiek op haar trompet. En om te dink daai goue vuvuzela het net drie kleppe. Amazing.
7. So van my suster gepraat, sy het varkgriep gekry. EK het gewens ek kan dit ook kry dat my ma kan sien dit is nie so erg nie – toe sien ek ek is in die gevaargroep (asma en pregnant en nog klomp ander goed)
8. Ek is bitter bang vir 30 word. As ek dink aan hoe ek as tiener almal bo 30 as antiek beskou het …
9. Soms is ek lekker selfsugtig. Dit het in std. 3 begin toe Wielie Walie ‘n  storie kompetisie gehad het. Ek het by die skool in pouse gesit en ‘n prentjie teken oor die storie wat die vorige dag gelees was. Toe wil my maatjie ook inskryf en sy kyk nie eers Wielie Walie nie. Ek het aangebied om haar briefie ook sommer met myne te pos. Ek het nooit. ‘n Maand later wen ek ‘n boekprys van Wielie Walie en praat mondeling oor blyste dag in my lewe.
10. Ek raak nie graag kwaad nie maar as ek kwaad word, neem  ek wraak.  Ek het op creche eendag met ‘n maatjie stry gekry. Met slaaptyd, het die pppas-anties gemaak dat ons langs mekaar slaap op die matrassies. Toe spoek ek in haar oor.
11. My beste eienskap is my geduld.
12. My slegste eienskap is my geduld.
13. Ek het altyd gesê hoe dat ek in my lewe nooit weer pickled fish gaan eet as ek eers uit die huis uit is nie. Vir twee jaar het ek nie – een jaar was ek in Maleisië oor die paastyd en die jaar daarna het ek ‘n operasie gehad en kon net net sop deur ‘n straw drink. Vanjaar het ek dit sowaar self gemaak. En ek gaan dit weer volgende jaar doen.
14. Ek hoop ek en my girlfriend trou die jaar. Maar ek hoop vir baie goed ook. (Soos ‘n nuwe kar, ‘n trippie Dusseldorf toe, ‘n nuwe hairstyle vir my ma)
15. EK het eenkeer in ‘n knaende televerkoper se oor gepoep.  Sy wou nie aanvaar ek soek nie haar polis nie. En hoe meer ek sê ek het ‘n lewensversekering hoe meer wil sy my verstaan maak ek het nog een nodig. Toe is dit nou net dat daar ‘n wind druk en ek hou toe die foon by my hol en laat daai wind maar praat.