Jy blaai in die argief vir 2010 Maart.

Vigs is nie net getalle nie.

Maart 24, 2010 in Sonder kategorie

Hulle het vir oom Os verlede Saterdag begrawe.

Ant Makuku, oom Os se eerste vrou is vyf jaar gelede dood aan servikale kanker.(Regtig)

Twee jaar later toe trou oom Os weer, met ant Mieta.

Saterdag by die begrafnis het ant Mieta verskoning gaan vra by oom Os se drie dogters, want sy het hom siek gemaak.

 Sy het toe daar by die begrafplaas, terwyl die gat toegegooi word erken sy het rondgeloop en met die Groot Siek huis toe gekom en vir oom Os ook siek gemaak en sal drie dogters asseblief hulle tweejarige suster, wat sy by oom Os het, groot maak as sy ook haar oë toemaak?

Ja. Die kind is met die Siek gebore.

Verlede jaar, Januarie, is ant Sak-Sak dood.

Almal by die begrafnis het Rooi strikkies gedra.

Vier maande later het Sheilatjie, ant Sak-Sak se kind, muur toe gedraai. Sy het nog die middag net weer omgedraai om SewendeLaan te kan kyk, en weer muur toe gekyk toe dit klaar is.

Ma-Leens het die dag na Sheilatjie se dood haar bed kom uitbrand, want niemand kan weer op ‘n bed van die Groot Siek slaap nie.

Sheilatjie se 12jarige seun is nou heeltemal wees en haar 6jarige dogtertjie se pa het ook nie meer lank oor nie.

Twee weke na Sheilatjie se gegrafnis het hulle vir ant Dora ingespit.

Die grootmense sê Sheilatjie het haar kom haal.

Die oumense sê weer sy het geweet haar tyd is naby, want die aand van Sheilatjie se biduur het sy twee pakke suiker gesteel uit Sheilatjie se huis.

Thula is ook in die tyd dood. Die mense in die lokasie sê hy is getoor omdat hy so aantreklik is. Ek sien nou die dag sy vrou is brandmaer en haar bene vol sere en haar en Thula se 6jarige kind kan ook nie eers meer skool gaan nie; so siek is sy heeltyd.

Gister hoor ek Nanie het ook die Groot Siek. Haar CD4-telling is maar 28.

Sy is nou op die waglys vir anti-retrovirals, want die kliniek se voorraad kom nie meer so gereeld nie en as dit die dag kom moet hulle prioritiseer.

Die roti-toets

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Toe antie Biebie en Oom Johan se kar so by die jaart inry daar in Roodepan, was my ma besig om roti’s te rol.

Sien antie Biebie, my ma se suster, se nuwe boyfriend was oom Johan. En vir antie Biebie om in die begin 90’s met ‘n oom Johan uit te gaan, was ‘n skreiende skande vir my ouma. Want sy glo toe nog soort hoort by soort.

Ek kon nie lekker verstaan van die soorte nie, maar my ma het die hele huis op hul koms voorberei, want oom Johan moet nie dink ons is loafers nie. En sy het besluit op roti’s vir aandete, want oom Johan moet weet die mense eet regte kos.

En dit was ons eerste ontmoeting.

Eintlik was roti’s niks spesiaals nie. Ons het dit elke tweede dag geëet. Ek dink met die roti’s wou my ma vir oom Johan intimideer, want hoe sou hy weet hoe eet mens dit en miskien hou dit verband met haar Apartheidswonde.

Vir my was die ‘oom’ ding meer van ‘n issue, want al die mans was nog altyd ‘uncle’.

Ek was net besig om die roti uit die pan te haal toe my niggietjie en nefie ingehol kom en oom Johan se Ventersdorp-aksent deur die huis bulder.

(Ek blameer maar sy aksent aan sy geboortedorp, want dit sal beledigend teenoor hom wees om hom ‘n Afrikaner te noem)

Die roti het uit my hand geval en my ma het die deeg waarmee sy besig was al dunner gerol.

Dit is die eerste keer dat ‘n wit man in ons kombuis staan.

Toe verstaan ek hoekom hy Oom Johan is.

Met die roti’s toe klaar en die tafel gedek – net ‘n mes en vurk by oom Johan se plek, want witmense ken seker nie van roti’s eet nie – gaan sit ons aan.

Oom Johan se mes en vurk was onaangeraak. Soos die res van ons het hy die dis met die hand in opregte maleierstyle geëet.

Dit was daar dat Uncle Johan die inisiasietoets geslaag het.

…, maar die grootste hiervan is die liefde.

Maart 19, 2010 in Sonder kategorie

“Het jy my lief” vra jy in die nanagsdonker saggies.

Ek het nie jou woorde gehoor nie, maar meer teen my rug gevoel waar ons naakte liggame vir oulaas mekaar wou inneem.

Het jy dit gevra of was dit iets wat ek in die donker wou hoor?

Ek was te bang om te antwoord. Te bang my stem verraai die diep hartseer en teleurstelling wat die hele dag al dreig om uit te kom.

Jy wou weet of ek vir jou kwaad is, maar ek verstaan jou optrede al te goed.

Ek was ook eens die ‘suspicious partner’ en dit is juis hoekom ek haar verloor het.

“I can’t trust you anymore,” was jou woorde nog aan my.

En ek, dronk van narkose van enkele ure gelede, kon net stil begin huil toe ek besef wat aangaan.

Dit was eers toe my verstand weer helder dink, dat die seer my tref.

Vertroue was ons anker. Die liefde was ‘n bysaak.

Nou is dit net die liefde wat my na jou laat draai en jou geur in adem.

Is dit wat ‘onvoorwaardelik liefhê’ beteken?

“Ja” antwoord ek.

Saggies. Want ek wil jou nie wakker maak nie.

Ryk mense se taal

Maart 16, 2010 in Sonder kategorie

“Ha a man. Vir wat sal jy jou nou so beter hou met jou engelspratery. Jy’t hoeka nie geken wat is brood in engels nie.”

Ek loop toe nou die dag ‘n ou Kimbeley kerk kennis raak. Sy was een van daai wat trane in die ou tannies en ooms se oë los gesing het, maar nie ‘n woord kon lees nie.

Ons kerkorkes spelers was nogal lekker jaloers op haar, want sy het ons gereeld doodgesing as ons haar begelei in die een of ander aria by ‘n troue.

En toe ons almal haar op haar in std. 8 verbysteek het sy maar ook so in ons agterkoppe gebly as die een ‘wat so mooi sing’.

Siestog. Ek het haar vir haar uithouvermoë beny.

Twee keer die standerd gedruip en weer matriek. Maar daarna weet ek nie meer so lekker wat het verder gebeur nie. Maar gehoor die kerk betaal vir haar vir sang- en musiekstudies.

Maar nooit te veel aandag geskenk aan dit nie, want jaloesie is nie iets waaraan ek myself wil skuldig maak nie.

Ek staan met ‘n drankie in die hand in ‘n kuierplek in johannesburg.

Sy ook, maar haar drankie verskil aansienlik van myne. In kleur en prys.

Myne kom in so ‘n kort stompstert bottel en proe na vrot appels. Haar drankie is in ‘n driehoekige glasie en is pienk en ruik na rykmense.

“I know you from somewhere,” het sy haarself aan my voorgestel.

Ek het haar onmiddelik herken, maar nie die taal en aksent nie.

En sy gee my ‘n drukkie en babbel aaneen van haar operaloopbaan en en en. . . In Engels.

En hoe meer ek afrikaans antwoord, hoe minder verstaan die vrou my.

Ag nou ja. Miskien pas Afrikaans nie by pienk drankies in driehoekglase nie.

So ‘n ander man en kennis ook van Kimberley, wat nogal ‘n voormalige matriek afrikaans onnie by ‘n skool in Kimberley was.

Hy spesialiseer mos nou in arbeidsreg en verstaan glo ook nie meer engels nie.

Ek vertel die stuk vir ant Sheila en kyk, ant Sheila hou niks van valsgeit nie. En so moes ant Sheila nie nog hoor van sy Mercedes en sy 4 slaapkamer huis en dat hy sy eie besigheid het nie.

“Nee, Rytjie,” sê sy.

“Annerdag toe hy nog hier geteach het, toe kom eet hy pap aanbrandsels hier uit my potte op die stoep uit van honger. Vir wat sal hy nou nie kan afrikaans praat nie?”

Eierkerrie en frikkadelle- ‘n Resep

Maart 6, 2010 in Sonder kategorie

” ‘n Meisiekjend behoort in die kitchen as haar ma kook,” het my ma altyd geskel nog voor die kospotte die eerste ‘brr’ op die stoof maak.

Ek sou veel eerder vir Saartjie se drome wou klaarlees, maar my rol as sous chef was duidelik uitgestippel elke namiddag nes my huiswerk klaar is.

Vandag wonder ek waar ek my passie vir kosmaak vandaan kry.

“Wat eet ons vannaand?”

Dit was die vraag wat niemand in die huis durf vra nie, maar ons almal het. Net om my ma lekker opgeklits te kry.

Haar antwoord het gewissel van:

“Beespoes in asyn”  of “Slangballas en rape” en nog ander kombinasies wat ordentlike mense nie eers kan dink bestaan nie, nietemin eetbaar is.

“Hierie kjend. Sa’ djy my nou so staa’ t en aan kyk. Sit solank ‘n halfdosyn eiers op.”

Twee eiers vir my ma en pa en een vir my en my suster elk.

“Sit sommer drie aartappels en rys op. En djy sny nie die aartappels in agge nie. Kwarte kook vinniger”

My ma se eierkerrie was die beste. Daarmee saam het ons altyd frikkadelle ook geëet. Nou die dag sou my ma sê dit was maar die einde-van-die-maand-kos, want daar was nog net van Shoprite se afgemerkte eiers en ‘n handvol mince oor. Daai mince rek sy so ver met ou brood en pakkie sop.

“Ai jirre tog. Het ant Swarts nou weer die laaste krummel brood geëet,” laat moeder moedeloos teen die huishulp uit.

“Gaan vra vir antie Jos mammie vra twee snytjies ou brood. Wag vat sommer die drierand op die tafel en loop koop ywe by ant Bybie. En jy maak nie nog geselsies nie. Jou pa kom nou, dan wil hy eet.”

Kosmaak is altyd ‘n soort oorlogverklaring teen ‘n middelklaslewe. Of so het dit gevoel.

Met die minste bestandele moes daar altyd vir ‘n gesin van vier gesorg word. En nog vir ‘n honger straatkind én Deddie se werkkosblik die volgende dag.

Mince, een eier, vier snye brood, sop, fyn gekapte ywe en mint in die blou Tupperware bak. Terwyl my ma die mincemengsel in bolletjies rol skil ek die eiers. Die pienk lentils vir die kerrie is ook al gaar.

“Wat eet ons?”  vra Deddie toe hy by die huis in stap en die eierkerrie en frikkadelle ruik.

Happy Birthday Julius

Maart 5, 2010 in Sonder kategorie

“Ons gaan die huis verloor,” sê ‘n vriendin van my eergister op haar 29ste verjaardag.

Haar twee kleuters hardloop uitbundig in die woonstelsitkamertjie rond wat vir hulle die laaste 4 jaar ‘huis’ is.

My vriendin lyk asof sy skielik 20 jaar se mismoedigheid by haar 29 jaar oud moes byvoeg.

Haar man is een van die hordes wat weens die resessie sy werk verloor het. Hy is weer kort terug in ‘n werk ‘wat maar net genoeg vir water en ligte betaal.’

Sy het gelukkig haar werk behou, maar moes vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar haar ‘seëninge tel’ toe sy hoor sy gaan weer nie verhoging kry nie.

Met haar salaris probeer sy maar vervoer, kos en die kinderopasser betaal.

“Die kinders kry nou al ou klere van die familie en ek loop maar kaalvoet busstop toe. Netnou skeur die sloffies ook nog langs die pad.”

Haar oudste begin skielik te neul vir pappies.

Hul aandete is maar gebraaide rys met ‘n ui en ‘n bietjie chicken spice.

Daar is nie melk nie en die vierjarige moet maar Morvite met kookwater eet.

(Morvite is ‘n kitspap wat lyk asof dit fyngemaalde saagsels is.)

Die jongste drink flou tee uit haar bottel. Selfs sy sien nie kans vir haar ma se verjaardagmaal nie.

In Januarie het ek ook 29 geword. En al het ek nog ‘n bietjie Desemberbonus oor gehad,kon ek nie ‘n joligheid bekostig nie. Die orige bonusgeld moes ander gate toestop.

Met ‘n pot hoenderkerrie, malvapoeding en ‘n klein glasie St. Anna, kon ek en ‘n vriendin ten minste aan sit.

Dit is met groot hartseer dat ek die week ook Julius Malema, die president van die ANC jeugliga, se 29ste verjaardagvieringe op die TV dophou.

Met ‘n glas Franse sjampanje in die hand sê hy hy leef steeds in armoede.

By die stadion waar Julius sy verjaardag gevier het, het hy beslis in een van sy peperduur voertuie aangekom.

Dit is regtig iets om oor te wonder as ‘n 29-jarige man, wat uit ‘n arm agtergrond kom en beweer hy werk net vir die ANC jeug, twee huise van ‘n paar miljoen rand besit.

Ek dink nie hy het ryk geërf nie. Ek dink nie hy verdien ‘n inkomste van so ‘n aard dat hy die huise op ‘n wettige manier kon gekoop het nie – ag dalk is ek verkeerd.

Miskien is ek net suur oor my vriendin en haar man hul een slaapkamer woonstel einde van die maand kwyt is sou hulle nie R6 000 voor dan betaal nie.

EK sien Malema sê nou die dag die aantuigings oor sy weelderyke lewe is rassisties.

My vriendin maak vir ons tee sonder suiker, want daar is nog net ‘n bietjie suiker oor vir die kinders se Morvite die volgende oggend.

“Jammer dat ek by jou kla. Dit is net nes jy dink jy is op jou voete, gebeur daar iets,” sê sy terwyl haar jongste die leë tietiebottel teen die vloer kap.