Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Die strydbyl is dood – lank lewe die strydbyl

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Ant Sheila en Ant Lena het vir agt jaar nie met mekaar gepraat nie. Tot gister toe.

My ma bel my glad nog voor call more tyd om te sê hoe mooi ant Sheila tee in ant Lena se kombuis drink.

 “Ek wonder weet hulle nog waaroor die kwaai vrindskap gegaan het” vra moeder.

 Come to think of it. Ek was nog op universiteit toe die vete begin het.

 Maar dit is nou nie asof ek wil skinner nie, maar ek weet.

Ant Sheila en Ant Lena se mans is neefs. Maak dit van hulle ingetroude niggies of skoonniggies? Anyway. Daai’s beside the point.

Ant Sheila was toe pas geskei van oompie James en haar oujongnooi dogter, Davine, was toe nog in die huis. Die groot nuus was dat Davine ‘n kêrel gekry het wat daar aangeklop gekom het. Christopher.

Almal het hoop gehad vir die mannetjie wat ‘n security guard daar by Kimberley hospitaal was. Davine se oge het blinker geglinster as haar hare wat sy met hairfood beplak het om net mooi stil te kan lê.

Maar as Davine maar net self so stil soos haar gerelaxte hare kon lê. Want op 35 was die nog puur en onaangeraak. Nee, regtig. En na ‘n paar maande se hofmakery met Steers burgers wil Davine toe steeds wag vir haar huweliksaand.

Dit gebeur toe ook dat Davine in die tyd by die einste security company waar Chris werk, werk kry. In die call centre.

Nou as skoonniggies langs mekaar in ‘n skakelhuis bly, sal dit seker nie lank ‘n geheim bly nie as Chris op sy afdae kom bank sit.  Davine is in die werk.

Ant Sheila spring sommer ‘n een van Davine se nuwe skirts en haar oge begin weer blink.

Ant Sheila haal die kopdoek af en lê, soos haar hare, mooi stil.

Davine het niks van die gekuiery gedink nie. Net te bly Chris is bereid om tot hul huweliksnag te wag en boonop hou hy baie van haar ma.

Die koeël is vir haar deur die kerk.

Maar een middag kom Davine huis toe en kry vir Chris daar waar hy by die kombuistafel vetkoek eet.

” Jou ma maak die lekkerste vetkoek.”

Dit was die nou behoorlik om die vetkoek olie op ant Sheila se koolstoof uit te gooi.

Die arme Chis wis niet van die vetkoek onmin wat ook al jare tussen die skoonniggies en Davine aankom nie. Wie maak die beste vetkoek?

Nou dit is daar wat Davine haar dinges vir hom strip en die storie na ant Lena toe aandra en die vererg haar ook sommer vir die sleg vrou wat nie eers haar man kon in die huis hou nie en nou haar dogter se boyfriend met haar doodgooier vetkoek vergif. Nee, sy praat nie ‘n woord verder met so ‘n heiden nie. Davine en Chris se paadjies skei en sy trek uit haar ma se huis.

En dit alles  net oor Chris ant Sheila se vetkoek like.

Kroeskop Katryn

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Gisteraand soek ek na ‘n stuk ou sykous. Om my hare te swirl.

My ghd-elektriek hairstraightner het Saterdagaand gebreek en hoe op dees aarde het ek ooit sonder die een gemanage?

“Jy sal daai boskasie uitsort. Vannaand nog,” het my ma gesê toe sy my Saterdag vir die eerste keer in ‘n maand sien.

Dis lekker as my ma kom visit, maar die vinnigste hoe sy my space invade is as sy kommentaar oor my kroes hare gee.

Ek like die mooi straight hare wat ek soms met baie moeite regkry, maar ek koester nou ook nie illusies nie.

“Jou pa se droë draad.”

Kom ek begin liewer by die begin.

My ma het mooi gladde hare. Of styl hare soos hulle in haar Bonteheuwel-tuiste sou sê. En dit is nou toe sy my pa ontmoet en vir haar so blind in die liefde vas staar dat ek vandag sy droë draad het.

Ja, liefde is blind. Totdat die kinders met taaikoppe gebore word.

Gereeld hoor ek (en almal wat naby is) van hoe ek met die mooiste bos hare gebore is. En hoe almal in die hospitaal net die ‘swartkoppie’ wou optel en hulle vingers in haar hare druk. Van swartkoppie na swartskapie toe die Brylcreem en Amla olie en Kammilen nie meer die krulle straight kry nie. Sussie is gelukkiger. Sy het nie net ‘haar ma se regte hare nie,’ maar sy is gelukkig om nog donkerblond terug in die genes te slaan. Hoe ver weet ek nie.

Nou hou ek maar die weer dop. Sonskyndae is die hare so straight, die potlood val sommer uit. Onweersdae breek die potlood se punt en my naels en die kam se tande.

So sit ek maar SAterdagaand die en die pittekop van my straight kry sodat my ma tog kop omhoog more in die kerk langs haar dogter kan sit. Net so teen die laaste bossie hare gee die ghd die gees.

Gisteraand, na ‘n lang bad met baie stoom skiet hierdie hare toe nou terug na hul vaderland toe. Die dat ek ‘n swirlkous soek.

Hare mooi in seksies deel en om jou kop gekam, draai die kous om jou kop – pasop dat jou hare nie uitmekaar val nie.

Vanoggend het ek weer mens hare.

n Meneer se Meneer

Augustus 5, 2009 in Sonder kategorie

Hoe lekker is dit om te weet dit is nie net in Roodepan waar ‘n meneer se Meneer die meeste sê het nie.
Kyk, soos Antjie Krog iewers skryf’: ” Alles, sê ek jou, gaan oor die maintainance van piel…”

Maar wag, as die Platanna Peloton in opstand kom en nie meer vir Meneer wil salute nie, is daar groot kak in die land.




Ek lees vanoggend in Beeld van die drie Wausause vroue wat nou tronk toe gaan oor hulle ‘n man se oompie teen sy maag met superglue vasgeplak het.   Die eerste ding wat ek wonder is of dit oom met ‘n hoofletter O was. Want wat gebeur dan nou as hy terug moet krimp?


Nee, die vroue was duidelik keeltoevol dik (diktril soos my ma sou sê) vir die man. Een van hulle is nogal sy wettige miesies en twee ander is sy miestresse.



En boonop onthou ek nog daai Bobby-man wie se vrou sy Bobby heeltemal mos afgesny het. Laas wat ek in Huisgenoot gelees het van hom – ek was in std. 7 – was toe hy nou ‘n ontkleedanser geword het en geld uit sy aanmekaar genaaide Slurp maak.



 


Dis nou toe l’ at ek aan Bronkie dink. Oulike skrander Roodepan-kind. Sy pa het vreeslik rond gejol. Glad al twee kinders by ander vroue daar in Roodepan. Bronkie se ma het hom nog vergewe met die eerste buite-egtelike kind. Maar toe sy van die tweede een hoor, toe verbrand sy Bronkie se pa se ballas na pitte. Met warm suikerwater. Raad wat sy by so ‘n anner antie gehoor het.



Staan ewe mooi die oggend op om koffie te begin maak. Gooi die kookwater in ‘n jug met baie suiker in. Surprise toe daar vir Bronkie se pa, wat so rustig nog slaap, met warm suikerwater op sy annerdinges. Blykbaar het die warm suikerwater ‘n beter effek as gewone warm water.


 


-Nee, warm water maak net dalkies ‘n blaas. Warm suikerwater skeur jou vel as jy daaraan vryf. Of so hoor ek.-



Anyway. ‘n Paar maande later is Bronkie se pa in die hospitaal. En so onskuldig soos wat Bronkie is, vertel hy vir die hele straat se mense: “My deddie is in die hospitaal. Die dokter sê dit is stress, maar my mammie sê dis plein jagsgeit.”




Nou so kan ek ‘n hele paar Meneer-stories vertel wat ek nou al daar in die rooi Roodepan stof raakgeloop het.




Daar was die keer die man wat glo ‘n meisie verkrag het. Hy het net nie geweet die meisie is eintlik ‘n bloubloed Xhosa nie. Toe curse die meisie hom so erg , l’ at sy polonie groei en groei en groei. Ek hoor die ambulans moes hom daar kom haal het en teen die tyd wat hy by die hospitaal kom, het sy ding al oor drie beddens gelê. Die stertjie aan die storie was, “l’ at sy Ding so lank gegroei het, dit het hom verwurg.”




Daar was ook die oupa wie sy eie Grillie met ‘n weetiehoeveel pond hamer geslaan het nie. Dina, ‘n nurse by Kimberley hospitaal, het eendag met die storie daar aangekom. Die oupa was glo depressed oor die Grillie nie meer wil Gril nie. Shame.




Nou ek weetie waar Wausau (of Wisconsin) in die wêreld is nie, maar baie mense weet ook nie waar’s Roodepan nie.




PS: Dalk as Natasha Sutherland ‘n Roodepan-streep in haar gehad het, kon die Steve-ding lankal opgelos gewees het.