Profile photo of rjk

by

Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?

Mei 24, 2008 in Sonder kategorie

Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?

In die sewentig- en tagtiger jare was die fabel/verhaal van George Orwell wat reeds in 1945 geskryf is, beskou as ondermynende leesstof Ons moes dit maar so onder die kombers lees. Dit vertel die verhaal van die diereryk op die plaas Manor Farm wat besluit het om die eienaar, ene mnr Jones weg te jaag en die plaas self te bestuur en te bewerk. In die sewentiger jare het die fabel my tot ? mate insig gegee in die tydelike aard en valse waardes van die politiek en sosiale stand van ons tyd.

Baie tekens in die fabel was reeds meer as dertigjaar gelede geskryf en ek glo nie Goerge Orwell het Suid-Afrika in gedagte gehad toe hy die fabel geskryf het nie. Die bestuur van ons land en die gemeenskaps gedrag kon identifiseer word in die fabel. Die mag, korrupsie, manipulering, ondermyning, gulsigheid, ongerymdhede ens. Sonder om na die soorte diere wat beskryf word te verwys, (die wat die boek gelees het sal verstaan, want dit mag aanstoot gee in ons moderne era,) kon sekere tendense raakgesien word Die plaas se naam is verander van Manor Farm na Animal Farm, die naamsveranderinge wat daardie tyd en vandag klnk bekend nè.

Die oppergesag was gesetel in ? paar geleerde diere op die plaas terwyl die res hard moes werk en baie beïnvloedbaar was. Die groot held, Napoleon het die gawe van manipulasie gehad en van ? klein revolusie verrys tot ? magtige en gevreesde dier op die plaas wat later omring was deur ander diere om hom te beskerm. Die sewe gebooies was die beginsels wat almal nagestreef het soos o.a gebod nr. 7 “ All animals are equal”. Die woord “comrades” was ook die nuwe aanspreek vorm wat eintlik maar net beteken dat hulle ‘n gesamentlike doel gehad het. Die diereryk was gelukkig en in die begin redelik suksesvol. ‘n Paar komitees is gestig soos die “Wild Comrades’ Re-education Committee, The Whiter Wool Movement wat moes sorg vir die opbou van die diereryk op alle gebiede. Maar, die geleerde diere en heersers het dit self teen die einde verwoes toe alles deur die ander diere gesien is en ek neem aan die fabel is dan herhaalbaar. ? Mooi begin, maar ? tragiese einde.

Dit klink ook bekend of hoe ? Die ou wette wat sedert die jare vyftig en vroeër deur die leiers van Suid-Afrika of te wel Animal Farm I (my eie naam vir die tydperk) gemaak is soos die Dompaswet, Die Inklokwet, Groepsgebiede Wet, die 1913 Gewysigde Grondbesit Wet, Die Werksafbakenings Wet ens. Die leiers was magtig en wie durf waag het om hulle te kritiseer is gou deur die Veiligheidsmagte as ongewensde elemente geïdentifiseer en jy moes ligloop of jy was in groot moeilikheid. Alles van die vorige twee tot drie dekades moes vervang word en selfs die Engelssprekendes het deurgeloop.

Alles was deur wette gereguleer of lees eerder “The Seven Commandments, (simbolies gestel), veral n.a.l.v. dit wat tydens die Waarheids En Versoenings Kommissie na vore gekom het soos o.a. die kerke, die onderwys, die gemeenskapslewe, sport, die sensuur raad. Eintlik alle asekte van ons almal se lewens in Suid-Afrika was geraak en beheer. Ons het dit net nooit besef nie of het maar geglo dit moet so wees. Die heersers van Animal Farm I het vir ons gedink en gedoen. Toe breek die einde van die fabel vir die apartheids regering aan ,die oormag van getalle en weerstand van die wêreld, het FW de Klerk laat besef, genoeg is genoeg. Dit was waagmoed.

Die era sedert 1994, die nuwe Animal Farm II (my eie naam vir die huidige bedeling) is gebore en mnr Jones (apartheid) is weer eens weggejaag. Ons gaan ons eie ding doen. Die ou apartheids wette is vervang deur nuwe wette en die nuwe “buzz word” is aan die orde van die dag – “charters” soos “The Education Charter, The Employment Equity Act, die nou uitgediende RDP inisiatiewe, GEAR, “The Agriculture Charter, ‘n nuwe Polisiemag ens, ens. Naamsveranderinge is ook aan die orde van die dag asook die herverdeling van alles wat bymekaar gemaak is, want dit was mos eintlik uitbuiting gemeet aan die nuwe era. Alles wat identifiseer kan word met die verlede moet vervang word. Dink net aan die naamsveranderinge, nie net van strate, dorpe en woonbuurtes nie, ook maatskappye se name vernader. Die ou Volkskas is nou ABSA/Barclays, embleme verander om nie aanstoot te gee nie en so is daar talle voorbeelde. Ek impliseer nie dat dit verkeerd is nie, maar vergelyk dit met die fabel.

Die huidige leiers is reeds magtig en word deur baie gevrees. Maar daar is tog ? verskil en dit is die wysiging van “Gebod nr. 7 – ALL ANIMALS ARE EQUAL BUT SOME ANIMALS ARE MORE EQUAL THAN OTHERS”. Sekere mense is meer aanvaarbaar of is meer onderdruk as ander. Korrupsie vier hoogty, bedrog is aanvaarbaar al dien jy tronkstraf uit. Dit is nou as’t ware ? ereplek om in te wees. Daar is weer eens kommissies wat alles wat loop, leef of beweeg, ondersoek en die nuwe “buis word” is STRATEGIES MUST BE IN PLACE.” Daar is soveel strategieë dat ons nie meer weet of dit ? nuwe strategie is, of ? gewysigde een is. Dink maar net aan die fiasko van die nuwe wapenwet.

Terug na The Animal Farm I en II. Beide tydperke het ? bydrae gelewer en verbeterings aangebring en lewer nog positiewe bydraes. Simbolies aan die fabel, die siklusse raak net korter. Mense raak minder afhanklik, is nie meer so beïnvloedbaar nie, vra meer vra en die huidige heersers is ook reeds omring met veiligheids “oppassers”, ook verhewe bo sekere norme en etiese waardes, maar die mense, die diereryk (simbolies) soos in die fabel, is nie meer ongelig nie. Ons is nou deel van ? wêreldbevolking wat ? meer gebalanseerde siening bring en ons opnuut laat besef dat daar lewe buite Suid-Afrika en The Animal Farm II is. Die diaspora sal voortgaan, net in ‘n ander vorm, nie meer Exiles nie, maar mense wat werksekuriteit en uitdagings soek en nie as derde rangse burgers behandel wil word nie – “they are not that equal than others (eie vertaling).

Ek wonder net waar dit gaan eindig ? Gaan dit wees soos die einde van die Goerge Orwell fabel “ The creatures outside looked from pig to man, and from man to pig, and from pig to man again: but already it was impossible to say which was which.”

Gaan daar weer waagmoed wees van ? leier wat gaan sê “genoeg is genoeg”. Daar is sekerlik baie min mense wat nie ongelooflike respek vir mnr Nelson Mandela het nie. Hy is en sal die versoenings en vader beeld vir ons almal wees. Net jammer dat in Goerge Orwell daar nie oor so ‘n fenomenale man geskryf is nie. Maar wat gaan gebeur as hy nie meer daar is nie. By wie gaan daar raad gevra word en na wie sal daar geluister word, die Napoleon’s van “Animal Farm II” ?

4 antwoorde op Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?

  1. MyGeheim het gesê op Mei 24, 2008

    Ek het die laaste ruk so baie aan Animal Farm gedink… toe die varke aan bewind kom, vergeet hulle mooitjies van die ander diere wat hulle gebring het waar hulle is, en word al vetter, terwyl die ander kripeer van ellende!
    Ons onnie daardie tyd het nog vir ons gesê “Mark my words…” en ons het dit afgelag!
    Welkom en “klienk” op ‘n besonderse stukkie skryfwerk… jy’t baie moeite gedoen!

  2. hellokietie het gesê op Mei 24, 2008

    Snaaks hoe ek pas aan Animal Farm sit en dink het! Die huidige gebeure is ‘n sirkus en die wereld staan net en kyk..

    lekker naweek

  3. Uitstekend veral noudat die varke xenofobie op die plaas onder ons aandag gebring het …. ek wag in spanning vir die verskyning van Animal Farm III, dis dalk nader as wat ons dink. Welkom in die wêreld van bloggers.

  4. rjk het gesê op Mei 27, 2008

    Hoe dink julle gaan die verhaal in praktyk ontvou ?

    rjk

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.