:( Grom Gatte :(

Februarie 23, 2012 in Sonder kategorie

UndecidedHmmm , ek staan weer verstommend vandag en kyk hoe mense nie die son kan sien skyn oor andere nie.   Hoe is dit dat met die grootte van ons aarbol in ag geneem dat mense andere nie n stukkie sonskyn kan of wil gun nie??

 

Grom gatte, dis hoe ek hulle noem. Niks , niemand en nerens is iets wat in hulle oë reg of mooi en aanvaarbaar is nie. Hulle gun geen mens behalwe hulleself n stukkie sonskyn nie. Hulle verlustig hulle in andere se pyn & lyding, en wens hulle verseker nie voorspoed toe nie. Geluk in hulle oë is iets wat net hulleself toekom, niemand anders mag deel daarvan wees nie. Ek dink dis mense wat verbitterd deur die lewe gaan. Dalk is hulle so gebore of iets! Maar respek vir enige lewende wesens rondom hulle vorm nie deel uit van hulle woordeskat en lewensuitkyk nie   Ek kan net wonder of hulle weet wat die woord respek beteken. Ek twyfel egter, want dit is beslis nie wat hulle uitleef nie.

 

Die enigste ding waarvoor hulle in die oggend opstaan en wat hulle moontlik n “kick” in die lewe gee is om andere se lewens loutere hel te maak. Mense af te kraak , in die modder te vertrap en sleg te sê….

 

Raad aan sulke mense:

                   Ai, Siestog!! Dalk, net dalk eendag sal jy ook die mooi in die lewe raak sien en n geforseerde glimlag oor jou gesig laat kom. Sterkte!  

 

 

 

n Ekstra Drukkie!

Februarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek het vanoggend hierdie in my “Inbox” gekry en wil dit graag met almal deel. 

Ek het so rukkie daaroor gesit en dink en besef:

“Ek is skuldig hieraan…… almal vir wie ek lief is en omgee moet meer drukkies kry!”

Vriendskap is soos die natuur. 
Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop
En te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.

Die lewe se wind dra ons weg met ‘n oppervlakkige
“Goed dankie” en “Sien jou later”.

Soms sien ons eers baie later die rypskade
aan die ander se brose binneste en
Wonder ons hoekom het ons nie lankal gevra nie.

Soms sien ons net die lentekleur raak op ‘n gesig

en is ons nie eers bewus van die wurm

wat aan sy/haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit net die wind is
wat hom/haar wegbuig van ons af en of…
Dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.


Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin,
wriemel ons weg van mekaar.

Roos se dorings steek te seer
en papawer wil MOS langs niemand wees nie!
Koringblommetjie kruip weg van skaamte
oor haar kartelhoede en

Hibuskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op Sy tuin

en net pragtige blomme sien.
Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë.

Vergewe my daarom as ek by jou
verbygewaai het op ‘n herfsoggend en
Nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

Vergewe my as ek op ‘n wintersoggend
nie vir jou ‘n trooskombersie van
Woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

Vergewe my as ek op ‘n lente-oggend
selfsugtig met my eie nuwe blare loop en
Spog het en nie die kneusplekkies
aan jou stingeltjie gesien het nie.

Vergewe my as ek op ‘n warm somersdag
nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie,
Omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het,
te haastig was om aan jou die koelte
Van my vriendskap te bied.

Ek vra verskoning…
weet asseblief dat ek daar is en wil wees vir jou!

Dis dae soos “DIE”..

Januarie 27, 2012 in Sonder kategorie

Dis dae soos vandag dat ek my “koffie “drink pel wil bel en n date maak. Absoluut alles loop skeef of altans so voel dit. Daar is net eenvoudig niks wat reg werk, reg wil werk of reg terug kom nie. Alles wat gebeur is die teenoorgestelde van wat ek verwag het of erger wat ek beplan het.

Dis dae soos “die”  dat ek voel,   dalk moet ek in die sunset in vaar en dan besef dit kan nie werk nie.   Ek het nie n boot nie.  Dalk moet ek iewers op n eiland gaan bly en visvang vir n lewe. Die enigste probleem is ek haat vis en die reuk van vis. Alternatiewelik, moes ek dalk nooit opgestaan het vandag nie. In die bed gebly het, rooiwyn gedrink het  en DVD’s gekyk het.

Dis dae soos die wat ek dan stil gaan sit en peins. Dan kom die realiteite in perspektief en besef ek weereens:

Elke negatief het n positief! ….en…. dis nie so erg nie…

So ja, ruk jouself reg!   Ons het dae soos “die” nodig om ons tot halt te roep,  sodat ons weer alles om ons opreg te kan waardeer en geniet.

World Balloon…….

Januarie 12, 2012 in Sonder kategorie

 

 

Ek moet hierdie insident met julle deel. Ek was byna histeries en is nou in die kookwater…   : (

 

Hubby ontvang n pakkie van sy hoofkantoor met die nodige nuwe brosjures in wat hy dringend benodig vir 2012.  Baie opgewonde word die boks oopgepluk en die brosjures wyd verspreid oor my tafel uitgepak. Pakkie vir pakkie haal hy die afsonderlike omhulsels af en lees vir my die inligting op elke voorblad.   In my gedagtes wonder ek of ek na hierdie voorlesing van die stapel dokumente op my tafel gaan moet luister.

 

“World Balloon”, lees hy en sy gesig verander in n vraagteken. Van wanneer af het ons so produk vra ek dood onskuldig.   Hy bekyk die stuk papier in sy hand en se verergd: “Ag @#$%^&*, Word Beloon!” en sy gesig verander in iets wat ek lank laas gesien het.   Ek sluk byna die stuk spanspek hee l in en storm die vertrek uit , hoesende /proesende/histeries van die lag.

 

Nou sit ek maar bietjie buite met my hondjies en speel……..

 

 

 

 

‘n Briefie vir my dierbare klein Boet

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

 

Jy was nog altyd ons spesiale klein boetie. Van die begin af was jy anders, maar baie spesiaal. Jy het baie gespot en verkleinering verduur, maar nooit ter eniger tyd het die glimlag van jou gesig af verdwyn nie. Jy kon almal altyd vierkantig in die oë kyk en met trots jou man staan. Daar was baie min goed in die lewe wat jou kon onder kry.  Niks was ooit te veel moeite of n las vir jou nie. Enige taak is met opgewondenheid en entoesiame aangepak. Tou opgooi was nie deel van jou woordeskat nie.

 

Jy het skaars jou tiener jare in gestap, toe die ongeluk jou lewe drasties verander het. Die dokters het jou heup gelas met n ysterplaat en moes jy weer leer loop. Dit het egter nie jou vuur en gees gedemp nie. Inteendeel baie dae dink ek het dit van jou n sterker mens gemaak. Baie sterker en meer vasberade as enige mense wat ek ken. Die wil en opgewondenheid , om jou toekoms te ondersoek en die meeste uit die lewe te haal, het uit jou gestraal. Jy het ongelooflike baie stuikelblokke op jou herstelpad oorkom, maar nooit ophou probeer nie. Jy het weer fiets gery, ge-ysskaats en die lewe saam met jou vriende geniet.. My seuns het altyd opgekyk na jou. Hulle bewondering vir jou deursettings vermoë en liefde vir die lewe het baie besprekings uit gelok.

 

Stelselmatig het die onbekende jou bekruip sonder dat ons geweet het wat dit is en waar dit vandaan kom. Na baie besoeke aan dokters en spesialiste was die bevinding: ‘n Virus wat die rugmurg aftakel. Ons almal was stomgeslaan. Op die verduidelikings van die mediese kenners was ons ingelig dat jy die virus in die hospitaal tydens een van jou operasies opgedoen het. Daar is nie veel wat hulle kan doen nie. Elkeen in ons gesin het deur n warboel van emosies geworste. Pappa en moeder het van dokter tot dokter gegaan, op soek na hulp en antwoorde.   Soos wat dit maar in die mediese wetenskap gaan, het elke ou sy standpunt probeer maak en pille en nogmaals pille voorgeskryf.

 

Die Virus het egter oorhand gekry en jou stelselmatig begin aftakel. Ons het magteloos gesit en toekyk hoe jy aanvanklik jaar na jaar verswak. Toe dit op die stadium kom waar jy permanent in ‘n rolstoel jou lewe moet deurbring, was almal kwaad behalwe jy. Steeds het die vriendelike groet , die geselsies en die bree glimlag my elke keer op my kniee gedwing. Ek het Jesus gesmeek om jou gesond te maak, jou nog ‘n kansie te gee, al was dit net om weer te kon loop. Ons het gekla en gekerm, jy nooit. Steeds was daar nie veel wat jou kon onder kry nie. Jy het met die geloof van n kind aanvaar Jesus het ‘n ander doel met jou. Jy het hierdie “pakkie” van jou gedra met ‘n glimlag en vonkel in jou oë.

 

Vandag amper 30 jaar na jou ongeluk, het alles sy tol ge-eis. Jy herken ons nie meer nie, lag nie meer nie en die geveg met die onbekende het jou vuurtjie verflou. My liefste boetie, soms wonder ek of ek genoeg vir jou gesê en gewys het hoe lief ek vir jou is. Hoe baie belangrike deel jy van my / ons lewens is. Jy het ons almal geleer om dankbaar te wees vir elke oggend wat ons die son sien opkom. Om te waardeer vir wat ons het en met andere te deel. My grootste les wat ek by jou geleer het was om elke oggend as ek wakker word te kan glimlag en sê: “ Bring it on world, I don’t fear!”

 

Ek bid elke dag, dat Jesus jou pyn en lyding sal weg vat. Hy alleen weet hoeveel Hy na jou kant toe gestuur het en jy het Hom nooit teleurgestel nie. Ek bid dat Hy sy genade oor jou sal uitstort en jou die sonskyn op jou gesiggie sal gee wat jy so baie verdien. Jou donkerkop, die sprankelende donker oë en die bree glimlag sal ewig by my bly.

 

Ek LIEF jou baie

 

Ekke

?WIE?

Januarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Daar kom n punt in ons almal se lewens wanneer ons besef :

Wie maak saak,

Wie het nog nooit saak gemaak nie

Wie maak nie meer saak nie

En, wie altyd sal!

So… moenie te bekommerd wees oor die mense in jou verlede nie.  Daar is n rede hoekom hulle dit nie gemaak het nie…

‘n Nota aan ons Skinderbekke

Januarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek kan my verstom hoe somige mense dit hulle absolute missie maak om oor ander te skinder. Die ergste van alles is, hulle voel n absolute veer oor van wie hulle skinder. Familie, vriende, kennisse en soms ook sommer net mense wat hulle nie eers ken nie loop deur. Dit moet net n goeie storie kan word , al die feite is dalk nie heeltemal korrek nie, maar die geselskap waarin hulle verkeer moet net met aandag kan luister.

Skinderpartye slaan my stom en die ergste van alles is hulle skinder nooit oor goeie goed nie en het geen skaamte oor wat hulle kwyt raak nie. Die verlustiging in andere sy pyn, seerkry en verdriet maak my rooi sien. My sterreteken is Taurus, en skinderbekke ruk n rooi lap uit en swaai dit voor my neus as hulle n gesprek begin met: “Ek wou jou nog vertel, maar moet asseblief nie daaroor praat nie, want niemand weet nie…….”

Wat die arme goedjies net nie besef nie, daar is sekere dinge wat ons in vertroulikheid met iemand deel. As ons wou gehad het die wereld moet dit weet dan het ons dit op News 24 gepubliseer. Nee die “skinderstorie” lê ons na aan die hart en normaalweg deel ons dit net met mense wat ons dink ook omgee oor ons welsyn. Ongelukkig leer mens ook maar net nadat jy al n keer of twee in die rug gesteek is deur so skinderbek. Die skade is dan klaar gedoen en jy wonder “Was dit nou regtig nodig”.

Ek wonder soms hoekom skinder mense, hoekom maak hulle dit hulle lewens missie om hulle te verlustig in ander se seerkry. Die enigste antwoord waarmee ek kon opkom is dat hulle eie lewens baie saai is. Daar is heel waarskynlik geen ander opwinding waarop hulle, hulle energie kan verbruik nie. Skinderstories is vir hulle soos die lewens belangrike lug wat ons almal moet inasem en daarsonder kan hulle net eenvoudig nie operate nie. Dalk is die skinderstories soos die bloed wat deur hulle are vloei en kan hulle nie daarsonder lewe nie.

Ek wil net vir al ons getroue skinderbekke daar buite se: Dink mooi voor jy van iemand praat, maak seker dat jy al die feite het en dat dit korrek is. Eendag kan dit jou dalk baie duur te staan kom en kan jy agter kom niemand deel absoluut niks met jou nie. Moenie dan vrae vra en wonder hoekom jy nie daarvan vertel is nie. As jy nie die antwoord vir jouself kan uit figure nie, dan moet ek jou teleurstel my pel, want daar is nie eens pille wat jou kan help nie!

NagtMusic

Januarie 7, 2012 in Sonder kategorie

Ek draai vir die soveeste keer om. Die horlosie staan alweer op 1H05…. en ek tik my kussing die kant en dan daai kant toe vir die soveelste keer . Die slaap wil net nie kom nie en ek luister na die “musiek “ wat om my gemaak word.

N Diep snork geluid kom van langs die bed uit n blou mandjie… dis Charli die waghond van die huis of ten minste dis die titel wat hy hom self gegee het. Charli is n minatuur toy pom wat nie behoorlik 20 cm hoog staan nie. As ek so na sy gesnork luister kan ek my baie maklik verbeel die Max die groot Siberiese Husky wat hier slaap. Charli se musiek noot het nog nie behoorlik hoogte bereik nie toe die sagter note inval van die linker kant van my bed af …… nee dit is totaal uit ritme maar SammyJo, Charli se vroulike partner steur haar baie min hieraan. Sy moet deel raak van hierdie konsert.

 Die horlosie gee getrou vir die hoeveelste keer die tyd…2H15. Net toe die twee se ritme goed opdreef raak, kom daar n heel ander klank en ritme van die verste punt van die bed af. Ja – nee hubby voel bedreig en hy val sommer in as die drom speler van hierdie konsert! Genade mense hoe kan enige normale mens in hierdie huis op die shit ritmes , (as jy die rimte maar net kan kry), van hierdie konsert aan die slaap raak. Onmoontlik se ek vir jou, totaal onmoontlik. Ek moet dalk more oggend die klompie bymekaar maak en vir hulle blad musiek gee om te oefen. Ten minste iets waarna ek kan luister terwyl hulle rustig voort stoom….. ek staan verergd op, gaan maar bietjie iets soek om te drink, dalk as ek terug kom is my NagtMusic gratis konsert verby. Net die instap slag in die kamer sal ek hoor nee wat ons is nog nie eers by pouse nie, ek sal hierdie konsert wreed moet stop anders gaan ek nooit die val van die gordyn sien nie.

Eenvoudige manier, maak die glasdeur oop vir vars lug , en voila!! Die twee waghonde dadelik wakker en die baas van die plaas vra erg deur die mis, “Wats fout??” Sorry ek het gedag ek hoor iets buite, roep die honde sonder enige seremonie en maak die deur toe. Nou kan ek slaap terwyl die 3 mekaar vir so rukkie geselskap hou in stilte.

“Lekker slaap julle!” se ek sonder om skuldig te voel, en verval in droomland sonder enige begelyding….  : )

Hello world

Januarie 5, 2012 in Sonder kategorie

Hmmm.. hierdie is half vreemd, maar ons sal daar kom.  Eers bietjie werk…. for whats it worth!  En dan bietjie speel.. : )