Sondag roetine

September 11, 2011 in Sonder kategorie

Ek bly saam met ‘n mal klomp mense. Meeste van ons doen seker. Daar was ‘n stadium wat ek mense nie in my huis toegelaat het nie, omdat ek nooit weet wat om te verwag as ek die voordeur oopsluit nie behalwe vir al die bokse in die gang. Dit het grootliks te make met my Ouma van 90 wat dikwels monoloe voer met afgesterwe famielielede, haar toypom, of soms in uiterse gevalle die duiwels op ons dak wat teen haar saamsweer. In iedere geval is sy altyd skadeloos en het die beste bedoelings daarby as sy Bybelverse prewel vir die dak.

Vanoggend vertel my Ouma my weer aan etenstafel van hoe sy eenmaal die kar gevat het en oor die groen heuwel in ons tuin gery het en op ‘n groot grasvlakte afgekom het waar daar absoluut niks lewend te sien is vir kilometers nie. “Nie ‘n perd of ‘n bees is te sienne nie, ek wonder aan watter boer die groot stuk grond behoort”. Dit is sulke kere wat ek altyd wonder deur watse oe my Ouma kies om die lewe sien. Buiten die geval dat haar oe swak is op haar ouderdom is daar nie ‘n heuwel in ons tuin nie en is ons bure se huis ‘n paar meter van ons heinig. Haar herinnering van haar gewese man en kinderjare op hul plaas word gereeld aangepas om haar huidige emosie te pas.

Dis die dat ek agterkom dat ons almal dit tot ‘n sekere mate ons storie onwetend verdraai om ons selfbeeld te staaf. In die gesprek aan tafel probeer my Ouma ongemerk haar kos op die vloer laat val vir Asjas (toypom). “Ma weet ma mag nie die hond aan tafel voer nie! Hoeveel keer gaan ons nog met ma hieroor moet praat? As ma dit weer doen gaan ek die hond buite sit.” sal my ma dan ontsteld te kere gaan.”Maar nou lieg jy Mientjie! Ek sweer voor die Here ek het nog nooit van te vore die hond van die tafel afgevoer nie.” Tien minute sal elke Sondag vreedsaam verloop voor die volgende krummels die vloer bereik.  “Ma! Ek het nounet met ma gepraat oor die gevoerdery van die tafel.” ”Gaan kak in Kaapstad en vee jou voete in Engeland af. Hy hou my op my hoede en beskerm my deur die nag.” “Ek dink ma verwar nou die hond met die Here.”

Die ontbyt sal atyd dieselfde afsluit. My pa wat uit die etenskamer storm oor ‘n opmerking wat deur my ma of Ouma gemaak is. My ma wat haarself verskoon om met my pa te gaan praat. En my Ouma wat almal se borde versamel om die laaste paar krummels weer vir die hond te gooi.

5 antwoorde op Sondag roetine

  1. Ag – dis eintlik nice, al voel dit miskien nou nie so nie – kyk mooi na jou ouma!

  2. STC het gesê op September 11, 2011

    Hehehe…klink of “Raising Hope” familie mak is!

  3. TS het gesê op September 11, 2011

    hehehe… dit gaan later kosbare herinneringe wees

  4. Ag, shame man, laat haar maar begaan. Dis haar plesiertjies in die lewe. ‘n Mens wonder partykeer wat in die oumense se eie wêreld aangaan.

  5. bloukaap het gesê op November 7, 2011

    crazy huise is die beste
    hoop alles gaan nog goed
    groete

Los ’n antwoord vir bloukaap. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.