Ja-nee

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Shoe ek het lankterug geskryf! Ek het ‘n plek nodig om te bieg en die hoekie het nog altyd daaraan voldoen. Daar is iets fout met my. Ek weet net nie hoe om myself te diagnoseer nie of wanneer daar met my kop begin lol is nie. Die ergste is ek wil nie. Ek kan net nie nee se nie. Ek voel asof ek almal altyd iets skuld.

Die dillema het begin seevier in my eerste erenstige verhouding. Ek het hom om elke hoek en draai verneuk. Nie omdat ek n behoefte aan ander mans het nie, ook nie oor begeertes wat my begeester nie. Elke keer het ek gebieg-gehuil-gesoebat om vergifnis. Op n dag het die arme man my aan my eie oorgelaat om te gaan uitvind wat de hemel my elke keer oorkom. Verpletter,  maar trots op hom dat hy uiteindelik die eerste simtome van ‘n ruggraat begin toon, het ek my skuldgevoelengs se oorsprong probeer opspoor.

Dis die dat ek begin agterkom dat die enkellopende pad moeiliker is om van my dillema ontslae te raak. Verboureerd en bang het die hondjie ‘n halsband gaan soek. Iemand om hom te straf. Iemand wat gaan verantwoordelikheid neem as hy droogmaak en agter hom gaan skoonmaak. Die ouer man was vanselfsprekend die opvallende keuse. Dit is hoe ek myself ‘n les sal leer het ek besluit. Ek het genot daaruit geput dat hy nie werklik n veer voel nie. Dat ek weet wat my rol is in die verhouding en hy bewus is van syne. Die man wat ek lief het verdien ek nie.

Soms dink ek ek probeer aan myself bewys dat ek net nie meer kan nie. Soms voel ek dis om te bewys ek is selfstandig en het nie iemand nodig wat my gaan verbind aan sekuriteit nie. Soms weet ek deur op te tree sonder om enige gevolge te oorweeg, maak nie van my n kind nie.

10 antwoorde op Ja-nee

  1. Welkom. Ek sien aan jou vorige posdatum dat jy amper nou weer ‘n nuweling is. Dit klink asof jy skuldig voel oor iets wat lank, lank gelede plaasgevind het, maar nie weet wat dit was nie. Dis al wat hierdie “dr Phil” vir jou kan sê.;)

  2. Jy moet onthou, dat jy perfek is… Ons almal is, dis hoe ons gemaak is.

    Jy moet dit net onthou. En dan sal jy besef, dat jy verdien net die beste! ALTYD!

    Praat, ons sal luister, praat help altyd!

  3. TS het gesê op September 10, 2011

    Welkom terug…

    Ja almal worstel maar met sulke goed. Jy sal dalk nie beter anderkant uitkom nie maar beslis anders. Sterkte

  4. Die beter-mens-word-teorie is nie altyd waar nie. Sterker, miskien. Beter-mens, beslis nie.

  5. komplekse situasie

  6. Nie seker wat om te sê nie – klink of jy moet werk aan jou selfbeeld, of iets.

  7. Dit het meer uit te waai dat ek voel ek is in beheer deur nie onderdanig aan enige man te wees nie. Terselfde tyd was dit ‘n tipe masogistiese straf omdat ek nie wou nie. Wie weet.

  8. 🙂

    Amper die gemis – beter as jy die “antwoord” ding kliek waar ek kommentaar gelewer het – dan kry ek ‘n epos – tensy jy nie besig is om met my te praat nie…

  9. haha sal dit probeer! was te lank terug hier 🙂

  10. Mooi! – Sien – dit werk!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.