Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Sondag roetine

September 11, 2011 in Sonder kategorie

Ek bly saam met ‘n mal klomp mense. Meeste van ons doen seker. Daar was ‘n stadium wat ek mense nie in my huis toegelaat het nie, omdat ek nooit weet wat om te verwag as ek die voordeur oopsluit nie behalwe vir al die bokse in die gang. Dit het grootliks te make met my Ouma van 90 wat dikwels monoloe voer met afgesterwe famielielede, haar toypom, of soms in uiterse gevalle die duiwels op ons dak wat teen haar saamsweer. In iedere geval is sy altyd skadeloos en het die beste bedoelings daarby as sy Bybelverse prewel vir die dak.

Vanoggend vertel my Ouma my weer aan etenstafel van hoe sy eenmaal die kar gevat het en oor die groen heuwel in ons tuin gery het en op ‘n groot grasvlakte afgekom het waar daar absoluut niks lewend te sien is vir kilometers nie. “Nie ‘n perd of ‘n bees is te sienne nie, ek wonder aan watter boer die groot stuk grond behoort”. Dit is sulke kere wat ek altyd wonder deur watse oe my Ouma kies om die lewe sien. Buiten die geval dat haar oe swak is op haar ouderdom is daar nie ‘n heuwel in ons tuin nie en is ons bure se huis ‘n paar meter van ons heinig. Haar herinnering van haar gewese man en kinderjare op hul plaas word gereeld aangepas om haar huidige emosie te pas.

Dis die dat ek agterkom dat ons almal dit tot ‘n sekere mate ons storie onwetend verdraai om ons selfbeeld te staaf. In die gesprek aan tafel probeer my Ouma ongemerk haar kos op die vloer laat val vir Asjas (toypom). “Ma weet ma mag nie die hond aan tafel voer nie! Hoeveel keer gaan ons nog met ma hieroor moet praat? As ma dit weer doen gaan ek die hond buite sit.” sal my ma dan ontsteld te kere gaan.”Maar nou lieg jy Mientjie! Ek sweer voor die Here ek het nog nooit van te vore die hond van die tafel afgevoer nie.” Tien minute sal elke Sondag vreedsaam verloop voor die volgende krummels die vloer bereik.  “Ma! Ek het nounet met ma gepraat oor die gevoerdery van die tafel.” ”Gaan kak in Kaapstad en vee jou voete in Engeland af. Hy hou my op my hoede en beskerm my deur die nag.” “Ek dink ma verwar nou die hond met die Here.”

Die ontbyt sal atyd dieselfde afsluit. My pa wat uit die etenskamer storm oor ‘n opmerking wat deur my ma of Ouma gemaak is. My ma wat haarself verskoon om met my pa te gaan praat. En my Ouma wat almal se borde versamel om die laaste paar krummels weer vir die hond te gooi.

Ja-nee

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Shoe ek het lankterug geskryf! Ek het ‘n plek nodig om te bieg en die hoekie het nog altyd daaraan voldoen. Daar is iets fout met my. Ek weet net nie hoe om myself te diagnoseer nie of wanneer daar met my kop begin lol is nie. Die ergste is ek wil nie. Ek kan net nie nee se nie. Ek voel asof ek almal altyd iets skuld.

Die dillema het begin seevier in my eerste erenstige verhouding. Ek het hom om elke hoek en draai verneuk. Nie omdat ek n behoefte aan ander mans het nie, ook nie oor begeertes wat my begeester nie. Elke keer het ek gebieg-gehuil-gesoebat om vergifnis. Op n dag het die arme man my aan my eie oorgelaat om te gaan uitvind wat de hemel my elke keer oorkom. Verpletter,  maar trots op hom dat hy uiteindelik die eerste simtome van ‘n ruggraat begin toon, het ek my skuldgevoelengs se oorsprong probeer opspoor.

Dis die dat ek begin agterkom dat die enkellopende pad moeiliker is om van my dillema ontslae te raak. Verboureerd en bang het die hondjie ‘n halsband gaan soek. Iemand om hom te straf. Iemand wat gaan verantwoordelikheid neem as hy droogmaak en agter hom gaan skoonmaak. Die ouer man was vanselfsprekend die opvallende keuse. Dit is hoe ek myself ‘n les sal leer het ek besluit. Ek het genot daaruit geput dat hy nie werklik n veer voel nie. Dat ek weet wat my rol is in die verhouding en hy bewus is van syne. Die man wat ek lief het verdien ek nie.

Soms dink ek ek probeer aan myself bewys dat ek net nie meer kan nie. Soms voel ek dis om te bewys ek is selfstandig en het nie iemand nodig wat my gaan verbind aan sekuriteit nie. Soms weet ek deur op te tree sonder om enige gevolge te oorweeg, maak nie van my n kind nie.