Uit met die heid
Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie
Ja. Ek is mismoedig. Want my sekerheid het in onsekerheid ontaard. ‘n Moontlikheid net ‘n moontlikheid gebly. En skielik wonder ek wat is die definisie van moontlikheid en skielik is geleentheid/moontlikheid/onsekerheid sinnoniem. Met die drieling het ek geen kontrak nie. Beloof geen beloftes nie maar kweek geloof in waarskynlikheid en skielik vermoed ek,
ek is ‘n heiden.
maryke-anne het gesê op Oktober 20, 2009
Solank jou mymeringe nie ontaard in ‘n olikheid nie 🙂
boerseun1 het gesê op Oktober 20, 2009
Ek sal eers mooi hieroor moet dink, maar heiden weet ek nou al, die kan ek nie wees nie.Dit sal ondraaglik wees om geen vastigheid en geloof te he nie.
Maghitta het gesê op Oktober 20, 2009
sjoe, dit is ‘n diep dinkery vandag …..
Jodo het gesê op Oktober 26, 2009
Goed geskryf
Sara.Marais het gesê op Januarie 12, 2010
Of ‘n heidin, die vroulike van heider selfs.