Een begrip.Een woord.

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

“Everything is possible for him who believes”-jammer ek kan nie onthou waar dit staan in die Bybel nie 😉  Die versie maal al om en om in my kop sedertien Maandag. Ek het al agtergekom dat dis die dinge wat ek so gereeld probeer ontsnap met ‘n kort pad, my altyd ingehaal het. Selfs al bied die lang pad vele nooduitgange het ek nooit die regte bestemming bereik toe ek hul gekies het nie. Ek was een van daai mense wat elke Maandag en soms Vrydae,dit hang af wat my dag behels het, agter ‘n doktersertifikaat geskuil het.

Dis nie dat ek lui was nie, dit was bloot uit vrees vir die onbekende (weens my kortstondige-plesiergedrewe-lewenstyl moet ek byvoeg). Maandag het ek net besef hoe belaglik ek is en vir myself begin lag, God het my nooit verlaat nie, miskien het ek op ‘n stadium, maar ek het vergeet dat dit Godsonmoontlik vir God is om enige iemand te verwerp. My Afrikaanse laerskool juffrou het altyd gese “een begrip, een woord”. My nuwe lewensuitkyk behels dieselfde. Een begrip-geloof. Een woord-alles.

3 antwoorde op Een begrip.Een woord.

  1. Strongs-dink aan jou!

  2. bloukaap het gesê op Augustus 26, 2009

    goed geskryf

  3. boerseun1 het gesê op Augustus 30, 2009

    Mooi geskryf en ek wens jou net seeninge toe, sommer so baie dat jy moet weg gee om plek te maak. groete

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.