Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Een begrip.Een woord.

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

“Everything is possible for him who believes”-jammer ek kan nie onthou waar dit staan in die Bybel nie 😉  Die versie maal al om en om in my kop sedertien Maandag. Ek het al agtergekom dat dis die dinge wat ek so gereeld probeer ontsnap met ‘n kort pad, my altyd ingehaal het. Selfs al bied die lang pad vele nooduitgange het ek nooit die regte bestemming bereik toe ek hul gekies het nie. Ek was een van daai mense wat elke Maandag en soms Vrydae,dit hang af wat my dag behels het, agter ‘n doktersertifikaat geskuil het.

Dis nie dat ek lui was nie, dit was bloot uit vrees vir die onbekende (weens my kortstondige-plesiergedrewe-lewenstyl moet ek byvoeg). Maandag het ek net besef hoe belaglik ek is en vir myself begin lag, God het my nooit verlaat nie, miskien het ek op ‘n stadium, maar ek het vergeet dat dit Godsonmoontlik vir God is om enige iemand te verwerp. My Afrikaanse laerskool juffrou het altyd gese “een begrip, een woord”. My nuwe lewensuitkyk behels dieselfde. Een begrip-geloof. Een woord-alles.

Moeg lam en onverantwoordelik.

Augustus 21, 2009 in Sonder kategorie

Het half 4 by die huis aangekom. Toast gemaak.Gekoffie. Gerook. Geleer. Gerus. Gaan skryf.

Dis een van daai dae waar ek weer, op die ingewing van die oomblik, myself aan die impuls klik begewe.

Moeg, lam en onverantwoordelik

+

Moeg, lam en onveratwoordelik.

=Gelukkig

Maandag sal ek weer ‘n ander deuntjie sing.

FUCK ART LETS DANCE

Augustus 19, 2009 in Sonder kategorie

“Elkeen van ons is bloot ‘n geleibuis van die stroom van opgegaarde idees.” “Daar is ‘n wesentlike onverskilligheid oor die lot van die enkelinge, daar is slegs ‘n deurnis vir die groep, die groter eenheid.”- Etienne Leroux (Die Silberstein-trilogie).

In die 5 jaar wat ek kuns op skool gehad het dink ek dit sou my meer tyd bespaar het om net ‘n fotokopie te gemaak het van kosmos en landskappe. Die bloktrek-tegniek verg hopeloos te veel wiskunde. Kuns,musiek en letterkunde is die een area waar daar onderstel is om geen voorafgestelde maatreels te wees nie.  Oilpaintings van mooi kosmos prentjies op die internet, ‘n swart kind wat uitgeteer na jou toe kruip, renaissance dames in groot rokke- oe ek moet nie die big5 vergeet nie! Dit was die tipe werk wat De Kitsch as ‘n pragstuk aanskou het.

Daar was eenmaal drie enkelinge. Die drie enkelinge het meeste van hul tyd bestee om De Kitsch te krittiseer tydens haar periodes- wat elke oorspronklike konsep gemoor het met “dis te kontroversieel”. Hoe het die drie enkelinge hulle nie verlustig toe die eindeksamen nader kruip en die departement verbied enige beelmateriaal om die kunswerk van af te doen nie. Skielik was niemand se oupas en ma’s daar om hul bloeidjies te help om ‘n olifant te skilder nie. Twee van die drie enkelinge het kuns gaan swot. Die derde se passie is dood na vyf jaar  se gehammer. Met ‘n laate kunsuitstalling het ek die hemp gedra ‘Fuck art lets dance’.”Daar is nie meer enkele karakters nie; ons is elkeen  bloot geleibuise” of soms net printers.

Sondeurdrenkte dae en caviar

Augustus 17, 2009 in Sonder kategorie

  

ek wens ek was weer 16 Omega- steeds my beste vriendinOnrus-die plek waar alles begin en eindigek enmy boetie  

Augustus 16, 2009 in Sonder kategorie

Die verlore dogter het nooit teruggekeer nie.

Sy het net aangehou stap

 en geslaap by die varke.

Vir-ander Verander

Augustus 12, 2009 in Sonder kategorie

Identiteit. As jy dit kan verloor is jy skuldvry. Omgang met die wereld-verloor jou onskuld wat in werklikheid net onkunde is. Die klompie op die rooidatalys sterf uit. Dit is ‘n geval van ‘if you can’t beat them, join them’ of wat van ‘if you can’t join them, beat them’? Tot watter mate is mens vir onderstel om jou identiteit prys te gee om te gemoedkomend te wees? Om uniek te wees met jou eie grille, brille, behoeftes en talente is ‘n uiters selfsugtige pakket. Is die mens in alle eerlikheid werkllik onderstel om in ‘n groep te jag, ‘n groep te slaap, eet, werk en ‘n rol te speel waarin ons geen se het nie? Suster. Dogter. Student.Vriendin.Liefling. Myself?  Die lewe in ‘The Fountainhead’ is onrealisties-idealisties, dit is ‘n fantasie era waar mense nog streef na individualisme. 

Die opgee-oorkruising-operasie, werk amper soos meiose tydens bevrugting. In plaas van chromosome van die moeder wat oorkruis met die vader sodat die embrio beide se genetiese materiaal het, ruil ons heeldag eienskappe met mekaar uit en gee die op wat nie aanvaarbaar is nie, in vrees vir messe wat blink vir individualisme. Die mens se drang om aanvaar te word is sterker as die mens se drang vir seks. So gaan ons om met die wereld-verloor ond identiteit- en al die suiwer reenboog kleure raak een mengelmoes  van ‘n kleur-genaamd werelds. Ons het die vryheid om ons identieteit te vernuwe deur ‘n keuse, enige tyd. Ek glo in eksistensialisme en die lewe van die absurdiste. Die mens is gedoem om te leef volgens sy eie waardes ongeag of hierdie waardes aanvaarbaar is vir ander mense. Die lewe is absurd omdat ons nie beheer kan kry oor ons drang tot orde nie, en nie die irrasionele wat in ons weg staan kan verwyder nie.

Ek ontken vaste standaarde en bewysbare morelekodes. Jou enigste uitweg is om jou eie standaarde te stel en daarvolgens te leef. Ek wens net soms dat diegene wat ek lief het, pa, my kon lief he vir wie ek is.

Muurkuns wat binnekort gaan verskyn die naweek-Oppikoppi Smoorverlief

Augustus 5, 2009 in Sonder kategorie

     ‘n Ode vir Heinrich

     Net gekke en dwase
     skryf op mure en glase
     maar oor jou is ek gek
     en meestal dwaas

Dankie vir my kaartjie….

Toe nou nie

Augustus 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek is regtig teleurgesteld. Vrydag was ‘n ramp. Het tot 3uur die oggend by ‘n vriendin gesit wat alkoholvergiftiging gekry het. Het hospitaal toe gejaag nadat almal anders wat die geleentheid bygewoon het bloot net hul gesigte weggedraai het. By die hospitaal opgedaag, het sy nie ‘n mediesekaart in haar handsak nie en weet nie wat is die pin op haar selfoon sodat ons familie kan kontak vir besonderhede nie. R4000 vir ‘n drup. Kon dit nie glo nie. Terwyl ek in spanning wag om haar te sien, net familie word binne ongevalle toegelaat, kom daar ‘n meisietjie van 15 die hospitaal binne gedra aan haar arms en bene. Sy ruk en pluk, byt, krap, spoeg en ploeg dat die vier mans wat haar dra haar laat val het. Die kind lyk as of sy met satan besete is en tussen deur haar noodkrete hoor jy “mommyyyyyyyyyyy”.

Ek begin huil. Haar aanhangsel wat haar ingedra het kom wag saam met my terwyl ons na die gegil luister. Die dokters spuit haar in en strap haar vas aan die hospitaalbed. “Tik”. Dit is die antwoord wat ek kry by haar boyfriend. Ontsteld bel ek my ma. “Kom help mamma, ek weet nie wat hier aangaan nie.” Met moeite kry ons nommers by haar uitgewurg, blykbaar was dit toe nou nie ‘n eerste nie.

Saterdag was ek weer 6uur op nog in dieselfde klere om 7uur by die werk te wees,maar eks uiters optimisties.Die blote gedagte aan volgende naweek maak van my ‘n ander mens! Alles is deeglik beplan-ek wag nog net vir die kaartjie. Toe kry ek die nuus:”Jammer, maar jou aansoek was nie aanvaar nie.” Jy sien, my suster is ‘n joernalis. Elke oppikoppi, elke geleentheid wat die moeite werd is, was ek daar bloot omdat my suster my claim to fame is. Hierdie keer alhoewel, het ek geen meer claim nie, want sy het besluit om barmhartig te wees en my mediakaartjie aan ‘n vriendin te gee wat nie geld het nie.Ek sluk hard en selfsugtig. Sal ‘n plan beraam,maar kan nie dit verby laat glip nie 😉