Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

om te wag

Junie 28, 2009 in Sonder kategorie

As ek ‘n seun eendag sou he gaan ek hom Bjorn noem. Bjorn Theron, want ek sal my van hou.

Om te wag is die suiwerste vorm van tyd. As mens aktief is vergeet mens van die pas van tyd, nie noodwendig ‘when you are having fun’ nie. Wanneer jy wag skep jy verwagtinge en beleef die verloop van tyd wat konstante verandering is. En tog gebeur dit dat niks werdlik verander het in die verloop van tyd nie. Dit plaas jou weer in die wagtende-denkende posisie vir ‘n verandering wat sin aan jou lewe sal gee. Die verloop van tyd konfronteer ons met die basiese probleem van bestaan.

Dit is in hierdie smettelose onverklaarbare uur wat tyd die mag het om my van my sinne te beroof. Dit is tyd.Tyd.Tyd.Tyd. TE VEEL.   te min    tyd. Die menslike persoonlikheid kan slegs verlaag word tot potentialiteit. Potentiali(teit) en tyd loop hand aan hand twee verskillende lewens met tyd wat vir teit domineer. Tyd strek die ewigheid in- ons aanbid hom, hy genees ons,vermink ons, sorg vir ons en elke dag moor ons hom net om weer in sy aangesig wakker te skrik op ‘n Maandag.

Maar hoe ver strek potentialiteit as tyd aan die ewigheid gemeet word? Waar neem die twee uiteindelik afskeid van mekaar? Mens hoor dikwels hoe baie potentiaal mens beskik, maar wanneer jy die hoeveelheid probeer meet vind jy dat daar nie so ‘n eenheid is nie. ‘n Mens met potentiaal kan van geen rykdom getuig nie en is in werdlikheid maar bitter arm. Ek vind myself wagtend vir potentiaal om van my ‘n waardige mens te maak in die toekoms.

My rigtingwyser is tydelik die van ‘n miskruier. Die bal wat ek rol het ‘n rigtinglose bestaan en soos Sisyphus, is futiele arbeid.

Maar vanaand wonder ek as potentialitiet in hoeveelheid kon gemeet word, hoeveel Wilhelmina eens geweeg het en wat sy nou verloor het. Waarvoor het Wilhelmina Johanna Kraft gewag in die rypende nag ? Wat het die verloop van tyd aan haar gedoen toe sy uiteindelik besluit het tyd is nie genoeg om te moor nie?

‘n Nuwe Verwysingsraamwerk

Junie 15, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vir lank uiters hard probeer om nie jou naam te gebruik nie, maar in alles waarin ek myself bevind het , het ek na jou verwys. Jy was die enigste bron wat ek nageslaan het. Funny, maar na vyf jaar weet ek nie presies hoekom nie.

Jou naam het alles in die lewe vir my gedeffineer, geen enkele emosie was uitgelaat nie. Hoe eentonig was ek nie. ‘Was’, want vandag besef ek net hoe lank terug jy oor my lippe gerol het. Ek gee jou te veel eer deur nou aan jou te dink en te tik, maar ek kondig net jou dood aan. Nee, niks in my het gesterf nie, iets in my het opgewek.