Geboorte

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

 Jy kan nie jou geboorte ontsnap, uitstel, of omseil nie. Dis doodeenvoudig die gevolge van sommige diertjies se plesiertjies. Mens het geen se waar, hoe, wie, wanneer, of ‘wat’ jy wil gebore word nie. Die gebeurtenis wat die res van jou lewe gaan bepaal…is buite jou teer handjies.

Op nege maande word jy, die afskuwelike pienk fetus, as ‘n magtelose nar uitgewerp in ‘n bloedbad. Jou doel; om jou ouers te vermaak-volmaak. Mense kry kinders weens selfsugtige redes, of geen weens dieselfde selfsugtige redes. Die mensdom, is ‘n selfsugtige besigheid.

As jy reeds in die verleidelike verliefdheids-lokval getrap het, is daar geen wegskram kans van moeder natuur nie. Binnekort word jy bekroon met die ‘moeder’ titel, nadat die testosteroon-sindroom sy weg gevind het. Met tyd groei liefde seker maar, let wel; as jou uithouvermoe tot dusver nie tot niet gegaan het nie. Jy is in staat daartoe om enige iemand ‘lief’ te he. Die probleem is net, jy is instaat daartoe om met enige iemand verlief te raak ook. Enige tyd.

Die verskil is, jy kies wie jy lief het. Dit kos iets duursaam, soos tyd. Om verlief te wees is seker die goedkoopste gevoel wat daar bestaan. Dit vat nie drie sekondes om te bereik nie, en nie een sekond om dit te verloor nie. Tog kry jy diegene wat dit as ‘n saak van erns beskou. Juliet was ‘n brose 13 toe sy besluit het om die tydelike vir die ewige te verruil. Verliefdheid, is nog ‘n onverwagte geboorte.

Aborteer jy daai onverwagte geboorte, en jy spoel nooit weer daai bloed van jou hande af nie. Jy sal heel verbaas wees as jy sien hoe lyk ‘n aborsie van nege weke. So as jy al vir nege weke lank daai gevoelens koester, wie weet watse geleenthede daar dalk mag uitbroei?

As jy dink jou geboorte was jou laaste bloedbad, dink weer. Die voortrekkers was ook onder hierdie illusie. Jy hoef nie nostalgies na die voortrekker monument te tuur in herinnering nie. Dikwels het ons reeds ‘n eiehandse ondervinding met moord en dood. As jy nie het nie, geluk. Die media gryp wel elke geleentheid aan om bloed in skoon lakens in te vryf. So spoel jou lakens maar gereeld uit.

Die jammer-dat-ek-durf-om-te-leef houding, het niemand nog ooit enige iets in die sak gebring nie, as jy nog so bevoorreg is om te lewe nie. As jy bibberend benoud in Suid-Afrika leef, vlug na Kanada om iewers anders te gaan sit en sidder. Die sin van jou kosbare lewe is om die sin daarin te gaan soek.

Dis nie ‘n mylpaal wat jy bereik nie, of ‘n bestemming waar by jy eendag sal arriveer nie. Dis ‘n vraag wat jy jouself elke dag moet durf vra, en die antwoord sal gereeld  verskil. Sommige mense vind sin in waansin en kranksinnigheid. Ander in die Engelse woord. Die definisie verskil van persoon tot persoon.

Bloedrivier het jou meegesleur die dag toe jy gebore was. Die wat dit wel stroom-op durf se naiwiteit is dikwels hul dood. Uitgewerp, en soms verwerp. Sal bloedrivier ooit stol en opdroog, sodat ons weer uit rib in onskuld gebore kan word?

4 antwoorde op Geboorte

  1. neirac het gesê op Mei 7, 2009

    Hallo, Ek like hoe jy skryf. Welkom hier! Gaan jou sommer nou tot my blog-rol voeg. Dit kan net beter word!

  2. Kiestand het gesê op Mei 7, 2009

    Jou skrywes is regtig iets besonders, mal daaroor!

  3. rioolrot het gesê op Mei 7, 2009

    Dankie! Raak verslaaf aan litnet.

  4. JWinAus het gesê op Junie 25, 2009

    Wow!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.