Jy blaai in die argief vir 2009 Mei.

Droomverlore

Mei 17, 2009 in Sonder kategorie

Soms moet mens erken as iemand se rol in jou lewe verby is. Dit help nie om kompulsief ‘n dooie te probeer opwek uit die doderyk nie. Dit is nodig dat daai idealistiese droom in jou dood gaan vir die verottingsproses om te begin. Dis eers wanneer jy tot die been gestroop is wanneer grond weer kan kunsmis vorm en vrugbaar raak. Om ‘mis’ in kuns te verander, dit is ‘n kuns.

Om van iemand afhanklik te wees om te oorleef is nie liefde nie, dit is parasitisme. Hierdie parasiet veroorsaak dat jy sielsiek raak. Die oomblik wanneer jy sonder iemand oor die weg kan kom,maar met iemand oor die weg kan kom en kies om saam met daai persoon jou lewe te deel, dit is liefde. Liefde is ‘n keuse. Baie mense verspul energie en tyd om die realitiet van hulle lewe te probeer aanpas by die mite dat die mens afhanklik is van iemand anders om volmaak te wees. Die mite is gewortel in sprokies wat van gesag tot geslag oorgedra word;”elke prinsessie het haar prins”. Twee parasiete wat afhanklik is van mekaar om te oorleef is niks anders as simbiose nie.

Simbiotiese-paartjies is saam vennote in ‘n besigheid. Soms is hulle net saam ter sake van die besigheid se voortbestaan. Jy maak die keuse eenkeer om die res van jou lewe saam met iemand te spandeer voor die kansel. Wanneer jy jouself aan iemand verbind, het jy werdlik daarna ‘n enkele onafhanklike keuse? Sterf liefde nie juis wanneer mens geen meer keuse in die saak het nie.. 

Dis ‘n wel bekende feit dat passie en roetine nie in dieselfde bootjie roei nie. Die twee onderdruk mekaar. Miskien is daar, soos wat daar gese word, ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Passie ervaar jy in jou onvoorspelbare-impulsiewe jeug en die vertroosting van liefde in ‘n latere stadium. Passie bied geen vertroosting aan as jy die volgende oggend besef hy het geloop nie.

Dis die vraag wat ek myself so diwels afvra, het liefde ‘n ouderdomspeperking soos wat die samelewing preek? Die mens is onwrikbaar teen tyd en liefde is tydverbonde.

Grond

Mei 10, 2009 in Sonder kategorie

Op grond van ‘n enkele ontmoeting. Op grond van ‘n uur. Op grond van meer as drie simptome; uit die grond het jou diagnose gespruit. Jou huidiglike toekoms visie het spoedig toegerank terwyl jy jou medikasie daagliks swaar sluk en jou metabolisme dit steeds nie wil verwerk nie.

‘n Jaar later, het die geleentheid onverwags opgeduik toe ek ‘n week lank al sonder medikasie sit. Dit maak geen verskil nie? Daar is nie die geringste verskilletjie nie. Stadig maar seker het ek my vergete  visie weer oopgesnoei. Die woud waardeur ek geloop het was skielik bekend terwyl ek die takke met my arms weggedruk het. Hoe kon ek ooit my vebeelding verruil het vir daai vaal, onproduktiewe jaar? Inspirasie het my oorval soos nooit van te vore nie, skielik was ek tevrede om met my voete by die verwarmer te sit, hand neergepen, en vir ure net te skryf oor ‘n naweek.

Vergete was jy en al die ander. Jy het my gekontak, gesms, gefacebook, kom aan klop, maar ek was ‘n doodgelukkige enkeling. In my kop het jy die plek van my vaal verlede ingeneem. Met nostalgie het ek jou by die deur gaan groet, soos ‘n herinnering was jy vir my sentimenteel maar nie aan my verbind nie. Jy neem my tyd. My tyd vir dink. My tyd, in my wereld. Die wereld waar ons nie ontmoet het nie, die een waaraan ek jou nie wil blootstel nie. Die wereld buite bereik van jou sonnestelsel.

Die warm lug het uitgestroom saam met al my gekelderde idees. Dit het opgestyg. Ek het dit ingeasem. Dit weer later uitgeblaas in ‘n skets wat ek nooit voltooi het nie. My liggaam was warm, my verstand helder. Ek het slaap saam met jou begrawe  in my vergete dons doewy. Soms het ek in mymering oor jou getreur en in heimwee terug gedink as my foon steurend ‘n boodskap probeer oordra. Die battery het later afgegaan, maar ‘n week sonder herlaai het my battery nog volstoom vibreer.

Gister het ek als uit my kas op die mat gegooi. Jy was ook daar op my mat, of altans ons twee. Dit moes by Tings geneem gewees het..was dit werklik net drie weke gelede? Ek het nie die energie gehad om als weer terug te pak nie, so die meeste het ek net heel ongenadig weggesmyt. Ek dink my identiteits donkument het tussen die spul beland, want ek kon dit nerens vandag vind nie. My kamer is ‘n doolhof van bokse, en skerwe glas van die mosaik tafel wat ek begin het le oorals versplinter.

Ek is geirriteerd. Kan nie fokus nie en more se werk le onaangeraak op my bed . My foon, met sy swart skerm, druk ek aan die laaier. Ek skuif my boeke eenkant na die voetekant van my bed en klim op die res van die spul gemors in, maar slaap wil nie ontwaak nie. Moet ek jou vertel? As ek rerig wil kan ek dit eenvoudig, onemosioneel in ‘n sms tik. Nee, op wat is drie maande in elk geval gerond?

.
.
.

op wat is ‘n uur  .  .   .

Beeld

Mei 9, 2009 in Sonder kategorie

Soos ‘n gekweste lam
wat hom aan die dood oorgee
verlaat swaartekrag
stilweg sy Dawid gelaat

Oe frustrasie van temptasie
as ek wil oortree
Beeld van ‘n man
so weerloos en broos

wanneer hy insluimer
terwyl ek hom liefkoos

Tussen die hel en die diep blou see

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

Die wind ruk weldadig teen die skarniere van die geroeste deur, en neurie ñ treurlied deur die sleutelgat. Onrus, ñ ironiese naam vir vakansiegangers wat slegs aan son,sand,see en hope rus dink. Maar diegene wat daar bly weet dat Onrus se naam diepper lê as die skuim op die oppervlakte van die onheilspelende-onstuimige see.

Vanaand skeur die hemel weer oop in twee en Onrus lyk slegs na ñ vae herinnering teen die ruit, en as die heilige hel eers los is kom hy maar moeilik tot bedaring. Dit is al wat Onrus vandag vir my is, ‘n vae herinnering. Selfs wanneer ek nie hier is nie, betrap ek my gedagtes dikwels hier omkant terwyl die see soos ‘n siek brak skuimend teen die rotse kots.Tog hunker ek steeds na die plek met my gedagtes tussen-nou-en-jou.

Eending moet jy goed verstaan. Die duiwel is jou beste vriend. Hy is daar elke keer as jy haat koester, en help dit aanstook ook. Hy is daar elke keer wanneer jy see-siek word terwyl die golwe na jou gees roep. Hy is daar wanneer jy liefdevol by die afgrond tuur,en net hy begryp jou in jou donkerste oomblik. Met deurnis en begrip sien hy jou deur tot jou einde. Hy voed jou met ñ teelepeltjie die maklikste uitweg happie vir happie. Hy soek alles wat jy soek,en hy soek jou meer as enige iets anders.

Met ons eerste ontmoeting het ek besef dis nie die duiwel van die kinder Bybel nie. Ek bied toe maar ñ luckystrike aan en hoop innig dat die sigaret getrou aan sy naam sal bly. Tussen die rookwalms se stilte sal ons wel sin maak van hierdie waansin.

Megan en ek sit op die strand. Dis stil. ‘n Paar Johannesburgers durf die skril-koue water aan, en hardloop w er histeries weg wanneer ‘n golfie hul wit tone probeer lek. Ons hou die koggelspel van ‘n veilige afstand dop terwyl ons aan iets dink om vir mekaar te se. Dis al amper meer as ‘n jaar terug besef ek skielik…Ek het gedink dis Gods-onmoontlik om mooier te word as wat sy reeds was, maar dit verstom my nie. ”Dit gaan goed, my kastrasie lys het nog nie toegeneem nie.”

Haar immertrillende geesdrif het duidelik nie gesterf soos haar geskiedenis in Pretoria nie. Sy noem haarself mos ‘Megan’ hier, terwyl almal salig onbewus is van Omega wat eens gevlug het uit jakarandastad, toe ons nog hoopvol gewag het op haar wederkoms. Dit is seker baldadig van my om nou hier op te daag, maar ek moet hierdie vir myself uitpluis.

Waar ‘n storm uitbreek is sy eerste om weg te waai om iewers anders in die son te gaan ontkiem, en ek die eertse om dit te krittiseer en haar sorgeloosheid in die geheim te beny. Sy was ‘n subtiele bedreiging vir my, omdat sy alles gedoen het waarna ek innerlik gesmag het maar gevrees het.  Dit was makliker om die verantwoordelike-beskermheer te speel as om haar te volg. As dit nie vir die skadu was wat sy oor die jakarandabome kom gooi het nie wonder ek of ons albei steeds vriendinne sou wees – ek was totaal versonke in haar lewe.


‘n Nagwandelaar gryp na die eerste beste ding in die donker en klou daaraan vir lewe of dood sonder om werklik te weet waaraan hy klou. Dis eers veilig om jouself te ontkoppel wanneer die son se strale die donker kom verlig en aan jou openbaar dat jy nooit werdlik die voorwerp nodig gehad het nie.So verloor die nagwandelaar sy identiteit in die lig en die voorwerp sy waarde. Die nagwandelaar knyp sy oe op skrefies teen die son, skroeiend-soekend na ‘n nuwe identiteit, en die voorwerp wag vir die volgende nagwandelaar om aan hom vas te loop. Om gou oud te word klink dalk negatief, maar eintlik impliseer dit groei.
 

‘n Jakarandaboom is pragtig om te aanskou, maar dit bly ‘n indringer. Megan was ‘n indringer wat op enige plek kon wortelsiet en in die sahara meer water sou kon bedel as in die oseaan vir al die seediere beskikbaar is. Party het haar aankoms verwelkom, ander haar vlug gevier, maar op almal het sy ‘n indruk gelos. Dis moeilik om te se of die eksotiese boom meer gemors of plesier gebring het, maar as ‘n Jakaranda eers bloei raak jy verlief en besef dis te laat om te begin leer vir die rekord. Die dag toe ek Omega sien bloei het was ek vir ewig aan haar geboei.

“Ek wil he jy moet volgende jaar by my kom bly. Eks erenstig Lester! Hoekom kyk jy my so skeef aan? Ons wou nog altyd.” ” Kampsbaai. Idillies is dit nie…veral vir ‘n arm kuns studentjie. Gaan jy rerig daai plek kry Meg?” “Hoekom bevraagteken jy my altyd? Iemand moet daar bly. Die plek staan seker al vir vyf jaar leeg, behalwe die boonste verdieping word altyd uitverhuur. Die onderste verdieping is oop sodat tannie Millie hulle enige tyd net daar kan oorbly.” Ek grawe my tone diepper in die koel sand in en kyk skielik op oor die strand. Die son bloei al die see in en die spul wat vroeer op die strand was is al weg. Behalwe vir ‘n paar strandlopertjies op die geil begroeide duine is ons alleen. “Kom ons loop Mega. Ek is seker tannie Millie soek ons al en die wind raak al hoe hewiger.”  My jean is nat en skaaf my binne bene rou terwyl ons die twee kilometer in die skemer huis toe draf-stap . Ek trippel oor die teer met my nat, sanderige all stars in die hand. Halfpad huis toe stop ‘n ouerige man met ‘n verflenterde bakkie en laai ons by Zeurigh, tannie Millie se plaas af in Onrus.

Die aand kan ek nie slaap nie. Ek probeer stywer teen Mega opkrul in die dubbelbed met die veredoewy. Langs my haal Mega diep en ritmies asem, salig onbewus van my gekriewel. Iewers roep die enigste eend onsteld tussen die ganse laat in die nag. Ek rol van die bed af en grou ‘n sigaret uit Mega se handsak uit, dit was nog altyd ons ooreenkoms, more sal ek moet opdok vir nog ‘n pakkie. Die venster kraak hard oop en die ysige wind tref my gesig. Picasso spring deur die venster terwyl ek bewend die vuurhoutjie amper op die mat laat val. Die donker dier se gif oe vang myne vir ‘n oomblik, voordat hy weer sy verdwyning om die deur maak. Versigtig klouter ek oor die rand van die venster en probeer so min as moontlik om op die los teels te trap op die dak. Die plaas gloei koorsig onder die helder sterreryk. 

Ek kyk verwonderd na die melkweg, mens sal dit nooit in Pretoria sien nie. As Onrus maar net kon sien waar Mega eens was. Na die vakansie sal rus weer heers oor ‘n plek waar net die waarheid sluimer in vrees onder valsheid wat waak. As ek net alles  fokken kronologies kan onthou sou ek nie vanaand hier gesit het nie. Vrede word nie noodwendig vreedsaam bereik nie vriendin. Die skorsing. Die valsaantuigings. Die hofsaak. Jou verdwyning…waar het ons tou opgegooi het? Die geloei van die wind krap my gedagtes deurmekaar en ek kan nie meer onderskei tussen my gedagtes en die huilende wind nie. “Celeste? Celeste? Wat se jy? Kom slaap. Vir wat sit jy daar en praat alleen met jouself op die dak?! Het jy dan fokken mal geword? Kom tog net in asseblief.”

Mens vind nie vertroosting in die beter-mens-word teorie nie. Sterker? Miskien. Beter mens? Beslis nie. 

                                  Hoofstuk2

“Lester hier is jou koffie en van tannie Millie se vars beskuit.” Sy kom sit langs my op die bed en neem ‘n sluk van haar tee voordat sy ‘n sigaret aansteek. “Meg, daar is suiker in!” Ek neem die sigaret by haar aan en sit my koffie op die grond neer vir Picasso. Mega blaas stadig misvormde sirkeltjies in die lug. Ek voel skielik sleg dat ek so bitsig was en oorweeg dit om die koffie te red van Picasso.

 

“Wat het jy gehoor van Stellenbosch?” vra sy tussen deur die rook. ”Ek is nie aanvaar nie.” “Wat? Wel dan is dit uitgeklaar. Jy kom bly by my en swot by UCT.” “Ek het nie aansoek gedoen by UCT nie.” Die waarheid is dat ek te selfversekerd was dat ek aanvaar sou word by Stellenbosch.  Ek dink onwillekeurig aan Heinrich in Pretoria wat agter die melodramatiese ontstelde uitdrukking op sy gesig nie sy geluk kon inhou toe hy hoor ek moet by Tukkies swot nie. 
As ek in Hermanus kon bly, sou ek nie gehuiwer het nie.  Mega weet dit. As ek in Kampsbaai kon bly, het Pretoria my nie weer gesien nie.  Mega het altwee daai opsies vir my gegee. Soos met alle goue geleenthede moet mens soveel opofferinge maak dat dit nie meer die moeite werd is nie, maar nou lyk dit nie meer of ek iets het om te offer nie. Dit was vanselfsprekend dat ek in Stellenbosch sou swot en elke dag deur die lanings bome sou ry en snags tot die vroee oggend ure my heupe sou swaai en tussen deur nog kuns-kuns-kuns. “Ek het die vakansie om te besluit wat ek gaan doen – gelukkig het ek nog my opsie B.”
Solank jy ‘n duim het, het jy ‘n ‘lift’ – nog een van die lewensvaardighede wat Onrus mens leer. Mega en ek is kaalvoet op die teer besig om ‘n barmhartige samaritaan te probeer uitlok om ons na Gansbaai toe te karwei. Dit het ons alreeds drie ‘lifts’ gekos om net uit Onrus in Hermanus te kom. Ons maak gewoonlik beurte om ons naam weg te gooi. Eers gooi sy duim en lyk pateties, dan gooi ek duim en probeer haar patetiese uitdrukking oortref.

 

Stilte Heer(s)

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

As suisende stilte
my insluk en verdrink
al my duister drome
in kleur en klank ontbind

Werdlikheid verwronge
Gedagtes gestaltes
speel ek God genading
blaas asem in ons dood.

Maar wanneer ek ontwaak
steeds verenig met rib
van man om bors gespan
Gegordel-gegrendel.

Jy hou niks van my oor
net nog ‘n rib verloor

Geboorte

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

 Jy kan nie jou geboorte ontsnap, uitstel, of omseil nie. Dis doodeenvoudig die gevolge van sommige diertjies se plesiertjies. Mens het geen se waar, hoe, wie, wanneer, of ‘wat’ jy wil gebore word nie. Die gebeurtenis wat die res van jou lewe gaan bepaal…is buite jou teer handjies.

Op nege maande word jy, die afskuwelike pienk fetus, as ‘n magtelose nar uitgewerp in ‘n bloedbad. Jou doel; om jou ouers te vermaak-volmaak. Mense kry kinders weens selfsugtige redes, of geen weens dieselfde selfsugtige redes. Die mensdom, is ‘n selfsugtige besigheid.

As jy reeds in die verleidelike verliefdheids-lokval getrap het, is daar geen wegskram kans van moeder natuur nie. Binnekort word jy bekroon met die ‘moeder’ titel, nadat die testosteroon-sindroom sy weg gevind het. Met tyd groei liefde seker maar, let wel; as jou uithouvermoe tot dusver nie tot niet gegaan het nie. Jy is in staat daartoe om enige iemand ‘lief’ te he. Die probleem is net, jy is instaat daartoe om met enige iemand verlief te raak ook. Enige tyd.

Die verskil is, jy kies wie jy lief het. Dit kos iets duursaam, soos tyd. Om verlief te wees is seker die goedkoopste gevoel wat daar bestaan. Dit vat nie drie sekondes om te bereik nie, en nie een sekond om dit te verloor nie. Tog kry jy diegene wat dit as ‘n saak van erns beskou. Juliet was ‘n brose 13 toe sy besluit het om die tydelike vir die ewige te verruil. Verliefdheid, is nog ‘n onverwagte geboorte.

Aborteer jy daai onverwagte geboorte, en jy spoel nooit weer daai bloed van jou hande af nie. Jy sal heel verbaas wees as jy sien hoe lyk ‘n aborsie van nege weke. So as jy al vir nege weke lank daai gevoelens koester, wie weet watse geleenthede daar dalk mag uitbroei?

As jy dink jou geboorte was jou laaste bloedbad, dink weer. Die voortrekkers was ook onder hierdie illusie. Jy hoef nie nostalgies na die voortrekker monument te tuur in herinnering nie. Dikwels het ons reeds ‘n eiehandse ondervinding met moord en dood. As jy nie het nie, geluk. Die media gryp wel elke geleentheid aan om bloed in skoon lakens in te vryf. So spoel jou lakens maar gereeld uit.

Die jammer-dat-ek-durf-om-te-leef houding, het niemand nog ooit enige iets in die sak gebring nie, as jy nog so bevoorreg is om te lewe nie. As jy bibberend benoud in Suid-Afrika leef, vlug na Kanada om iewers anders te gaan sit en sidder. Die sin van jou kosbare lewe is om die sin daarin te gaan soek.

Dis nie ‘n mylpaal wat jy bereik nie, of ‘n bestemming waar by jy eendag sal arriveer nie. Dis ‘n vraag wat jy jouself elke dag moet durf vra, en die antwoord sal gereeld  verskil. Sommige mense vind sin in waansin en kranksinnigheid. Ander in die Engelse woord. Die definisie verskil van persoon tot persoon.

Bloedrivier het jou meegesleur die dag toe jy gebore was. Die wat dit wel stroom-op durf se naiwiteit is dikwels hul dood. Uitgewerp, en soms verwerp. Sal bloedrivier ooit stol en opdroog, sodat ons weer uit rib in onskuld gebore kan word?

Ou dier

Mei 4, 2009 in Sonder kategorie

Haar geweekte wange hang pap terwyl sy deur die foto-album blaai. Van die foto’s is verrineweer en klam groen muf kleef aan die blaaie, terwyl sy hulle een vir een afskeer. Die album is deur diepwater meegesleur toe die geyser ñ paar maande terug gebars het in die stoorkamer. Hoe kan sy op haar ouderdom nog jaloers wees op ñ babadogtertjie? Die ondeunde groen oë en swart krul bos met die pruil lippies, staar uitdagend na haar terug. Is dit die potensiaal wat sy toe beskik het, of die manier hoe haar ouers toe nog na haar ondeunde oë gekyk het?

Sy was vyftien toe sy die album nog so benader het. Vandag lê hy iewers in ñ boks en disintegreer in die stoorkamer. Op sewe-en-dertig het sy, die kluisenaar, besef dis beter om sinies te dink as om naïef te wees. Die enigste menseverhouding wat sy op die stadium gebou het was met die opsigter, meneer Badenhorst. Iewers agter in die bedrukte woonstelkamertjie kan jy hoor hoe sy vir die opsigter preek: “ñ bitter pil, gaan lees maar self Openbaring, daar lê die verklaring.” Hy neem ñ trek van sy Dunhill filter en trek die woonstelkamer se deur toe. Terwyl hy wegloop kan hy hoor hoe sy vir haarself prewel. “ñ Ou gewoonte, seker die eensaamheid” redeneer hy met homself. Soos ñ ou hond wat vrek, het sy gesterf. Geen merkwaardige merk gelos nie, behalwe die bloedplas op vlak 1 nie. Die wederkoms het nie gou genoeg na haar sin gekom nie. Drie lange jare het sy met haarself geworstel en Openbaring probeer ontsyfer, voordat sy neergeslinger het. Eers by Denmar in, toe by die woonstel uit.

Hy het nie opgelet hoe sy by die dag weg kwyn nie. Sy was ñ lojale vriendin kan jy seker maar sê, maar haar verminkte gees het how dikwels gepla. Om nie te praat van sy eens smettelose stoepie nie, hy sal die meid moet gaan roep om daar te gaan skrop. “Arme dier, mens voel die leemte van haar teenwoordigheid aan al is dit nou nie haar dierbare persoonlikheid wat hy mis nie.”
 
Die kruietuintjie voor op haar stoep wag nog geduldig vir die pietersielie om te ontkiem. Dit, en die volgepropte kaste met blikkies en kerse was alles deel van haar voorbereiding op die anti-chris… want jy sien die wederkoms is hier. Die merk van die dier sou sy nooit op haar polse durf nie, daarvoor het sy heeltemal teveel integriteit gehad. Al sou sy nie haarself ñ voorbeeldige Christen noem nie. Die gemeenskap van die heiliges, los sy vir die heilges. As hulle haar wil uitsluit uit die uitverkore volk, moet hulle maar sonder haar oor die weg kom. Buitendien het sy nog nooit een van die heilige wesens teegekom nie.

Sy is meteens weer in die kerk, die gemeenskap van die heiliges. Sy hoor die gepoletoerde geelhout banke kraak, en voel hoe hang die skadu van ‘n kers oor haar. Nog nooit van tevore was sy so naby aan die altaar om om die kers te ruik brand nie. Dis ‘n nuwe reuk. Sy besef skielik dat sy 20 jaar gelede laas haar voete in die kerk gesit het, en dat sy hulle vandag hier neerlê. Die kerklok weergalm teen die koel blaaie van die swart kis, eensaam vasgekluister in die duister.”My Heer, waarom het U my verlaat?”