Hello world!

Augustus 29, 2012 in Uncategorized

Welcome to blogs demo Sites. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!

Sondag roetine

September 11, 2011 in Sonder kategorie

Ek bly saam met ‘n mal klomp mense. Meeste van ons doen seker. Daar was ‘n stadium wat ek mense nie in my huis toegelaat het nie, omdat ek nooit weet wat om te verwag as ek die voordeur oopsluit nie behalwe vir al die bokse in die gang. Dit het grootliks te make met my Ouma van 90 wat dikwels monoloe voer met afgesterwe famielielede, haar toypom, of soms in uiterse gevalle die duiwels op ons dak wat teen haar saamsweer. In iedere geval is sy altyd skadeloos en het die beste bedoelings daarby as sy Bybelverse prewel vir die dak.

Vanoggend vertel my Ouma my weer aan etenstafel van hoe sy eenmaal die kar gevat het en oor die groen heuwel in ons tuin gery het en op ‘n groot grasvlakte afgekom het waar daar absoluut niks lewend te sien is vir kilometers nie. “Nie ‘n perd of ‘n bees is te sienne nie, ek wonder aan watter boer die groot stuk grond behoort”. Dit is sulke kere wat ek altyd wonder deur watse oe my Ouma kies om die lewe sien. Buiten die geval dat haar oe swak is op haar ouderdom is daar nie ‘n heuwel in ons tuin nie en is ons bure se huis ‘n paar meter van ons heinig. Haar herinnering van haar gewese man en kinderjare op hul plaas word gereeld aangepas om haar huidige emosie te pas.

Dis die dat ek agterkom dat ons almal dit tot ‘n sekere mate ons storie onwetend verdraai om ons selfbeeld te staaf. In die gesprek aan tafel probeer my Ouma ongemerk haar kos op die vloer laat val vir Asjas (toypom). “Ma weet ma mag nie die hond aan tafel voer nie! Hoeveel keer gaan ons nog met ma hieroor moet praat? As ma dit weer doen gaan ek die hond buite sit.” sal my ma dan ontsteld te kere gaan.”Maar nou lieg jy Mientjie! Ek sweer voor die Here ek het nog nooit van te vore die hond van die tafel afgevoer nie.” Tien minute sal elke Sondag vreedsaam verloop voor die volgende krummels die vloer bereik.  “Ma! Ek het nounet met ma gepraat oor die gevoerdery van die tafel.” ”Gaan kak in Kaapstad en vee jou voete in Engeland af. Hy hou my op my hoede en beskerm my deur die nag.” “Ek dink ma verwar nou die hond met die Here.”

Die ontbyt sal atyd dieselfde afsluit. My pa wat uit die etenskamer storm oor ‘n opmerking wat deur my ma of Ouma gemaak is. My ma wat haarself verskoon om met my pa te gaan praat. En my Ouma wat almal se borde versamel om die laaste paar krummels weer vir die hond te gooi.

Ja-nee

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Shoe ek het lankterug geskryf! Ek het ‘n plek nodig om te bieg en die hoekie het nog altyd daaraan voldoen. Daar is iets fout met my. Ek weet net nie hoe om myself te diagnoseer nie of wanneer daar met my kop begin lol is nie. Die ergste is ek wil nie. Ek kan net nie nee se nie. Ek voel asof ek almal altyd iets skuld.

Die dillema het begin seevier in my eerste erenstige verhouding. Ek het hom om elke hoek en draai verneuk. Nie omdat ek n behoefte aan ander mans het nie, ook nie oor begeertes wat my begeester nie. Elke keer het ek gebieg-gehuil-gesoebat om vergifnis. Op n dag het die arme man my aan my eie oorgelaat om te gaan uitvind wat de hemel my elke keer oorkom. Verpletter,  maar trots op hom dat hy uiteindelik die eerste simtome van ‘n ruggraat begin toon, het ek my skuldgevoelengs se oorsprong probeer opspoor.

Dis die dat ek begin agterkom dat die enkellopende pad moeiliker is om van my dillema ontslae te raak. Verboureerd en bang het die hondjie ‘n halsband gaan soek. Iemand om hom te straf. Iemand wat gaan verantwoordelikheid neem as hy droogmaak en agter hom gaan skoonmaak. Die ouer man was vanselfsprekend die opvallende keuse. Dit is hoe ek myself ‘n les sal leer het ek besluit. Ek het genot daaruit geput dat hy nie werklik n veer voel nie. Dat ek weet wat my rol is in die verhouding en hy bewus is van syne. Die man wat ek lief het verdien ek nie.

Soms dink ek ek probeer aan myself bewys dat ek net nie meer kan nie. Soms voel ek dis om te bewys ek is selfstandig en het nie iemand nodig wat my gaan verbind aan sekuriteit nie. Soms weet ek deur op te tree sonder om enige gevolge te oorweeg, maak nie van my n kind nie.

baftablou

Oktober 26, 2009 in Sonder kategorie

” Die mens is geneig om slegs sy verontwaardiging en vy verdriet vrye teuels te gee as daar blaam gewerp kan word. As daar geen blaam is nie, dan berus hy. En hoe minder ons in staat is om blaam te werp, hoe groter is ons behoefte aan ‘n sondebok.”- Die Silberstein trilogie Etienne Leroux

Uit met die heid

Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie

Ja. Ek is mismoedig. Want my sekerheid het in onsekerheid ontaard. ‘n Moontlikheid net ‘n moontlikheid gebly. En skielik wonder ek wat is die definisie van moontlikheid en skielik is geleentheid/moontlikheid/onsekerheid sinnoniem. Met die drieling het ek geen kontrak nie. Beloof geen beloftes nie maar kweek geloof in waarskynlikheid en skielik vermoed ek,

ek is ‘n heiden.

Oktober 1, 2009 in Sonder kategorie

Grys glas. Ek versmoor in Sandton. As dit tog net Sandton was.  As dit tog net Sandton was.

Begin vir beginners

September 20, 2009 in Sonder kategorie

Deur aan te hou stap in die kurwe van my regterbrein gaan ek nou net mooi begin roteer. Dis ‘n algemene fout wanneer jy links probeer draai ,en 360 grade later, jouself weer regs vind. My regterbrein is my regte brein aangesien my linkerbrein in sy slaap die tydelike vir die ewige verruil het .Tyd en rigting is byna sinoniem vir my-ek het geen begrip vir een van die twee nie en weet nie wat dit behels om iedere een te besit nie. Gooi jou brood uit op die water, dis hoe ek redeneer. Nou as jy 7 dae en 7 nagte het vir jou brood om te arriveer op ‘n onbekende eiland, waar begin mens roei as jy reeds die diep water getref het? 

Ek is geen god nie, en om in 7 dae aan iets nuut geskape geboorte te skenk, is onwaarskynlik. Bevrugting vind nie plaas sonder passie en inspirasie nie. Die passie-is daar. Die inspirasie-verkrybaar. Maar die hand is lui en die siel is droog gesweet.

 

Een begrip.Een woord.

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

“Everything is possible for him who believes”-jammer ek kan nie onthou waar dit staan in die Bybel nie 😉  Die versie maal al om en om in my kop sedertien Maandag. Ek het al agtergekom dat dis die dinge wat ek so gereeld probeer ontsnap met ‘n kort pad, my altyd ingehaal het. Selfs al bied die lang pad vele nooduitgange het ek nooit die regte bestemming bereik toe ek hul gekies het nie. Ek was een van daai mense wat elke Maandag en soms Vrydae,dit hang af wat my dag behels het, agter ‘n doktersertifikaat geskuil het.

Dis nie dat ek lui was nie, dit was bloot uit vrees vir die onbekende (weens my kortstondige-plesiergedrewe-lewenstyl moet ek byvoeg). Maandag het ek net besef hoe belaglik ek is en vir myself begin lag, God het my nooit verlaat nie, miskien het ek op ‘n stadium, maar ek het vergeet dat dit Godsonmoontlik vir God is om enige iemand te verwerp. My Afrikaanse laerskool juffrou het altyd gese “een begrip, een woord”. My nuwe lewensuitkyk behels dieselfde. Een begrip-geloof. Een woord-alles.

Moeg lam en onverantwoordelik.

Augustus 21, 2009 in Sonder kategorie

Het half 4 by die huis aangekom. Toast gemaak.Gekoffie. Gerook. Geleer. Gerus. Gaan skryf.

Dis een van daai dae waar ek weer, op die ingewing van die oomblik, myself aan die impuls klik begewe.

Moeg, lam en onverantwoordelik

+

Moeg, lam en onveratwoordelik.

=Gelukkig

Maandag sal ek weer ‘n ander deuntjie sing.

FUCK ART LETS DANCE

Augustus 19, 2009 in Sonder kategorie

“Elkeen van ons is bloot ‘n geleibuis van die stroom van opgegaarde idees.” “Daar is ‘n wesentlike onverskilligheid oor die lot van die enkelinge, daar is slegs ‘n deurnis vir die groep, die groter eenheid.”- Etienne Leroux (Die Silberstein-trilogie).

In die 5 jaar wat ek kuns op skool gehad het dink ek dit sou my meer tyd bespaar het om net ‘n fotokopie te gemaak het van kosmos en landskappe. Die bloktrek-tegniek verg hopeloos te veel wiskunde. Kuns,musiek en letterkunde is die een area waar daar onderstel is om geen voorafgestelde maatreels te wees nie.  Oilpaintings van mooi kosmos prentjies op die internet, ‘n swart kind wat uitgeteer na jou toe kruip, renaissance dames in groot rokke- oe ek moet nie die big5 vergeet nie! Dit was die tipe werk wat De Kitsch as ‘n pragstuk aanskou het.

Daar was eenmaal drie enkelinge. Die drie enkelinge het meeste van hul tyd bestee om De Kitsch te krittiseer tydens haar periodes- wat elke oorspronklike konsep gemoor het met “dis te kontroversieel”. Hoe het die drie enkelinge hulle nie verlustig toe die eindeksamen nader kruip en die departement verbied enige beelmateriaal om die kunswerk van af te doen nie. Skielik was niemand se oupas en ma’s daar om hul bloeidjies te help om ‘n olifant te skilder nie. Twee van die drie enkelinge het kuns gaan swot. Die derde se passie is dood na vyf jaar  se gehammer. Met ‘n laate kunsuitstalling het ek die hemp gedra ‘Fuck art lets dance’.”Daar is nie meer enkele karakters nie; ons is elkeen  bloot geleibuise” of soms net printers.