Ek voel ek moet die net se~! Vandag!

Februarie 14, 2013 in Uncategorized

Ek het dit ‘n jaar terug gekry en dis tyd ek gee dit terug ūüôā

Wagwoord vergeet, hoe nou?

Januarie 22, 2013 in Uncategorized

Indien iemand hulle wagwoord vir hulle blog vergeet het, hoe dan gemaak?

Meer oor Reise

Januarie 4, 2013 in Uncategorized

Vir die wat graag meer wil sien. Skakels wat meer oor my reise bevat;

http://pinterest.com/riaanrauties/own-travels/

http://riemmamba.wordpress.com/

Vir 2013, voorspoed en alles wat goed, mooi en reg is vir elkeen.

 

 

Forest Cobra in die sak

Desember 28, 2012 in Reise en ervaringe

Hier in Zambie is die bos ruig, erger in die reen seisoen. Ons kuier te heerlik in die Mukuyu boskamp. Net ons twee wat van die 5de tot die 17de Desember verjaar.

Net voor ons die middag ons wildrit gaan doen, kom loer die slang vir ons;

Die slang is rerig lewendig en effe aan die kwaai kant toe ek en lief naderstaan. Die personeellid kom ook nader en se, hulle het nie die slang by die hoofkamp se slang park nie. Op sy aanbeveling vang ek en hy die Kobra. Stop hom knap in die sak.

Hy word sorgvuldig in die¬†sak,¬†in die motor geplaas. Die slangpark¬†man is toe heel bly en gun my toe die geleentheid om met die luislang vir ‘n rukkie te speel.

NS: op 14 jarige ouderdom is ek deur¬†‘n Berg Adder gepik – Wees maar versigtig met hierdie¬†reptiele.

Reis

Desember 1, 2012 in Uncategorized

Dit bly maar lekker om te kan reis.

Dis nogal vreemd

November 14, 2012 in Uncategorized

Hier gaan ek in op my rekenaar en na my litnet blog. Wat ‘n nuwe gesig? Dit is lekker om al die nuwe te ontdek en uit te vind wat is waar. Soms ook frustrerend! Lekker skryf mense!!!!

 

Skuiwergatte (ek is een van hulle)

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Ek dink nou aan die woord skuiwergat/te.

My pa en ander het dikwels vir my gese “jy is ‘n regte skuiwergat!”

Nou is daar die WordPress ding. Hy het my nou in sy bek. Ek hoop nie hy sluk my in, besap my met sy speeksel, kou en herkou my nie en spoeg my dan uit nie.

Ek het daarheen geskuiwergat as “Marimbaman”.

Die wereld daar lyk anders. indien jy nuskierig is kom loer gerus.

Die klein bruin pakkie – vervolg

Oktober 3, 2012 in Sonder kategorie

Ek wil namens die fees kommitee vir almal om verskoning vra dat ek nou eers die vervolg skryf.

Die middag toe ek terug huis toe ry het ek ook heel tyd gewonder wat in die klein bruin pakkie is. Op ‘n motorfiets kan mens nie in die ry kyk nie. Die gevolge kon nogal skadelik wees indien ek sou.

Tuis laat spaander ek na my kamer en duik op my bed. Klein bruin pakkie in my hand. Toe ek my le kry en die kussing regskuif, maak ek die pakkie oop.

Binne in die pakkie sien ek toe die gedagte om die storie van die klein bruin pakkie te skryf. So al die stront wat ek nou vertel het se oorsprong is uit daardie bruin pakkie gebore.

Ek le rustig en eet aan my sjokolade…….

Die klein bruin pakkie

September 28, 2012 in Sonder kategorie

Vrydag middag. Ek is op my motorfiets gou kafee toe. Die kolletjies kafee.

Sjokolade kielie my brein. Stop voor die kafee. Klim van my fiets af en stap die kafee binne. Kry en betaal my gunsteling sjokolade.

Ek stap na my fiets en klim op. Slaan sy staander onder hom in en sit die sleutel in die sleutel gat.

Ek laat val per ongeluk ‘n tien rand noot wat deel van my kleingeld was. ‘n Eienaardige ou tannie buk vinnig af en tel dit op. Beleefd vra ek, “tannie kan ek my tien rand noot kry?”. Sy het gesien hoe ek die noot per ongeluk laat val. Rats vir haar ouderdom! Sy antwoord “dis myne” ek snap gou sy gaan dit vat en gryp toe ‘n bruin pakkie by haar. Sy se “gee my pakkie”, ek se “gee my tien rand” sy se “dis nie jou tien rand”, ek se “dis nie jou pakkie nie”. Sy stap fort. Klim in haar motor en ry weg.

Ek skakel my motorfiets aan en ry met die bruin pakkie huis toe.

Dinges ja dingeses – I know what it is….

September 11, 2012 in Sonder kategorie

Dis laat Vrydag middag. Die pad van Haenertsburg tot Francistown is lank.

 

Ons is moeg. Martins drif grenspos. Alle paspoorte is gestempel, ons kan vertrek na Francistown.

 

Die laaste kontrole punt is die doeane offisier, wat my gewoonlik laat ry met ‘n vriendelike waai. Hy vra my om die bagasie bak oop te maak. Ek doen so. Hy loer na die tasse, skoene en paar los goed van my koshuis dogter. Hy wys na die elektriese ketel karton doos. Dan vra hy “did you declare the new kettle sir?” Ek is warm en moeg. Ek antwoord hom terug “No, because there is no kettle inside. I used the box to put ‘dingeses’ inside”, se ek kort af. Hy staar ‘n oomblik en om sekerlik nie dom te lyk se hy ewe voldaan, “oh dingeses! it’s ok sit you may proceed!”.

 

In die ketel karton doos was ‘n kaktus wat ek persent gekry het. Ook gelukkig want papiere is vir die goed nodig.