om te Pretoria - aan C en D en I
Dins 6 Okt 2009, 16:37 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer MisbruikEk ken die paaie - selfs al is hulle verle en vreemd met groot betonblokke vernou, verle
my noord bly noord, my oos altyd oos en my kop draai wes as dit moet.
ek glo dat plek in gene inverweef word - elke tree voel bekend - voel gemaklik en veilig
as ek ry weet ek waar linksdraai nodig gaan wees - waar verkeer probleem gaan word
ek rem voor 'n afdraend - so gemaklik sonder intensie en gee vet nog voor die hoogte wys
ek voel tuis in die verkeer, ek weet wanneer die son gaan sak - selfs hoe hoe dit gaan klink vroeg vroeg more-oggend net na vier.
ek blaas my asem saggies uit - ek glimlag maklik vir die om my
want ek is hier in Pretoria
Jy daar doer in Florida nou verstaan ek as jy sê elke oggend wil jy terug na die Suidpunt toe - jou verlange in onbewaakte oomblikke van wakkerword - Corneel die bekendheid van daardie verlange sit dieper as net memories
en dan natuurlik jy my witkop pel op noord tussen mere en beskawing en Franse/Canadese superioriteit - jou malword tussen daardie lot verstaan ek - jou verlange na sonskyn, verlange na fyn nuanses in grappe om 'n rondte tafel - verlange na Mitchells plain se afrikaans - ek sal jou vingerpunte raak en dan hierdie oomblik deel - hierdie gemene deler van ons wat ons vasmaak aan die kontinent
Dawn - en dan - as jy more hier aanland en ek jou sien deurstap vanaf Heathrow allipad terug na jou roots - al is dit vir 'n tussenpose - al is jy my beste London City Girl pel - al het die London Look jou beet en klink jou Engels soos die Queen
roots bly roots
daar waar ek sit in Wellington
tussen groen en berge en wyn weet ek - dis nice, dis huis, dis veilig
maar my roots bly my roots
en om nou te kan Pretoria maak my vas aan julle
dit maak julle realiteit veel nader aan my binnekring as wat julle ooit sal verstaan
Retha
Onderwerpe:
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
Grieta
voltooi die sirkel
| Geslag: | Female |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Cape Town | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 13241 |
| Kommentaar: | 2892 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 23 intekenaar(s)
Kentekens
Blog-rol
- om 'n song vir kal...2010/09/01 10:04:07 nm
- Kokomo se uitdagin...2010/08/31 11:09:35 nm
- 23:002010/08/30 10:56:03 nm
- me-and- you (I-tho...2010/08/29 09:04:35
- 25 Augustus2010/08/25 10:16:42 nm



Lewer kommentaar