Vriendelikheid ‘n straf of ‘n moontlikheid

Oktober 28, 2013 in Uncategorized

friendliness.duck

Ek het groot geword met die “my kind vriendelikheid kos niks.”  Vriendelikheid is een van die gawes van God.  God gee jou die opdrag om vriendelik te wees.  Ek glo as jy mense met eerbied, respek en vriendelikheid behandel dat hulle meer toegeneend en meer openlik sal wees met jou.

Ja ek weet geen mens voel 24uur 7 dae ‘n week vriendelik of lus of party keer sonder pyn nie.  Ek weet almal het ook julle af dae.

Ek het ‘n rukkie gelede iets besef alles wat jy doen en wie jy is is nie altyd so belangrik soos die tye wanneer jy onbewustelik deur jou aksie, woorde , dade of houding iemand se lewe aanraak en so verander.  ‘n Eerlike opregte (dalk onbeholpe) trooswoord by iemand se geliefde se sterfbed dra meer gewig as die grootste ruiker.   

Wanneer iemand jou as mens nodig het skenk van jou menslikheid.  Jy het baie en dit kan nie opraak nie.  Jy hoef nie saam te stem of die probleem te kan oplos nie maar wees net daar.  Gee net om, gee van jouself uit jouself.

Om die vrou by jou Spar in die oë tekyk en te groet of self die boemelaar (ek prober groet ek gee nie altyd geld nie).  Ons is almal God se kinders.  Of ons so lewe of nie.  Hy het ons almal gemaak.  In Sy oë is almal gelyk niemand is beter as iemand anders of meer belangrik nie. 

Ek het vir 5 jaar gependel tussen Bloemfontein en Clocolan in die Oos Vrystaat en dit my regtig ‘n wyle gevat om gewoont te raak daar groet almal mekaar as jy bestuur.  Of ek jou nou ken of nie.  Ek is een van die stroewe bestuurders ek konsentreer so op die pad maar die groetery het ‘n verligtheid in my siel gebring. 

Ek “dare” jou vanmiddag as jy terug ry huis toe groet net een mens op jou pad en morê 2 en oormorê 3.  Dalk as ons mekaar weer begin in die “gesig” kyk sal daar dalk ‘n draai in die land van ons kom.

Beweeg jou molekule maat!

Oktober 9, 2013 in Uncategorized

Movement

Ek blog wanneer ek voel ek moet iets deel.  Vir my is dit normaalweg na ‘n wow oomblik.  Vir julle is dalk dit die “blabbering” van ‘n mal vrou.

Vandag is ek op die gedagte van beweging.  Ni e ek fisies nie maar meer beweging van my kop en my hart.  Ek sit en kyk na ‘n video wat iemand vir my gemail het was lui “Wonders of the world”.  Daar kom die gedagte op.  Alles wat bestaan het of kan beweeg.  Jy moet beweeg  of jy dit wil hoor of nie.

Ek is geen wetenskaplike nie en die volgende stelling het dalk geen wetenskaplike meriete nie maar as ek reg kan onthou bestaan elke struktuur uit molekules en die is heeltyd aan die beweeg.  Hoekom beweging? Ek glo deur beweging wat energie verskaf word lewe so geskep.  As water te lank stil staan dan word dit vrot.  Dieselfde met ons mense.  As jy stagneer in jouself of denke of enige vorm dan gaan jy of ‘n deel van jou “vrot” word.

Om weg te beweeg van seer af is soms te krippelend en is makliker om te gaan sit.  Jou vas te ketting aan jou seer en pyn.  Maar in plaas daarvan om op te staan en aan te loop sodat jy jou berg kan klim om die ongelooflike uitsig te kan sien.  Om nie aan te gaan nie ontneem jy jouself van soveel lewe.  Mens moet rou.  Jy moet huil maar niemand het gesê jy kan dit slegs doen as jy sit of lê nie.

My gedagte is dus beweeg jouself, jou siel, jou seer lyf al is dit in jou gedagtes tot waar die son weer skyn.  Waar die water weer vars en borrel en dan sal ek jou verseker jy sal weer God se warm strale op jou vel voel.

‘n Vinnige besoek uit die Hemel!

September 30, 2013 in Uncategorized

‘n Maand gelede toe het ‘n honger virus wurm my laptop getakkel.  ‘n Vriend van my Refleksiologie leermeester help en met sy wonderlike kennis en geduld red hy al my data.  Al wat in die slag gebly het was my musiek en my Video’s (gelukkig was daar min van hulle).

Vanoggend toe sit ek en probeer nuwe Opleidings Video’s te laai en sien ‘n enkele onbekende video.  Ek maak dit oop en tot my verbasing vir 2 sekondes is my ongelooflike amazing vriendin wat 2 jaar gelede oorlede is op my skerm.  Sy is gesond en sy lag en is onnuts.  Presies soos wat ek haar onthou.  Vir 2 sekondes kon ek haar weer sien.  Sy het die haar geliefkoosde bloes aan ook die een waarin ons haar in begrawe het.

Ek was so ongelooflik bly om haar te sien.  Haar suster is swanger met ‘n tweeling en ek weet sy so opgewonde gewees het.  Ek het ook onlangs iemand nuuts in my hart toegelaat en ek glo sy smile op ons neer.  Wou dit net met hulle deel.

 

 

5 Brode & 2 Vissies

September 16, 2013 in Uncategorized

5 Brode en 2 Vissies

Vanoggend borrel alles in my.  My hart stroom oor van vreugde.  Nee ek het nie die Lotto gewen nie.  My hart en siel is vir die Here weereens gewen.

Die Here kom voed my elke dag.  Toe kry ek die gedagte.  Ek wens ek kon hoor wat die Dissipels gedink het toe die Here die Broodjies en Vissies gevat het by die Seuntjie.  Baie maal in ons lewe het ons 5 broodjies en 2 vissies en dan dink ons so half vies.  “Here hoe kan dit al my gaatjies in my finansies, emosionele pyn, my lyf wat so stukkend is help?”

Here het u dit verloor?  Hoe en dan dan my vriend gebeur die wonderwerk.  Die Here kyk op na die hemel en dank die Vader vir die “bietjie” en dit word ‘n stortvloed van seen wat nie net jou behoeftes vervul nie maar wat 7×7 jou behoeftes vervul.

Hy sorg al is dit nie in die vorm en tyd wat ons gehoop het nie.  Wanneer jy van jou eie self en al jou goeters gestroop is, kyk op en sien die Here staan met sy 5 brode en 2 Vissies.

‘n Woensdag met ‘n wonderwerk of 3

Augustus 29, 2013 in Uncategorized

Wanneer mens iets geestelik beleef het jy hierdie brandende opgewondenheid om dit met iemand ted eel.  Ek weet nie of dit met julle gebeur het nie maar soos jy voort vertel in jou opgewondenheid kan jy dit in hulle lyf sien of in hulle stem hoor.  “Bly dit het met jou gebeur maar….”

Dit het my altyd laat voel ek vat die een en gee hom of haar ‘n skud.  Ek het gister 3 wonderwerke beleef.  Ek wou dit aan iemand baie besonders aan my oordra maar ongelukkig was my timing uit.  Ek plaas toe net die stelling op FB dat ek 3 wonderwerke beleef het.  Daar was reaksie en dat ek moes uitbrei.

Dit is nie dat ek nie dit wou deel nie.  Maar hoe verklaar jy aan iemand ‘n wonderwerk.  Iets wat ek beleef het wat vir my so ongelooflik besonders was.  Daar het ek besef wat vir my so WOW was sien anders nie so nie.   Ek het besef mense is mense.  Jy kan nie kwaad word omdat mense dinge nie sien of beleef soos jy nie al is dit hoe frustreerend.  Ek het ook al onbewustelik of erger nog bewustelik iemand se bubble gebars.

Gister het ek ervaar dat God alleen in beheer is nie.  Nie die regering, ek of enige iets of iemand nie, selfs nie eers Satan nie.  Net GOD.  My God.  Sy liefde vir my het geblom soos die mooiste roos en ek het gestraal.  Dit was ‘n AWESOME dag.

 

Tonnelvisie

Augustus 14, 2013 in Uncategorized

Tonnel Visie 

Het jy al gehoor van Tonnelvisie nee dit is nie een of ander oog defek nie.  Dit het by my kom nes skop en ly nou daaraan.  Ek stoei al ‘n paar jaar daarmee eintlik as ek daar aan dink my hele lewe lank.  Ek weet daar moet ‘n end wees aan my tonnel en soms skyn die lig tot by my voete, dus nou as ek minder gefokus op my eie dinge staan.  en soms af kyk na my voete dan sien ek die lig skaduwees.  Ek stap die laaste ruk moeilik aan my tonnel.  Ek is isegrimmig en sommer in boere Afrikaans “plain weg bedonnerd”.  Nou kan ek al hoor  “let go and let God” die doen ek  en as ek myself kon kry dan wil ek sommer ‘n gat in die tonnel blaas.  Want ek wil nou uitklim.  Ek is erger as ‘n kleuter met al my “hoekoms?, waaroms? Wanneer?”

Hoe stupid kan een mens nie wees nie.  Dit is om ‘n hysbak se deure oop te wil forseer maar die hysbak is nog nie gelyk met die vloer nie.  Al wat gaan gebeur is jy gaan jou te pletter val.  Al wat jy kan doen is wag.  En kyk ek haat daai woord.  Ek het soos in geen geduld nie.  Ek is ook nie goed met spannings verhale nie ek wil altyd weet wat op die ou end gaan gebeur.  Hoe vervelig is ek nie. 

Ek glo vir elke mens op aarde is daar ‘n doel.  Jy is nie net sommer gemaak en aanmekaar gesit omdat die Here op ‘n dag ‘n vervelige oomblik gehad het nie.  Jy ja jy is gemaak met ‘n doel.  Jou doel is nie net sommer maar net nog iets op ‘n lysie nie dit is iets wat iemand se lewe kan verander.  Jy is gemaak spesiaal om deel te wees van ‘n groter plan.   Hoe ongelooflik spesiaal is jy nie.  Het jy al so gedink van jouself.  Daar is net 1 van jou.  Jy is ‘n versamelstuk.

So as jy soos ek is en op die oomblik nie die nut van die tonnel kan sien nie.  Hou moed en hou aan stap al is dit aaklig, vervelig, pynlik, verwarend, en sommer so seer.  Dit gaan die moeite werd wees.

Reis jy?

Mei 21, 2013 in Uncategorized

Op Reis

 Hoe weet jy watter pad om te stap?  Hoe stap jy jou pad?  Kop onderste bo en oë vas net op die grond sodat jy niks om jou raaksien nie of loop jy kop om hoog en drink elke stukkie detail in?

 “Its not the destiny but the journey” Hoeveel keer het jy dit al gehoor?  Ek sien my “reis” deesdae ook op ‘n ander manier.  Die mense wat op jou pad gesit word.  Elke persoon wat jou lewe deur kruis en aan raak  ek sien dit as ‘n blessing.   Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.  Jy is nou ‘n beter jy ‘n slimmer jy.

 Loop en kyk na jou mede reisigers.  Gee om.  Sien raak.  Jou reis mag jou dalk net verbaas.

Raak aan…

Maart 5, 2013 in Uncategorized

Raak aan…

Ek tik hier met trane wat vlak lê.  Die naweek is  Lindsay Batterson Kritzinger van OFM oorlede tesame met haar skoonma.  Ek het haar nie geken nie maar wel haar skoonsus.  As jy op haar Facebook blad lees dan is dit net van liefde, ‘n wonderlike vriendelike mens wat soveel se lewens verander het.

Daarom wil ek vandag blog.  Ek kan nie sê ek weet al die antwoorde van die lewe nie maar wat ek wel weet is dat dinge wat ons dink belangrik is nie eintlik is nie.  Nie eers naastenby nie.

Het jy vandag iemand se lewe aangeraak?  Het jy iets vir iemand beteken?  Sulke dinge kos nie geld nie.  Dit is om vir iemand ‘n drukkie te kan gee, ‘n traan help afdroog, of om net daar te wees vir iemand, om vir iemand te bid.

Om empatie, simpatie te hê beteken meer as om ‘n enorme bankrekening te hê.  Niemand is perfek nie en ons is soms so onbehope met ons gebare maar solank liefde deurskyn daardeur het jou doel bereik.

Leef nie net vandag vir jouself nie maar vir iemand wie se lewe jy sonder dat jy dit weet kan aanraak en verander.

Vrees jy?

Februarie 20, 2013 in Uncategorized

Ons mensdom is eintlik ‘n diep snaakse klomp.

Hoekom raak jy bang?  Hoekom is ons so bang vir alles?  Ons sê ons glo in die Here en Sy uitkoms maar ons vrese hou aan om ons lewens te oorheers.

Ek moes in my inbraak saak getuig het maar uit vrees vir die inbrekers het ek nie.  Hoekom nie? My vrees dat hulle sal terug kom en my kom skade aan doen.  Maar nou het ek ‘n vraag?  Jykannet een keer dood gemaak word en dan is jy hopelik in die hemel met geen pyn, geen vrees, geen tekort of stres nie. Hemels. Ja menskanseker nie so redeneer nie maar om altyd in konstante vrees te leef is dit nie ook maar ‘n soort dood nie met een verskil jy haal nog asem.

Op die 6 Februarie 2013 is my een Oom skielik oorlede.  Hy was besig om sy band om te ruil in die pad en toe kry ‘n massiewe hartaanval.  Hy was oppad na ‘n rolbal oefening.  Sy jongste meisiekind trou presies twee maande na die dag.

My eerste woorde aan my Tannie was dat ek skoon jaloers is.  Ek geniet my tyd op die aarde.  Iemand het verlede week gesê as jy nog op die aarde is dan droom die Here nog oor jou, en as Hy jou kom roep dan het Hy spesiaal plek vir jou gemaak by Sy voete.  Wat ‘n wonderlike ding om te kan sê die Here wat die aarde gemaak het droom oor my.  Kleine onbenullige ek.  As Hy die moeite doen om oor jou te droom dink jy nie Hy hoor jou vrae, seer, verlange, drome nie?  As jy oor iemand of iets droom gaan dit gepaard met opgewondenheid, vrede en geluk.  Nie met vrees nie.

So “Let go and Let God”

Under God’s Construction

Februarie 4, 2013 in Uncategorized

 

Die Here se tyd

Ja ons almal ken die teks wat (rof vertaal) “Die Here se tyd is nie ‘n mens se tyd nie, so is die Here se maniere nie ons maniere nie.

Ons lewe in ‘n stelsel van roetine.  Opstaan, eet, aantrek, werk toe, terug huis toe, kos maak, en eet en bad en slaap.  Dan raak ons mal van die roetine.  Die Here het nie roetine nie en Hy verwag nie dat jy so hoef te lewe nie (Glo ek).

Die Here het ‘n doel met jou.  Weet jy dit? Is jy gelukkig om te weet wat jou doel is, wel as jy weet is jy geseend.  My hele lewe het verander in die laaste jaar.  Ek loop op grond wat ek glad nie ken nie.  En ek swaai gereeld om om terug te hardloop na my bekende roetine.  Maar dan hoor ek die Here se stem duidelik wat sê “Ek het ‘n plan vir jou. Vertrou my. Ek sal jou nie laat val nie het ek al ooit my kind?”  Dan voel ek om te sê “maar Here ek ken niks meer nie, niks maak sin soos altyd nie. “My kind was jy gelukkig daar in jou roetine?”  “Nee nie regtig nie”

Omdat jou lewe nie lyk soos jou buurvrou sin nie beteken nie dat jy nie op die regte plek is nie.  Dit beteken nie dat jy minder werd is of nie saak maak nie.  Jy is net vir nou “UNDER CONSTRUCTION”.  Los die Here dat Hy sy kosbare werk in jou klaar maak.