Jy blaai in die argief vir Geestelik.

Loop op water!

Februarie 5, 2014 in Geestelik

15487405-sitting-black-unhappy-funny-cat-and-blue-rainy-cloud

Een van vanoggend se artikels in die Volksblad is ‘n brief van ‘n man in Brandfort wat met reg sy opinie lug oor ‘n ander brief.  Die ongelukkigheid gaan oor dat  Angus Buchan.  Hy het verlede Vrydag in Bloemfontein saam met ons kom bid.  Daar is nie net vir die reën gebid nie maar vir die land en ook vir die Korkie gesin.  Hy het bloot almal uitgenooi en elkeen het vir homself of haarself besluit om te gaan of nie.

Ons mense sal nooit tevrede wees nie.  Dit reën nog nie eers vir ‘n week nie en daar is klaar mense wat kla.  Weet jy as ek my sonde nie ontsien nie.  Behalwe vir die feit dat daar nie water in ons riviere is nie, sukkel menige boere nog met droogte.  Jy sit gerieflik in die stad, kan net ‘n kraan oopdraai en daar moet water wees of ry tot by Pick ‘n Pay en koop vleis en groente.  Staan jy ooit stil en dink aan die pad wat die produk in jou hand gevat het tot daar?  Hoeveel moeite het dit gevat om dit gereed te kry vir jou gebruik.  Dit is ‘n voorreg en nie jou reg nie, al betaal jy daarvoor.

As jou ma of pa jou nie geleer het van dankbaarheid, onvergenoegdheid kry dan ‘n woordeboek en lees daaroor op.  Jy wat stil stil mor dat jou skoene nou nat is van die reën of wasgoed wat nie droog raak nie hou op en dink aan die boer wat alles kan verloor as die droogte nie breek nie.  Het ons so min oor vir mekaar?  Het ons so hard geword dat ons ons neus kan optrek vir die Here se seen?  Ek kan nie.  Ek verklaar elke dag my afhanklikheid aan Hom.

Om jou afhanklikheid weereens te erken beteken nie dat jy gefaal het nie inteendeel dit wys dat jou fokus reg is.  Dat jou oog stewig op die Here is en nie in jouself nie.  As jy vir die Here kyk en bly kyk sal Hy jou op water laat loop en jy sal nie omgee as jou voete nat word nie.

HOOP – Het jy dit?

Desember 5, 2012 in Geestelik, Hoop

Hoop.  Het jy dit?  

Dit is een van die snaakse dinge in die lewe.  Jy kan dit nie koop, steel of leen nie.  Maar dit verander jou lewe soos wat jy nog nooit in die lewe kon verbeel nie.

Hoop kom in verskillende vorms en op verskillende tye, maar dit het presies die regte bestandele om die job te doen.  Ek glo die Here is die Hero van Hero’s.  Hy is my BESTE VRIEND.  Hy stuur vir ons Hoop of ons daarvoor vra of nie.

Ons is soms so onbeholpe en in ons eie pad.  Ons probeer so alles self “uit pluis” Why??? Sit op jou boude en maak jou oë toe en bid-praat.  Moet nie iets moois probeer uitdink nie. Vra net Here skenk my Hoop.  Skenk my uitkoms.  Skenk my die antwoorde wat ek so desperaat soek.  Here skenk my die lewe wat U vir my beplan het.  Here ek bring my stukkende lewe, huis, huweluk, werk, verhoudings, my vrese … nou hier na U toe.  En dan sê jy Amen en dan haal jy asem maar daai teug is anders as al die ander want van daardie amen af los jy dit en jy glo in die Hoop wat oppad is EN LAAT DIE HERE DOEN WAT HY GOED KAN DOEN EN DIT IS VIR JOU TE SORG!! 

En as jou Hoop arriveer dan kyk jy op sê DANKIE.

En laat weet my of ek reg is of nie.