Jy blaai in die argief vir 2014 Mei.

Water verander in wyn!

Mei 12, 2014 in Uncategorized

Water into Wine

Soos water verander in wyn so verander die Helige Gees ons mense se  woorde in Wonderwerke

Uit die mond van ‘n mens kom vat die Heilige Gees ons gebede op na ons Hemelse Vader en met die aksie word ons woorde omgeskakel in ‘n wonderwerk. Slegs deur die Here se genade verander ons woorde en die Here sien dit is goed en seën dit
Hier kan ons aardse wesens wat niks eintlik is nie met die Maker van die heelal God van al die eeue te kan praat. Ons kan met Hom oor ons dinge en problem praat. Ons kan hom aanroep enige tyd dag of nag. Of jy gister in die kerk gesit het of jy nog nooit jou voete in ‘n kerk gesit het nie. Al wat jy kan doen is om net te begin praat Hy luister. Hy oordeel nie soos mense nie Hy verstoot nie soos aardse mense. Hy gee net. Hy gee liefde, vertroosting, leiding deur gevaar en bekommernis. Hy is so opgewonde oor ons, ek en jy.

Sien ons Hom soos Hy ons sien? In en met liefde. Ek sukkel daarmee ek moet erken. Ek sou nie so lief vir mense gewees het nie en ek sou ook nie my Enigste Seun gestuur het nie. Ek dink nie ons breine kan ooit die grootheid van Sy liefde ooit kan verstaan nie. Ons wil so graag weet wat in die toekoms gaan gebreur. Hoekom? Sal jy dit kan verstaan? Sal jy genoeg krag kan hê om die impak van die hele prentjie te kan hanteer. Ek glo nie so nie.

Deur Sy hande vloei al die drade van al die mense wat ooit geleef het en wat nog gaan lewe. Hy weet presies waar om watter draad te vleg. Hy maak nooit ‘n fout nie. Elke besluit is deurdenk en presies. Nou vra ek jou weer Glo jy in gebed. Kan jy ooit dink dat jou gebed jou pad verander. Dit gooi nie Sy hele beplanning uit nie die prent wat Hy weef pas aan. Hy is ongelooflik. Hy is pryswaardig. Hy is my Almagtige God Skepper van Hemel en Aarde.