Jy blaai in die argief vir 2014 April.

Dra my pakkie!

April 30, 2014 in Uncategorized

Parcel_DeliveryVanoggend is daar ‘n klop aan jou deur.  Jy maak oop en daar staan ‘n man wat jy nog nooit in jou hele lewe gesien het nie.  Jy groet beleefd en half en half sku “Kan ek help vra jy”  “Goeie Morê ek is hier vir u pakkie”  “My pakkie vra jy met ‘n duidelike frons?”  ” Ja mevrou u pakkie”  Nog steeds staar jy die man aan asof hy van Mars af kom.  Hy praat jou taal maar jy verstaan nie wat hy vir jou sê nie.

“Mevrou vandag dra ek jou pakkie seer vir jou”  en voordat jy nog kan dink en ‘n woord sê voel jy net die swaar klip in jou hart lig op en die dooie gevoel maak plek vir iets veerlig.  Daar staan jy nog en die man verdwyn om die hoek.  Jy wou nog vra vir hoe lank en hoe ….. maar dit is nie belangrik nie.  Jy het jou veerlig hart vir ‘n kort rukkie terug.  Jy storm jou huis binne en giggel skoon.

Dit is presies wat ek glo.  Ek glo elke keer as jy vir iemand bid dan lig jy ‘n hart.  Jy maak ‘n swaar seer hart vir ‘n sekonde ‘n meringue hart.  Wat lekker is as jy vir iemand anders bid vat dit niks van jou af weg nie.  Dit is net sommer lekker.  Jy kan nooit daardie mens se pakkie weg vat nie of die seer beter maak nie of sy kind wat te vroeg weg gevat is terug gee nie maar jy kan vir ons liewe Vader net weer herinner aan hom of haar.

As daar dood in ‘n familie is dan storm ‘n massa mens op die familie af en mens stoei mekaar skoon net om te wys dat hulle omgee en soos die dae weke word en die weke word jare dan is die wat saam met hulle stap word minder.  Almal het ‘n pakkie ek weet dit en verstaan dit maar probeer dit vir ‘n week bid vir 3 ander mense.  Jy hoef slegs hulle name te noem jy hoef nie ‘n Standard 7 opstel voor te dra nie.  Die Here weet presies wat aangaan.  Kyk  na die week hoe jy voel en glo my jy sal wil aanhou.

You will be blessed when you are blessing others.