Are you a double agent?

Maart 19, 2014 in Uncategorized

Good & Evil

Normal
0

false
false
false

EN-ZA
X-NONE
X-NONE

/* Style Definitions */
table.MsoNormalTable
{mso-style-name:”Table Normal”;
mso-tstyle-rowband-size:0;
mso-tstyle-colband-size:0;
mso-style-noshow:yes;
mso-style-priority:99;
mso-style-parent:””;
mso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt;
mso-para-margin-top:0cm;
mso-para-margin-right:0cm;
mso-para-margin-bottom:10.0pt;
mso-para-margin-left:0cm;
line-height:115%;
mso-pagination:widow-orphan;
font-size:11.0pt;
font-family:”Calibri”,”sans-serif”;
mso-ascii-font-family:Calibri;
mso-ascii-theme-font:minor-latin;
mso-hansi-font-family:Calibri;
mso-hansi-theme-font:minor-latin;
mso-fareast-language:EN-US;}

Vanoggend verifies ek my  vir iemand wat ek al my hele lewe ken.  Hoe kan die person so optree dink ek.  Die persoon is die een wat altyd vir jou ‘n Bybel teks sal sms maar jy kan duidelik sien waar hulle prioriteite is, dink ek hardop in my kantoor. 

En toe …. Soos die engelsman sal sê “the penny dropped”.  Jy Retha is ook ‘n “Double Agent”.  Jy het ook al iemand anders se lewe begeer,  jy het al geskinder, jy het al gejok.  Die arme 10 gebooie in jou lewe  lyk soos ‘n kar wat ‘n goeie panelbeater soek.  Vol duike en roeskolle.

Ja ek wat elke dag probeer om ‘n kind van die Lig te wees.  So ek wil die vraag waag om te vrae?  Loop jy altyd in die lig?  Of loop jy daar wanneer dit gerieflik is of wanneer ander mense jou kan sien.  Tel jou “goeie dade” as Double agent?  Ek weet nie altyd wat is erger nie om te maak of jy ‘n dubbele lewe te lei nie of om openlik te sê weet jy ek is sondig.  Ek gaan ‘n wit leuntjie dalk vertel (onthou dit mag dalk wit wees maar dit bly nog steeds ‘n leuen) ek gaan begeer, ek gaan iemand seer maak dalk nie opsetlik nie.

Ek kies om ‘n sondige mens te wees so eerlik as wat my natuur my toe laat om te wees.  Ek is skuldig aan so baie verkeerde dinge die wat ek van weet en die spul wat ek nie eers van weet nie.  Ek wil nie ‘n dubelle agent wees nie.  Ek wil nie opsetlik iemand anders wees wat ek nie is nie.  Dit vat al klaar inspanning om net 1 lewe te leef wat nog te sê van 2 in 1. 

Na al die het ek net besef mense gaan jou ontstel.  Net soos wat jy mense ontstel.  Jy kan nie woede oor iemand anders in jou lyf saam dra nie want daai korreltjie word later ‘n rots in jou sak.  Laat gaan…

Jy sal geoordeel word soos wie en wat jy is.  Jy maak nie iemand anders se oordeel meer seker of meer intens nie.  Dit is nie jou reg nie dit is net in God se hande.  So vererg jou, klap jou tong hoe hard, swaai jou wysvinger in die lug want dit is al wat hieroor kan gebeur.  Dan as jy gekalmeer het en afgeblaas het sê dankie vir die ondervinding dit klink simpel en mal maar jy is ‘n beter mens daarna want jy het ‘n keuse gemaak.  Elke dag het sy dinge en almal saam bou die legkaart van jou lewe.   

5 antwoorde op Are you a double agent?

  1. Mens moet maar altyd bedag daarop wees,dat mens nie ander seermaak deur woorde of dade nie.Soms is dit moeilik.

  2. Myns insiens het jy die essensie van ware Christelikheid hier vasgevang, want – alles is genade en onverdiende guns.

  3. tantekoba het gesê op Maart 19, 2014

    Juis omdat ons nie een volmaak is nie, is deel van ons menswees
    (Die ou Roosdoring in ‘n nuwe gedaante 😛 )

  4. ek-myself het gesê op Maart 20, 2014

    Jy kan nie woede oor iemand anders in jou lyf saam dra nie want daai korreltjie word later ‘n rots in jou sak. Laat gaan… Dit is so waar, my gister so vereg vir iemand se optrede maar toe laat gaan ek maar want die persoon is NIKS in my lewe nie en beteken eintlik net mooi NIKS vir my nie… manupileer eerder iemand vir wie ek lief is…. dit maak my vies en haar oe het klappe op.

    JY KAN NIE MENSE SE GEDRAG BEHEER NIE!!!

    Verder hou ek nie van oordeel nie…. baie mense loop mos Bybel onder die arm en baksteen in die hand!

  5. Bob Marley het gesê; None but ourselves can free our mind, Ek dink jy het dit nounet gedoen 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.