Loop op water!

Februarie 5, 2014 in Geestelik

15487405-sitting-black-unhappy-funny-cat-and-blue-rainy-cloud

Een van vanoggend se artikels in die Volksblad is ‘n brief van ‘n man in Brandfort wat met reg sy opinie lug oor ‘n ander brief.  Die ongelukkigheid gaan oor dat  Angus Buchan.  Hy het verlede Vrydag in Bloemfontein saam met ons kom bid.  Daar is nie net vir die reën gebid nie maar vir die land en ook vir die Korkie gesin.  Hy het bloot almal uitgenooi en elkeen het vir homself of haarself besluit om te gaan of nie.

Ons mense sal nooit tevrede wees nie.  Dit reën nog nie eers vir ‘n week nie en daar is klaar mense wat kla.  Weet jy as ek my sonde nie ontsien nie.  Behalwe vir die feit dat daar nie water in ons riviere is nie, sukkel menige boere nog met droogte.  Jy sit gerieflik in die stad, kan net ‘n kraan oopdraai en daar moet water wees of ry tot by Pick ‘n Pay en koop vleis en groente.  Staan jy ooit stil en dink aan die pad wat die produk in jou hand gevat het tot daar?  Hoeveel moeite het dit gevat om dit gereed te kry vir jou gebruik.  Dit is ‘n voorreg en nie jou reg nie, al betaal jy daarvoor.

As jou ma of pa jou nie geleer het van dankbaarheid, onvergenoegdheid kry dan ‘n woordeboek en lees daaroor op.  Jy wat stil stil mor dat jou skoene nou nat is van die reën of wasgoed wat nie droog raak nie hou op en dink aan die boer wat alles kan verloor as die droogte nie breek nie.  Het ons so min oor vir mekaar?  Het ons so hard geword dat ons ons neus kan optrek vir die Here se seen?  Ek kan nie.  Ek verklaar elke dag my afhanklikheid aan Hom.

Om jou afhanklikheid weereens te erken beteken nie dat jy gefaal het nie inteendeel dit wys dat jou fokus reg is.  Dat jou oog stewig op die Here is en nie in jouself nie.  As jy vir die Here kyk en bly kyk sal Hy jou op water laat loop en jy sal nie omgee as jou voete nat word nie.

14 antwoorde op Loop op water!

  1. tina10 het gesê op Februarie 5, 2014

    Ja die mensdom is nooit tevrede nie

  2. Ek is nie ‘n Angus fan nie, maar met heel ander redes as wat jy mag dink. Ek verstaan egter oor boer en reen…iets wat die massas in die land geen clue van het nie.

  3. Ek raak woedend vir mense wat kerm oor reen.Hulle is selfgesentreerd en dink net aan hul eie gerief.Sal seker die grootste klakouse wees as die krane leeg is.

  4. Sjoe, mooi geskryf en so waar!

  5. Ai dis ‘n ding wat ek sommer hard wil uitskree, hierdie woorde wat die oom van Brandfort so mooi gestel het. Ek het ‘n ander woord daarvoor; “Mindfulness” Mense het so afgestomp en selfsugtig geraak, bitter min morele waardes oor, maar die hartseer is hulle besef dit nie eers nie, hulle dink hulle is vreeslik oulik.

  6. @beate Mense sal sommer omval en doodgaan as daar niks is om oor te kla nie. 😉 Ek geniet die reen, al kry ek diegene wat so sukkel om by die skool en werk te kom jammer, maar net so geniet ek die son, want dit maak my gelukkig. Maar … ek het al baie gekla as ek handdoeke moet tuimeldroog of as, soos twee weke gelede, dit so reen dat die dakherstellers nie vir hul kontrakwerk kan opdaag nie. Jy laat ‘n mens weer nederig voel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.