Jy blaai in die argief vir 2014 Februarie.

Geluk by die ongeluk

Februarie 13, 2014 in Uncategorized

Geluk by die ongelukJa geluk by die ongeluk.

Die dat ons voorblad so weggeraak het of dit dalk die nuwe interior idee is van WordPress sal ek nou nie so mooi weet nie.  Wat ek wel weet as jy wil blog en jou sê wil sê dan maak Boer se kind ‘n plan en ons klomp stoom voort.  Op ‘n agterste voor onderste bo manier is dit nogal lekker.  Jy lees weer bietjie iemand ouds se nuwe denke en woorde en so word jou dag sommer opgehelder en jou Blog blad afgestof.

Wys jou net as jy wil dan kan jy.  Dit hang net af van hoe jy na die wereld wil kyk.

Loop op water!

Februarie 5, 2014 in Geestelik

15487405-sitting-black-unhappy-funny-cat-and-blue-rainy-cloud

Een van vanoggend se artikels in die Volksblad is ‘n brief van ‘n man in Brandfort wat met reg sy opinie lug oor ‘n ander brief.  Die ongelukkigheid gaan oor dat  Angus Buchan.  Hy het verlede Vrydag in Bloemfontein saam met ons kom bid.  Daar is nie net vir die reën gebid nie maar vir die land en ook vir die Korkie gesin.  Hy het bloot almal uitgenooi en elkeen het vir homself of haarself besluit om te gaan of nie.

Ons mense sal nooit tevrede wees nie.  Dit reën nog nie eers vir ‘n week nie en daar is klaar mense wat kla.  Weet jy as ek my sonde nie ontsien nie.  Behalwe vir die feit dat daar nie water in ons riviere is nie, sukkel menige boere nog met droogte.  Jy sit gerieflik in die stad, kan net ‘n kraan oopdraai en daar moet water wees of ry tot by Pick ‘n Pay en koop vleis en groente.  Staan jy ooit stil en dink aan die pad wat die produk in jou hand gevat het tot daar?  Hoeveel moeite het dit gevat om dit gereed te kry vir jou gebruik.  Dit is ‘n voorreg en nie jou reg nie, al betaal jy daarvoor.

As jou ma of pa jou nie geleer het van dankbaarheid, onvergenoegdheid kry dan ‘n woordeboek en lees daaroor op.  Jy wat stil stil mor dat jou skoene nou nat is van die reën of wasgoed wat nie droog raak nie hou op en dink aan die boer wat alles kan verloor as die droogte nie breek nie.  Het ons so min oor vir mekaar?  Het ons so hard geword dat ons ons neus kan optrek vir die Here se seen?  Ek kan nie.  Ek verklaar elke dag my afhanklikheid aan Hom.

Om jou afhanklikheid weereens te erken beteken nie dat jy gefaal het nie inteendeel dit wys dat jou fokus reg is.  Dat jou oog stewig op die Here is en nie in jouself nie.  As jy vir die Here kyk en bly kyk sal Hy jou op water laat loop en jy sal nie omgee as jou voete nat word nie.