Waardevol

November 20, 2013 in Uncategorized

WorthGisteraand laat terwyl die reën sag buite in die Vrystaat val kom vra die Here sag in my hart “Retha wat is jy werd?”  Daar lê ek stom geskrik  want ek kan nie dit beantwoord nie.  Ja ek weet die Here is lief vir my en al die dinge wat daarmee gepaard gaan maar die vraag bly staan.  “Wat is jy werd?”  Is jy werd wat op jou Salaris Strokie gedruk word elke maand?  Is jy meer werd of is jy minder?  Meet jy jouself teen wie se skaal? Jou familie sin of jou werk of jou eie skaal.  Hoe akkuraat is die skaal?

Die Here se skaal is groter as wat ons sin is dink ek.  Jy my liewe vriend en vriendin is meer werd as wat jy ooit sal kan besef.  Jou waarde is nie op ‘n aardse vlak meetbaar nie want ons verstaan dit nie.  Ons is gemaak met Godelike liefde.  Deur Hande wat alles gemaak het.  Jy is so kosbaar.  Jy is belangrik.  Jy moes hier nou op die oomblik hier gewees het.  Omdat jy hier is het jy ‘n impak om iemand se lewe.  Jy raak iemand anders wat net soos jy waardevol is se lewe aan.  Jy kan van jou uniekheid deel want dit kan nooit opraak nie.  Jy is pragtig, ongelooflik kosbaar en wonderlik.  Die Here het so ‘n groot plan vir jou.  Jy is sy kristal waardeur die lig sal vloei en ‘n reënboog van kleure sal terug weerkaats.

Onthou altyd jy is meer werd as wat ‘n stukkie papier sê of wat ‘n ander mens vir jou kan sê.  Die Here sê jy is die moeite werd.

 

 

11 antwoorde op Waardevol

  1. Sjoe dis so mooi en waar. Dankie vir die deel! En onthou sommer self wat jy hier geskryf het!!! Onthou altyd jy is meer werd as wat ‘n stukkie papier sê of wat ‘n ander mens vir jou kan sê.

    Geniet jou dag!

  2. tina10 het gesê op November 20, 2013

    Ek kan dit nie beter as @ek-myself sê nie

  3. lora2me het gesê op November 20, 2013

    Dis waar. Ons wil almal tog so graag berge versit en beroemd word of beloon word en eintlik is ons, deur Genade, klaar kosbaar en bepland gebore. ‘n Positiewe boodskap.

  4. ek kan net beaam wat ek-myself geskryf het.
    ons vergeet dit ongelukkig soms te maklik

  5. Jy moet glo in jouself,dan sal jy ook jouself meer waardeer.Sterkte!

  6. Voorspoedige 2014 vir jou Beate

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.