Maak my verstaan?

November 12, 2013 in Uncategorized

Ek probeer hard deesdae om posetief te bly.  Dus kies ek wat lees ek van die wêreld buite my voordeur.  Vanoggend toe lees ek van die artikels van die Griekwastad Moordsaak.  Ek het slegs ‘n handjievol vrae want my kop tol.  Eerstens hoe doen ‘n mens dit?  Hoe rig jy ‘n vuurwapen op 3 niksvermoedende mense slaan en martel hulle?

Dieselfde met plaasmoorde of inbraak moorde?  Wat het verkeerd geloop in jou lewe dat jy jouself bo ander kan stel en besluit op wraak.  Almal raak kwaad.  Almal voel soms te na gekom maar ons moor nie.  Ek sukkel regtig om dit te probeer verstaan.  Hoe verwerk families om die in so ‘n saak hulle verlies?  Hoe herbou jy jou lewe want daar is nie ‘n manier dat dit ooit weer dieselfde sal wees nie.  Vergifnis is ‘n ongelooflike groot woord.  Ek wil iets skerps sê oor wat vergifnis beteken maar ek het niks.  Dit is iets wat geen mens op sy eie kan doen nie.  Die Here moet jou hart kom oopmaak en skraap van al die haat en pyn en dan met baie tyd weer so kan kry dat daar weer kan blom.  Maar dit alles kan net met tyd en liefde en genade.

Ek sal graag hulle opinie hieroor wil hoor.

 

10 antwoorde op Maak my verstaan?

  1. lora2me het gesê op November 12, 2013

    Ek sou graag wou glo dat wanneer mense moord pleeg, hulle nie op daardie oomblik regtig dink nie. Natuurlik is dit nie waar nie en dit is hoekom ons so ‘n stryd het om moord te verstaan en te verwerk. Iemand gaan sê moord is eintlik menslik en dat ons hierdie gedagtes net bloot onderdruk en daarom , a.g.v. beskaafdheid, in vrede kan saamleef, maar ek het, persoonlik, nog nooit die behoefte gehad om iemand te vermoor nie … wraakgedagtes, miskien, maar moord … nooit. Vergifnis is na my mening die hoogtepunt van selfverwesenliking en selfontwikkeling, want dis moeilik en moet alle ander emosies oorheers voordat dit “in werking gestel” kan word. Sela 😉

  2. maryna het gesê op November 12, 2013

    Is hierdie die Steenkamp-moordsaak van destyds waaroor almal nou weer praat? Ek het tred met al die nuwe nuusgebeure verloor die laaste week of so.
    Dit wreedheid wat met so ‘n daad gepaard gaan is vir my ondenkbaar, en ek probeer nie eers meer om mense se patologiese gedrag te verklaar, te begryp of daarvoor verskoning te maak nie.

  3. tina10 het gesê op November 12, 2013

    Ek probeer neutraal bly en sulke nuus te vermy … ek het genoeg van my eie dinge Om boosheid te ontleed maak mens self net ongelukkig. Ek vul my lewe so veel moontlik met positiewe goed.

  4. vega het gesê op November 12, 2013

    Mense wat ek ken se ouers is ‘n paar dae gelede gemartel en vermoor. Dis hulle reaksie;
    “Last night both my folks were murdered in Natal. God’s peace surrounds us as a family. It does encourage me to urge everyone I know to reach out and love those around you, a gentle touch, an encouraging word and an act of kindness can reverse the ravaging violence that is gripping our country. Please hear me, only love can heal our land. The majority of people in our beautiful nation are God fearing. loving people. Please do not continue to sew negatively by speaking out destruction against all of God’s beautiful people, treating people with disrespect or using the people around you. Love everyone, all the time, with kind eyes, kind thoughts and kind actions. A love revolution will heal our land and will eventually heal the hurting people that hurt others. Resolve with me today to Love, with God’s everlasting love and prioritise people above things, it is not too late to heal our land and if you act out in love then my parents will not have been murdered in vain. Much love”
    Dit is John Noble jy kan hom opsoek op FB, dis ‘n oop bladsy. Lees wat hy vir die pers geskryf het op 9 November.

  5. PIXIE het gesê op November 12, 2013

    Ek is nie ‘n groot “kerkmens” nie, maar ek stem dat slegs die Here in so ‘n situasie kan help met vergifnis. Ek het een keer ‘n wonderlike artikel gelees. Jy moet vergewe vir jouself, om die las van jou skouers af te kry. Maar dit beteken nie jy moet daardie person teruglaat in jou lewe nie. Ek hou nogal daaraan vas. Hoe Martella gemartel is en vermoor is, laat my maag draai en draai. Geen mens moet so sterf nie. Dis regtig net ‘n “mal” mens wat dit aan ‘n ander doen….

  6. ek sal ook sukkel om in hierdie geval te vergewe.
    Ons predikant se broer en sy vrou is so paar jaar gelede deur hulle kinders en Indier man vermoor – hy het al gepreek oor die vergifnis wat tog gekom het

  7. Ek het ook nie vir jou ‘n antwoord nie…wonder self daaroor.

  8. Mens kan nie verstaan nie – meeste van ons is te ver van dit af…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.