Jy blaai in die argief vir 2013 November.

Waardevol

November 20, 2013 in Uncategorized

WorthGisteraand laat terwyl die reën sag buite in die Vrystaat val kom vra die Here sag in my hart “Retha wat is jy werd?”  Daar lê ek stom geskrik  want ek kan nie dit beantwoord nie.  Ja ek weet die Here is lief vir my en al die dinge wat daarmee gepaard gaan maar die vraag bly staan.  “Wat is jy werd?”  Is jy werd wat op jou Salaris Strokie gedruk word elke maand?  Is jy meer werd of is jy minder?  Meet jy jouself teen wie se skaal? Jou familie sin of jou werk of jou eie skaal.  Hoe akkuraat is die skaal?

Die Here se skaal is groter as wat ons sin is dink ek.  Jy my liewe vriend en vriendin is meer werd as wat jy ooit sal kan besef.  Jou waarde is nie op ‘n aardse vlak meetbaar nie want ons verstaan dit nie.  Ons is gemaak met Godelike liefde.  Deur Hande wat alles gemaak het.  Jy is so kosbaar.  Jy is belangrik.  Jy moes hier nou op die oomblik hier gewees het.  Omdat jy hier is het jy ‘n impak om iemand se lewe.  Jy raak iemand anders wat net soos jy waardevol is se lewe aan.  Jy kan van jou uniekheid deel want dit kan nooit opraak nie.  Jy is pragtig, ongelooflik kosbaar en wonderlik.  Die Here het so ‘n groot plan vir jou.  Jy is sy kristal waardeur die lig sal vloei en ‘n reënboog van kleure sal terug weerkaats.

Onthou altyd jy is meer werd as wat ‘n stukkie papier sê of wat ‘n ander mens vir jou kan sê.  Die Here sê jy is die moeite werd.

 

 

Maak my verstaan?

November 12, 2013 in Uncategorized

Ek probeer hard deesdae om posetief te bly.  Dus kies ek wat lees ek van die wêreld buite my voordeur.  Vanoggend toe lees ek van die artikels van die Griekwastad Moordsaak.  Ek het slegs ‘n handjievol vrae want my kop tol.  Eerstens hoe doen ‘n mens dit?  Hoe rig jy ‘n vuurwapen op 3 niksvermoedende mense slaan en martel hulle?

Dieselfde met plaasmoorde of inbraak moorde?  Wat het verkeerd geloop in jou lewe dat jy jouself bo ander kan stel en besluit op wraak.  Almal raak kwaad.  Almal voel soms te na gekom maar ons moor nie.  Ek sukkel regtig om dit te probeer verstaan.  Hoe verwerk families om die in so ‘n saak hulle verlies?  Hoe herbou jy jou lewe want daar is nie ‘n manier dat dit ooit weer dieselfde sal wees nie.  Vergifnis is ‘n ongelooflike groot woord.  Ek wil iets skerps sê oor wat vergifnis beteken maar ek het niks.  Dit is iets wat geen mens op sy eie kan doen nie.  Die Here moet jou hart kom oopmaak en skraap van al die haat en pyn en dan met baie tyd weer so kan kry dat daar weer kan blom.  Maar dit alles kan net met tyd en liefde en genade.

Ek sal graag hulle opinie hieroor wil hoor.

 

In ‘n veilige plek

November 5, 2013 in Uncategorized

Hoe harde die winde om my geestelike lyf waai en woed hoe veiliger vou die Here se hande om my.  Die gevoel van veiligheid is so ongelooflik en ek weet dat ek op die veiligste plek ooit is.  Niks sal my uit my Vader se hande kan ruk nie en dit is presies waar ek nou wil wees.

Wou net die paar sinnetjies met julle deel.

Dankie vir al die bemoedigende woorde en liefde

God's hands around my life