Gebreekte Kam – Die kas sonder Hoop

Oktober 31, 2013 in Uncategorized

Broken life

In die Bybel is daar ‘n teks “Waarmee sal jy sout sout maak?”  As jy jou doel, rigting verloor het, hoe bid jy dit terug?  My lewe het verlede jaar April begin verander en tot nou toe vir die eerste keer in 40 jaar kom ons nie op dreef nie.  Ek is ‘n kam sonder tande.  Ek is nog ‘n kam maar my doel is nou so bietjie deurmekaar stukkend.

Mense wat so nie aan die gang kan kom nie het my altyd so geirreteer.  Ai tog staan op stof jou self af en kom net weer in die swing of things.  Ai tog. Ek kyk vir myself in die spieel en sien myself maar ek ken nie die gesig nie.  Ek ken nie die vrou wat eweskielik geen wortels meer het nie.

Ek is al moeg vir my eie depressie.  Kom daar oor.  Jy kan.  Ek is in Bemarking al vandat ek 19jaar oud is en al my planne en idees wat flater vry was flop nou op daagliks.  As dit nie so sad was nie het ek begin lag.  Ek is dom en stom.  Ek kyk op en bid kliphard maar ek kan nie die doel met die kam sonder tande sien nie.

Ek staan skuldig die een wat begin het om te blog oor Hoop is hoop leeg.  Maar ek sal weer my kam tande terug kry en vir julle Hoop bring.  Watch this space!

 

15 antwoorde op Gebreekte Kam – Die kas sonder Hoop

  1. vega het gesê op Oktober 31, 2013

    Ps 36: 5-7 “Your unfailing love o Lord, is as vast as the heavens, your faithfulness reaches beyond the clouds, your righteousness is like the mighty mountains, your justice is like the ocean depths, You care for people and animals alike, o Lord, How precious is your unfailing love o God….. for You are the Fountain of Life the Light by which we see.” Sterkte.

  2. so verloor ons almal van tyd tot tyd ons tande, maar as die nuwes weer in is, werk hulle net soveel beter as die oorspronklikes.
    Sterkte, ek hoop en bid dat julle spoedig weer op dreef sal wees

  3. lora2me het gesê op Oktober 31, 2013

    Skryf elke dag oor hierdie Hoop en jy sal weer jou tande kry. Almal is maar net mense. Gelukkig is dit nou weer sonskynweer en kan jy daardie donkerte ook met natuurlike lig en Lig besweer. Een van die dae het jy sommer ‘n dubbele ry tande.;)

  4. Sterkte.

    Dinge verander, en mens moet probeer bybly – en dissie altyd maklik nie!

  5. Ai man,ek dink aan jou.Sterkte!

  6. tina10 het gesê op November 1, 2013

    Ek het vanoggend ‘n lang kommentaar geskryf maar toe gaan die krag af.
    Dus *drukkie* Hoop dit gaan gou beter

  7. Sterkte en ‘n vet druk!

  8. Ag jitte ek het nou lekker gelees! SO oulike “vergelyking”

    Ek is jammer jy voel so.
    Jy mag maar so voel (net nie vir TE lank nie 😉 ) en dit SAL weer beter gaan….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.