Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Gebreekte Kam – Die kas sonder Hoop

Oktober 31, 2013 in Uncategorized

Broken life

In die Bybel is daar ‘n teks “Waarmee sal jy sout sout maak?”  As jy jou doel, rigting verloor het, hoe bid jy dit terug?  My lewe het verlede jaar April begin verander en tot nou toe vir die eerste keer in 40 jaar kom ons nie op dreef nie.  Ek is ‘n kam sonder tande.  Ek is nog ‘n kam maar my doel is nou so bietjie deurmekaar stukkend.

Mense wat so nie aan die gang kan kom nie het my altyd so geirreteer.  Ai tog staan op stof jou self af en kom net weer in die swing of things.  Ai tog. Ek kyk vir myself in die spieel en sien myself maar ek ken nie die gesig nie.  Ek ken nie die vrou wat eweskielik geen wortels meer het nie.

Ek is al moeg vir my eie depressie.  Kom daar oor.  Jy kan.  Ek is in Bemarking al vandat ek 19jaar oud is en al my planne en idees wat flater vry was flop nou op daagliks.  As dit nie so sad was nie het ek begin lag.  Ek is dom en stom.  Ek kyk op en bid kliphard maar ek kan nie die doel met die kam sonder tande sien nie.

Ek staan skuldig die een wat begin het om te blog oor Hoop is hoop leeg.  Maar ek sal weer my kam tande terug kry en vir julle Hoop bring.  Watch this space!

 

Vriendelikheid ‘n straf of ‘n moontlikheid

Oktober 28, 2013 in Uncategorized

friendliness.duck

Ek het groot geword met die “my kind vriendelikheid kos niks.”  Vriendelikheid is een van die gawes van God.  God gee jou die opdrag om vriendelik te wees.  Ek glo as jy mense met eerbied, respek en vriendelikheid behandel dat hulle meer toegeneend en meer openlik sal wees met jou.

Ja ek weet geen mens voel 24uur 7 dae ‘n week vriendelik of lus of party keer sonder pyn nie.  Ek weet almal het ook julle af dae.

Ek het ‘n rukkie gelede iets besef alles wat jy doen en wie jy is is nie altyd so belangrik soos die tye wanneer jy onbewustelik deur jou aksie, woorde , dade of houding iemand se lewe aanraak en so verander.  ‘n Eerlike opregte (dalk onbeholpe) trooswoord by iemand se geliefde se sterfbed dra meer gewig as die grootste ruiker.   

Wanneer iemand jou as mens nodig het skenk van jou menslikheid.  Jy het baie en dit kan nie opraak nie.  Jy hoef nie saam te stem of die probleem te kan oplos nie maar wees net daar.  Gee net om, gee van jouself uit jouself.

Om die vrou by jou Spar in die oë tekyk en te groet of self die boemelaar (ek prober groet ek gee nie altyd geld nie).  Ons is almal God se kinders.  Of ons so lewe of nie.  Hy het ons almal gemaak.  In Sy oë is almal gelyk niemand is beter as iemand anders of meer belangrik nie. 

Ek het vir 5 jaar gependel tussen Bloemfontein en Clocolan in die Oos Vrystaat en dit my regtig ‘n wyle gevat om gewoont te raak daar groet almal mekaar as jy bestuur.  Of ek jou nou ken of nie.  Ek is een van die stroewe bestuurders ek konsentreer so op die pad maar die groetery het ‘n verligtheid in my siel gebring. 

Ek “dare” jou vanmiddag as jy terug ry huis toe groet net een mens op jou pad en morê 2 en oormorê 3.  Dalk as ons mekaar weer begin in die “gesig” kyk sal daar dalk ‘n draai in die land van ons kom.

Beweeg jou molekule maat!

Oktober 9, 2013 in Uncategorized

Movement

Ek blog wanneer ek voel ek moet iets deel.  Vir my is dit normaalweg na ‘n wow oomblik.  Vir julle is dalk dit die “blabbering” van ‘n mal vrou.

Vandag is ek op die gedagte van beweging.  Ni e ek fisies nie maar meer beweging van my kop en my hart.  Ek sit en kyk na ‘n video wat iemand vir my gemail het was lui “Wonders of the world”.  Daar kom die gedagte op.  Alles wat bestaan het of kan beweeg.  Jy moet beweeg  of jy dit wil hoor of nie.

Ek is geen wetenskaplike nie en die volgende stelling het dalk geen wetenskaplike meriete nie maar as ek reg kan onthou bestaan elke struktuur uit molekules en die is heeltyd aan die beweeg.  Hoekom beweging? Ek glo deur beweging wat energie verskaf word lewe so geskep.  As water te lank stil staan dan word dit vrot.  Dieselfde met ons mense.  As jy stagneer in jouself of denke of enige vorm dan gaan jy of ‘n deel van jou “vrot” word.

Om weg te beweeg van seer af is soms te krippelend en is makliker om te gaan sit.  Jou vas te ketting aan jou seer en pyn.  Maar in plaas daarvan om op te staan en aan te loop sodat jy jou berg kan klim om die ongelooflike uitsig te kan sien.  Om nie aan te gaan nie ontneem jy jouself van soveel lewe.  Mens moet rou.  Jy moet huil maar niemand het gesê jy kan dit slegs doen as jy sit of lê nie.

My gedagte is dus beweeg jouself, jou siel, jou seer lyf al is dit in jou gedagtes tot waar die son weer skyn.  Waar die water weer vars en borrel en dan sal ek jou verseker jy sal weer God se warm strale op jou vel voel.