‘n Vinnige besoek uit die Hemel!
September 30, 2013 in Uncategorized
‘n Maand gelede toe het ‘n honger virus wurm my laptop getakkel. ‘n Vriend van my Refleksiologie leermeester help en met sy wonderlike kennis en geduld red hy al my data. Al wat in die slag gebly het was my musiek en my Video’s (gelukkig was daar min van hulle).
Vanoggend toe sit ek en probeer nuwe Opleidings Video’s te laai en sien ‘n enkele onbekende video. Ek maak dit oop en tot my verbasing vir 2 sekondes is my ongelooflike amazing vriendin wat 2 jaar gelede oorlede is op my skerm. Sy is gesond en sy lag en is onnuts. Presies soos wat ek haar onthou. Vir 2 sekondes kon ek haar weer sien. Sy het die haar geliefkoosde bloes aan ook die een waarin ons haar in begrawe het.
Ek was so ongelooflik bly om haar te sien. Haar suster is swanger met ‘n tweeling en ek weet sy so opgewonde gewees het. Ek het ook onlangs iemand nuuts in my hart toegelaat en ek glo sy smile op ons neer. Wou dit net met hulle deel.
Onlangse kommentare