Jy blaai in die argief vir 2013 Augustus.

‘n Woensdag met ‘n wonderwerk of 3

Augustus 29, 2013 in Uncategorized

Wanneer mens iets geestelik beleef het jy hierdie brandende opgewondenheid om dit met iemand ted eel.  Ek weet nie of dit met julle gebeur het nie maar soos jy voort vertel in jou opgewondenheid kan jy dit in hulle lyf sien of in hulle stem hoor.  “Bly dit het met jou gebeur maar….”

Dit het my altyd laat voel ek vat die een en gee hom of haar ‘n skud.  Ek het gister 3 wonderwerke beleef.  Ek wou dit aan iemand baie besonders aan my oordra maar ongelukkig was my timing uit.  Ek plaas toe net die stelling op FB dat ek 3 wonderwerke beleef het.  Daar was reaksie en dat ek moes uitbrei.

Dit is nie dat ek nie dit wou deel nie.  Maar hoe verklaar jy aan iemand ‘n wonderwerk.  Iets wat ek beleef het wat vir my so ongelooflik besonders was.  Daar het ek besef wat vir my so WOW was sien anders nie so nie.   Ek het besef mense is mense.  Jy kan nie kwaad word omdat mense dinge nie sien of beleef soos jy nie al is dit hoe frustreerend.  Ek het ook al onbewustelik of erger nog bewustelik iemand se bubble gebars.

Gister het ek ervaar dat God alleen in beheer is nie.  Nie die regering, ek of enige iets of iemand nie, selfs nie eers Satan nie.  Net GOD.  My God.  Sy liefde vir my het geblom soos die mooiste roos en ek het gestraal.  Dit was ‘n AWESOME dag.

 

Tonnelvisie

Augustus 14, 2013 in Uncategorized

Tonnel Visie 

Het jy al gehoor van Tonnelvisie nee dit is nie een of ander oog defek nie.  Dit het by my kom nes skop en ly nou daaraan.  Ek stoei al ‘n paar jaar daarmee eintlik as ek daar aan dink my hele lewe lank.  Ek weet daar moet ‘n end wees aan my tonnel en soms skyn die lig tot by my voete, dus nou as ek minder gefokus op my eie dinge staan.  en soms af kyk na my voete dan sien ek die lig skaduwees.  Ek stap die laaste ruk moeilik aan my tonnel.  Ek is isegrimmig en sommer in boere Afrikaans “plain weg bedonnerd”.  Nou kan ek al hoor  “let go and let God” die doen ek  en as ek myself kon kry dan wil ek sommer ‘n gat in die tonnel blaas.  Want ek wil nou uitklim.  Ek is erger as ‘n kleuter met al my “hoekoms?, waaroms? Wanneer?”

Hoe stupid kan een mens nie wees nie.  Dit is om ‘n hysbak se deure oop te wil forseer maar die hysbak is nog nie gelyk met die vloer nie.  Al wat gaan gebeur is jy gaan jou te pletter val.  Al wat jy kan doen is wag.  En kyk ek haat daai woord.  Ek het soos in geen geduld nie.  Ek is ook nie goed met spannings verhale nie ek wil altyd weet wat op die ou end gaan gebeur.  Hoe vervelig is ek nie. 

Ek glo vir elke mens op aarde is daar ‘n doel.  Jy is nie net sommer gemaak en aanmekaar gesit omdat die Here op ‘n dag ‘n vervelige oomblik gehad het nie.  Jy ja jy is gemaak met ‘n doel.  Jou doel is nie net sommer maar net nog iets op ‘n lysie nie dit is iets wat iemand se lewe kan verander.  Jy is gemaak spesiaal om deel te wees van ‘n groter plan.   Hoe ongelooflik spesiaal is jy nie.  Het jy al so gedink van jouself.  Daar is net 1 van jou.  Jy is ‘n versamelstuk.

So as jy soos ek is en op die oomblik nie die nut van die tonnel kan sien nie.  Hou moed en hou aan stap al is dit aaklig, vervelig, pynlik, verwarend, en sommer so seer.  Dit gaan die moeite werd wees.