Jy blaai in die argief vir 2013 Maart.

Raak aan…

Maart 5, 2013 in Uncategorized

Raak aan…

Ek tik hier met trane wat vlak lê.  Die naweek is  Lindsay Batterson Kritzinger van OFM oorlede tesame met haar skoonma.  Ek het haar nie geken nie maar wel haar skoonsus.  As jy op haar Facebook blad lees dan is dit net van liefde, ‘n wonderlike vriendelike mens wat soveel se lewens verander het.

Daarom wil ek vandag blog.  Ek kan nie sê ek weet al die antwoorde van die lewe nie maar wat ek wel weet is dat dinge wat ons dink belangrik is nie eintlik is nie.  Nie eers naastenby nie.

Het jy vandag iemand se lewe aangeraak?  Het jy iets vir iemand beteken?  Sulke dinge kos nie geld nie.  Dit is om vir iemand ‘n drukkie te kan gee, ‘n traan help afdroog, of om net daar te wees vir iemand, om vir iemand te bid.

Om empatie, simpatie te hê beteken meer as om ‘n enorme bankrekening te hê.  Niemand is perfek nie en ons is soms so onbehope met ons gebare maar solank liefde deurskyn daardeur het jou doel bereik.

Leef nie net vandag vir jouself nie maar vir iemand wie se lewe jy sonder dat jy dit weet kan aanraak en verander.