Jy blaai in die argief vir 2013 Februarie.

Vrees jy?

Februarie 20, 2013 in Uncategorized

Ons mensdom is eintlik ‘n diep snaakse klomp.

Hoekom raak jy bang?  Hoekom is ons so bang vir alles?  Ons sê ons glo in die Here en Sy uitkoms maar ons vrese hou aan om ons lewens te oorheers.

Ek moes in my inbraak saak getuig het maar uit vrees vir die inbrekers het ek nie.  Hoekom nie? My vrees dat hulle sal terug kom en my kom skade aan doen.  Maar nou het ek ‘n vraag?  Jykannet een keer dood gemaak word en dan is jy hopelik in die hemel met geen pyn, geen vrees, geen tekort of stres nie. Hemels. Ja menskanseker nie so redeneer nie maar om altyd in konstante vrees te leef is dit nie ook maar ‘n soort dood nie met een verskil jy haal nog asem.

Op die 6 Februarie 2013 is my een Oom skielik oorlede.  Hy was besig om sy band om te ruil in die pad en toe kry ‘n massiewe hartaanval.  Hy was oppad na ‘n rolbal oefening.  Sy jongste meisiekind trou presies twee maande na die dag.

My eerste woorde aan my Tannie was dat ek skoon jaloers is.  Ek geniet my tyd op die aarde.  Iemand het verlede week gesê as jy nog op die aarde is dan droom die Here nog oor jou, en as Hy jou kom roep dan het Hy spesiaal plek vir jou gemaak by Sy voete.  Wat ‘n wonderlike ding om te kan sê die Here wat die aarde gemaak het droom oor my.  Kleine onbenullige ek.  As Hy die moeite doen om oor jou te droom dink jy nie Hy hoor jou vrae, seer, verlange, drome nie?  As jy oor iemand of iets droom gaan dit gepaard met opgewondenheid, vrede en geluk.  Nie met vrees nie.

So “Let go and Let God”

Under God’s Construction

Februarie 4, 2013 in Uncategorized

 

Die Here se tyd

Ja ons almal ken die teks wat (rof vertaal) “Die Here se tyd is nie ‘n mens se tyd nie, so is die Here se maniere nie ons maniere nie.

Ons lewe in ‘n stelsel van roetine.  Opstaan, eet, aantrek, werk toe, terug huis toe, kos maak, en eet en bad en slaap.  Dan raak ons mal van die roetine.  Die Here het nie roetine nie en Hy verwag nie dat jy so hoef te lewe nie (Glo ek).

Die Here het ‘n doel met jou.  Weet jy dit? Is jy gelukkig om te weet wat jou doel is, wel as jy weet is jy geseend.  My hele lewe het verander in die laaste jaar.  Ek loop op grond wat ek glad nie ken nie.  En ek swaai gereeld om om terug te hardloop na my bekende roetine.  Maar dan hoor ek die Here se stem duidelik wat sê “Ek het ‘n plan vir jou. Vertrou my. Ek sal jou nie laat val nie het ek al ooit my kind?”  Dan voel ek om te sê “maar Here ek ken niks meer nie, niks maak sin soos altyd nie. “My kind was jy gelukkig daar in jou roetine?”  “Nee nie regtig nie”

Omdat jou lewe nie lyk soos jou buurvrou sin nie beteken nie dat jy nie op die regte plek is nie.  Dit beteken nie dat jy minder werd is of nie saak maak nie.  Jy is net vir nou “UNDER CONSTRUCTION”.  Los die Here dat Hy sy kosbare werk in jou klaar maak.