Jy blaai in die argief vir 2013 Januarie.

1ste ?

Januarie 9, 2013 in Uncategorized

Eerste’s

‘n Eerste tree, Om eerste te kom, Om vir die eerste keer iets nuuts te doen.

Hoekom word daar so baie klem gelê daarop.  Is die tweede en dertigste keer nie ook maar belangrik nie.  Of is dit omdat na die keer niks ooit weer dieselfde gaan wees nie.  Jy sien nou anders jy kyk nadese met ander oë na die wereld en die wereld vir jou.

Jy word uitgebeeld as ‘n ondekkers reisiger, pioneer, eerste in jou soort.

Ek haat nuwe jaars voornemens, dit is vir my iets wat ‘n verveelde mens uitgedink het.  As jy iets wil verander hoekom moet jy wag tot die 1 Januarie om dit te doen.  As jy ‘n nuwe eerste tree, sprong, soen wil gee doen dit nou doen dit vandag.  Of die datum 9 Januarie is of die 4 Junie of die 20 Augustus.  Dit maak saak omdat jy besluit het om dit te doen. 

Eerste’s is scary.  Om weer vir die eerste keer jou hart oop te maak na ‘n groot seer, om weer by ‘n nuwe werk te begin en van voor af alles moet leer dit is en bly scary.  Gelukkig en wat lekker is gaan jy nooit alleen deur ‘n “eerste” nie.  Jy het mense omjou wat net so hard soos jy saam stap, hardloop, trek of wat ook al.  Al wat jy moet doen is om die guts te hê om die eerste keer dit te doen.

So geluk al julle Eerstes, met al julle nuwe vars eerstes.