Jy blaai in die argief vir 2012 November.

Ek kies vandag…

November 13, 2012 in Uncategorized

Die laaste paar weke in my lewe het my emosies en my gemoedstoestande erg wip plank gery.  Van die krein van totale geluk tot in die diepste van gate.

Vanoggend toe ek wakker word het ek ‘n omswaai gevoel.  Ek kan dit nie verklaar nie maar ek weet dat dinge besig is om te verander.  Ek het ‘n preek van Joseph Prince ‘n paar weke terug gekyk en daarin het hy gesê jy moet voordat dit met jou goed begin gaan klaar jou lewe so inrig vir die beter dae.  Sy woorde was iets soos ” Enlarge your tents” Jy het spasie nodig vir die seen van die Here want as Hy jou seen dan is dit nie met ‘n medisyne drupper nie nee hy stuur vir jou ‘n stortvloed.  Hy vul nie net jou glas nie Hy laat hom oorloop.

Spreek vandag seen uit oor jou lewe. Jy mag want jou Vader is die God van oorvloed.  Hy is stil tevrede oor jou en sal lande en nasies in jou plek gee.  Ons vergeet dat God so ongelooflik groot is en dat ons probleme Hom nie eers ontstel nie.  Hy ontstel Hom omdat ons ons so vas star daaraan.

As julle my soek kom soek my ek het vir my lê plek gaan maak tussen Sy twee hande.  

Hand aan Hand

November 8, 2012 in Uncategorized

Leef jy

As jy musiek aan het is dit net om die stilte te verdryf van eensaamheid of waardeer jy die note, die woorde?  Vul dit jou siel?

As jy eet eet jy maar net omdat jy moet eet of ervaar jy elke happie?

Ons “rush” ons lewens deur vir wat? Waar na toe jaag jy?  Hoe weet jy dat dit waar na jy toe jaag gaan wel daar wees en wees wat jy glo dit gaan wees.

Die Here het presies genoeg dae, ure, minute en sekondes in jou lewens mandjie gepak.  Sien jy Hom nog raak in jou dag?  Sien jy ooit nog enige anders raak of al wat jy sien is jou vrese en spoke van die toekoms en verlede?

Stap vandag uit in die son wat God spesiaal vir ons gemaak het.  Lewe vir een uur vir Hom en glo my dit sal jou inspireer om ‘n tweede uur vir Hom te will ewe en kort voor lank behoort elke tree aan Hom en dit is soms moeilik maar die moeite werd.

Mens moet soms die besluit maak Clutter vs God. Ek was altyd bang vir verandering, jy mag nie my bootjie gerock het nie want dan het ek jou met die spaan oor die kop bygedam.  Deesdae het ek vrede en ek geniet nogal die avontuur.  Maar soos ek sê dit het nie sonder ‘n paar blou kolle gegaan nie maar ek stap eerder saam met God as sonder Hom.

Hand aan hand die toekoms in ..

 

Corlia (Marx) Kock

November 5, 2012 in Uncategorized

Ek sit en dink wat wil ek hulle vertel oor ‘n wonderlike ma, dogter, suster, vrou en vriendin wat gisteraand oorlede is.  Haar naam is Corlia Kock (neè Marx)

Maar eers gaan ek na ‘n link toe van Jeanne (http://blogs.litnet.co.za/modigliani) oor waar haar blog sy naam gekry het.  Daar haal sy die volgende woorde aan ““Have you ever loved so deeply that you were willing to condemn your soul to an eternity in hell?……….. I have”

En toe begin my gedagtes rol….

Ons almal wat op aarde loop, is eintlik so ongelooflik geseend en ons besef dit nie.  Het jy mooi gedink jy word in die daad van liefde gemaak, jy word nege maande lank onder jou ma se hart (orgaan van liefde gedra) en dan word jy gebore en gekoester.  Jy word groot en raak verlief en as jy gelukkig is ontmoet jy iemand wat jou liefde in ruil vir joune gee.  En dan op ‘n dag kom haal die Here jou weer en jou reis gaan woort.  Die mense wat agterbly treur oor jou omdat hulle vir jou lief is.

Ons hele lewe is ‘n kringloop van liefde.  Deur elke ondervinding is daar ‘n anderste tipe liefde.  Jou lewe word ingekleur en verkwik daarmee.

Wees lief vandag, al is jou hart stukkend soos Corlia se geliefdes. Sy was so spesiaal die getuienis was haar Facebook blad die laaste 12 dae.  As jy iemand se lewe kan raak is dit so ‘n ongelooflike eer want deur jou “aanraking” “emboss” of graver jy vir ewig in sy of haar lewe.