Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

Blydskap – Hoe gemaak?

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Ek is ‘n tipe 2 Diabeet, verlede week toe lees ek ‘n berig oor Anti Depressante wat deesdae vir enige iemand wat ‘n Auto Immuun Siekte het gegee word.  Ons (Diabete) staan ook in die ry.  Dit word gegee oor die pyn van die senuwees wat in jou ledemate sterf.  Sjoe maar het ek geskrik.  Maar ek verstaan nie mooi nie, om eerder kalm oor die feit te wees is seker beter as om hande in die lug rond te hol.

Daar klink vir my min hoop vir Diabete maar ek stem nie saam nie.  Daar is meer dae wat ek regtig gesond voel as die wat ek siek voel.  Ek kyk mooi na my lyf behalwe vir die feit dat ek wel die gevreesde siekte het.  Nou ek wil eintlik skryf oor “Happiness/Blydskap”.  Ons (of altans ek) kan cope met dinge maar hoeveel van ons kan cope met gelukkigheid?  Dit bly ‘n keuse maar soms is dit so moeilik om te kies om gelukkig te wees.  Om net te wees.  Ek het nou net ‘n aanhaling gelees was lui dat Blydskap is nie die feit is dat alles perfek is nie maar die keuse om oor al die onbenulighede te kyk.

Ek kies vandag geluk, liefde, vrede en Hoop. Ek kies vandag om my geloof weer vas te anker in my hemelse Vader wat my hart ken.  Ek kies vandag om te lewe.

Nuwe Begin

Oktober 22, 2012 in Uncategorized

Ek het deurgeloop, en elke skakelaar aangesit en eintlik dink ek die nuwe “blog huis” gaan lekker bly. Ja hier en daar is daar nog nukke en grille waaraan ons moet gewoond raak maar ek dink dit huis is erg byderwets.  Ons moet net al ons ou makkers terug kry om te kom blog.

‘n Nuwe begin

Eureka

Oktober 22, 2012 in Uncategorized

Saterdag aangekom, heel opgewonde tik gou gou 3 blogs en en en en niks.

Dit land glad nie op die hoofblad nie.  Net ek alleen kan dit sien verstaan nie heeltemal die doel van die funksie nie.  Ja ja ek moes seker meer gespeel het maar ek is so vrek bang ek breek iets.  Ek sien my ou blog is nou my webwerf? Okay nou hoe link mens die 2 lande met mekaar. Of plak die nuwe land maar net mooi netjies om die ou land?

Ons moet seker dankbaar wees dat ons nog ‘n plek het om te kom blog.

So sal ons maar leer skat ek

Wat kos …. ?

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

My ma het altyd gesê vriendelik kos niks. Jy kry meer reg en kom veel verder wanneer jy opreg vriendelik is as wanneer jy kwaai, nors is. Wel die laaste week wil ek ‘n vraag stel?

Waar staan nederigheid “in the mix of things”.

Ek heg nogal baie waarde aan nederigheid en dit is vir my amazing as iemand wat eintlik baie het om oor te “boast” so nederig is en dan kry jy die Poppies wat eintlik heel te mal te groot is vir hulle skoene.

My bloeddruk, hormoonvlakke en suiker is sommer vandag sky high. Ek redeneer alle mense op die aarde is gelyk. Almal kom dieselfde in die wereld en gaan dieselfde manier hier uit. Jou bankbalans, Finansiele Portufeulje, Sosiale status sê vir my niks. Waar jy is en wat jy in jou lewe kry is meer genade en harde werk. Wees nederig en aanvaar jou lot met dankbaarheid maar moet nooit jou self meer toegee as wat nodig is nie.

Hoop – Victor Hugo

Oktober 2, 2012 in Sonder kategorie

Hoop

Is die woord wat God op elke mens se voorhoof geskryf het.

– Victor Hugo-

Ge-appeltert-Lemonade met ‘n Hoopvolle Blogger

Oktober 2, 2012 in Sonder kategorie

Nou net ge-appeltert-en-Lemonade saam met EkMyself.

Ek is verras met die oulikste geskenk, ‘n Boek vol met Hoop. (Ek pak hom defnitief in vir die vlug morê)

Julle Bloggers is vir my SUPER SPESIAAL

My lewe is soveel ryker, slimmer, mooier, snaakser, sexier, as voorheen.

Ek kan net Dankie sê