Jy blaai in die argief vir 2012 September.

Spore in die pad

September 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek het nie Hoop elke dag in my hart nie. Ek kan dit ook nie altyd in my lyf voel nie. Daar is menige dae wat ek nie lus het om my Bybel oop te maak nie nog minder om dit te lees. Dit is die amazing ding van Jesus, Hy sal jou nooit dwing nie. Hy dwing jou nie Kerk toe nie, Hy dwing jou nie om te bid nie. Hy het my nog nie een dag gemaak om die Hoopreeks wat ek begin het te doen of uit te deel nie. Hy weet jy weet waar om Hom te gaan soek.

Soms dink ek die rede hoekom ons weg begin leef van Hom af is oor aardse dinge, mense se houding teenoor ons. Ons is almal mense en niemand is meer belangrik as iemand anders nie maar tog ons houding teenoor mekaar wys dit soms so min.

Maak my seer enigesins saak? Maak ek ooit saak? My hart antwoord dan ewe spontaan Ja! As die Here nie ‘n plan gehad het vir my lewe nie dan sou Hy nie al die moeite gedoen het om vir my ‘n lewe beplan het nie, ‘n geboorte, Kinderjare, Storm en drang jare. Ons vergeet dit soms te maklik hoekom al die moeite doen as dit nie nodig was nie, as Hy nie ‘n briljante plan gehad het nie.

So as jy ooit weer op ‘n sanderige pad loop en joue voetspore kan sien glimlag en weet jy was bedoel om presies daar te wees. Jy was bedoel om die mense wie se lewens jy aanraak aan te raak.

Krom trek, en Oordeel

September 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek het eers begin om ‘n hele verduideliking te gee op nagevolge van my vorige blog oor my Soulmate. Maar ek gaan nie.

Ek het niks om te verduidelik nie want net as mens iets verkeerd gedoen het moet jy verduidelik.

Die lewe is te kort om altyd jou te steer aan haatlike mense met haatlike woorde. Ek is een van die Love and let live mense.

Ek glo aan verskillende soorte liefdes, broer-Suster soort, Vriendin soort en ook sielsgenoot soort. Dit is niks onheiliges of afbrekend nie.

Ek het respek vir iemand wat ek ‘n hoë dink van gehad het verloor reeds hieroor. Moenie oordeel as jy nie al die feite het nie.

Soulmate

September 27, 2012 in Sonder kategorie

Vanoggend pak ek toe mos nou weer die langpad aan JHB toe, ek dog laat ek my “soulmate” bel en wraggies hy is besig om te pak ook oppad JHB toe. Ek en hy kry mekaar op Kroonstad en so agtermekaar ry ons tot by my afdraai.

Die man is waarlik my soulmate, met alle dinge kan ons deel. Wat hom so amazing maak is dat hy net so lief is vir die Here soos ek is. Hy begryp my verstaan my drifte, my nukke en grille. Ek kan nie van een keer onthou dat hy my ooit al geoordeel het nie. Wonder soms oor die soulmate ding.

Weet die blog is nou absoluut niks oor Hoop te doen nie maar wou net deel. So het julle Soulmates? Hoeveel van julle is getroud met julle soulmates?

‘n 4 Letter Woord – Is nie altyd ‘n vloekwoord nie

September 22, 2012 in Sonder kategorie

Ek wil die laaste week ‘n blog doen oor 4 letters, maar as ek my spelling check dan is my 4 letters eintlik 5 letters.

Ons is gewoond dat alle 4 letters vloekwoorde is, maar daar meer posetiewe waarde in die woorde as wat mens dink:

Dood: Soveel hartseer word altyd om die woord gekoppel maar die dood is ook ‘n nuwe begin. Die einde van lyding, die verlossing van ‘n pynlike huweluk. Die transformasie na iets asemrowend nuuts.

Leef: Na dood kom lewe en wow dit is so ‘n groot woord. Ek sien om waarlik te lewe iets soos ‘n diepe strewe na nuwe dinge, nuwe uitdagings en nuwe dinge om na uit te sien ‘n nuwe Hoop.

Hoop: Met lewe is daar Hoop. Solank daar nog tyd en asem is is daar Hoop.

Wel volgende keer sal ek die 5 letter woorde beet kry,

Vir nou gaan D a n s! S i n g! L e e s!

En word weer ‘n heel mens!!

‘n “abundance” – Ek doen ‘n uitbundige dans

September 17, 2012 in Sonder kategorie

‘n “abundance” – Ek doen ‘n uitbundige Dans

My hart is die laaste paar weke stil tevrede. Ek beleef ‘n vreugde wat ek nie kan verduidelik nie. Bo al die bekommernis, finansiële druk, en die gewone klein sondebok “worries” het ek hierdie algehele vrede.

Die Here kom maak vir my wakker met ‘n lied en Hy sus my aan die slaap met die lied. Ek kan nie ophou om hom in my hart te loof nie. My beker met Hoop is vol en loop skoon ooor.

Here U is my alles!! Dankie Here Dankie!!

Waar is ons nou??

September 11, 2012 in Sonder kategorie

Hello daar.

Ek stoei nog met die nuwe/ou blog. ‘

My blog bestaan nog op die Litnet werf wie dit kan sien weet ek nie en ek hoop julle kan my laat weet wie dit sien.

Ek persoonlik hou nie van die Blog 24 site nie. Koud klein en onpersoonlik. Dit voel meer soos Facebook as wat dit voel soos ‘n blog.

So asb laat weet wie van my maatjies is nog hier.

Ek is flou vannaand.

‘n Brander of ‘n Tsunamie

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Ek voel soos iemand wat op ‘n strand staan en sien ‘n tsunamie is oppad en jy is vas gevries waar jy is. Wat doen jy hol na jou kar toe en begin jaag?? Gaan jy ooit betyds wees of staan jy maar rustig soen jou geliefdes en sê ja ek is reg om te gaan?

Wel dit is hoe ek voel oor die trekkery. Daar is ‘n kans dat die hele tsunamie slegs ‘n Hoogwater brander is wat effens groot gelyk het en wat maar rustig oor jou sal breek of dit gaan ‘n Tsunamie wees.

Ek het geheg geraak aan my nessie hier in die Blog boom. Nou weer nes skop. Weer die pad na die nuwe watergat toe leer ken.

Oh well verandering is seker ‘n goeie ding. As ek die nie maak in die trek nie. Onthou so nou en dan die mal girl van die Vrystaat wat die mal idee gehad het oor Hoop. Dit is een van die min dinge wat ‘n goeie ding is as dit aansteek.

So versprei oor Hoop kieme en steek iemand aan. Laat hulle lewens weer vlam vat vol van Hoop.

Trek ons?

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Hoor ons trek nou ? is dit nou amptelik? Dit help natuurlik glad nie dat ek al my pamflette wat in die Hoopreeks ingaan die blog link opgesit het nie. Dit gaan net mooi niks help nie. Wonderlik

Kanker Relay (foto’s van vorige blog)

September 3, 2012 in Sonder kategorie

My Hero’s

September 3, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit en wag
vir werk van Hoofkantoor af toe sit en lees ek deur die nuutste Blogs. My oog
vang “toe’n_nou” se blog wat lui: Vir
Anna, Ou Moeder, Tannie Kay en almal wie ek nie eens ken nie …..my heros” (
http://letterdash.com/toeka/vir-anna-ou-moeder-tannie-kay-en-almal-wie-ek-nie-eens-ken-nie-my-heros)

 

Ek ken hom nie
en was tot en met vandag nog nooit op sy blog nie maar ons deel iets.  ‘n stukkie seer, het al dieselfde trane
gestort en het ook albei die Kanker Relay gedoen.

 

Ek het ja gesê
al amper ‘n jaar voor die groot gestappery in Maart vanjaar.  Ek was so begeesterd dat ek my Peetkind se
verjaarsdag opgeoffer het.  Tekkies gaan
koop, ‘n kos mandjie gepak.  Al my
trawante wat ek geboek het het uitgedraai met een of ander verskoning, maar
stap sale k stap.  So onfiks maar niks
sou my stuit nie.

 

Vandag kan ek sê as ek my
hoogtepunte moet noem dan was dit defnitief een van hulle.  Ons het sakkies gekry wat ons moes versier
het as jy iemand gehad het wat of nog veg of wat die geveg verloor het.  Die sakkies het om die baan gestaan en is die
aand aangesteek.  Een vir Malinda (my
beste vriendin wat aan Borskanker dood is op 25jaar) my Peetpa, ons Labrador (wat op daardie nog gelewe het), my vorige
Direkteur.  So staan jy langs jou pakkie
en eers is jy braaf en dan dan brand brand daardie hartseer jou o
ë wat dan afsak tot by jou hart.  Die trane wat dan rol is oor die gemis, die kwaad
en dan sommer dat daar ‘n siekte soos Kanker is.

 

Die Survivors se
stap was vir my ‘n uitbarsting van emosie. 
Ek het hande geklap gefluit gejuig. 
Want ek weet wat dit geverg het van daardie mense en hulle geliefdes om
tot daar te kom. 

 

Elke dag wat ons
gesond is, elke dag wat ons sonder enige siekte kan leef dit is die grootste geskenk ooit.  Die wat Kanker het ek staan trots regop en sallueer
julle.  Julle is almal Hero’s

 

(Die foto’s wou nie laai nie, sal later weer probeer)